Josua 7:1-26

7  En die kinders van Israel het ’n daad van ontrouheid gepleeg met betrekking tot dit wat aan vernietiging oorgegee is, deurdat Agan,+ die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam Juda, geneem het van dit wat aan vernietiging oorgegee is.+ Hierop het Jehovah se toorn teen die kinders van Israel ontvlam.+  Toe het Josua manne van Jeʹrigo af uitgestuur na Ai,+ wat naby Bet-Awen+ is, oos van Bet-El,+ en vir hulle gesê: “Trek op en verken die land.” Gevolglik het die manne opgetrek en Ai verken.+  Daarna het hulle na Josua toe teruggekeer en vir hom gesê: “Moenie al die manskappe laat optrek nie. Laat omtrent tweeduisend man of omtrent drieduisend man optrek en Ai verslaan. Moenie al die manskappe met ’n tog daarheen vermoei nie, want hulle is min.”  Toe het omtrent drieduisend man van die manskappe daarheen opgetrek, maar hulle het voor die manne van Ai gevlug.+  En die manne van Ai het van hulle omtrent ses-en-dertig man doodgemaak, en hulle het hulle van voor die poort tot by Sebaʹrim agtervolg+ en hulle op die afdraand bly doodmaak. Gevolglik het die hart van die volk begin smelt en soos water geword.+  Hierop het Josua sy mantels geskeur en voor die ark van Jehovah op sy gesig+ op die aarde geval, tot die aand toe, hy en die ouer manne van Israel, en hulle het stof op hulle koppe bly gooi.+  En Josua het gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah, waarom het u hierdie volk die hele pad oor die Jordaan gebring, net om ons in die hand van die Amoriete te gee sodat hulle ons kan vernietig? En het ons tog maar besluit om aan die oorkant van die Jordaan te bly!+  Verskoon my, o Jehovah, maar wat kan ek sê nadat Israel sy rug voor sy vyande gedraai het?  En die Kanaäniete en al die inwoners van die land sal daarvan hoor, en hulle sal ons beslis omsingel en ons naam van die aarde af uitroei;+ en wat sal u vir u groot naam doen?”+ 10  Hierop het Jehovah vir Josua gesê: “Jy daar, staan op! Waarom val jy op jou gesig? 11  Israel het gesondig, en hulle het ook my verbond oortree+ wat ek hulle beveel het; en hulle het ook geneem van dit wat aan vernietiging oorgegee is+ en het ook gesteel+ en dit ook geheim gehou+ en het dit ook by hulle eie voorwerpe gesit.+ 12  En die kinders van Israel sal nie teen hulle vyande kan opstaan nie.+ Hulle sal die rug voor hulle vyande draai, omdat hulle iets geword het wat aan vernietiging oorgegee is. Ek sal nie weer met julle wees tensy julle dit wat aan vernietiging oorgegee is, uit julle midde verdelg nie.+ 13  Staan op! Heilig die volk,+ en jy moet sê: ‘Heilig julle môre, want só het Jehovah, die God van Israel, gesê: “Daar is iets wat aan vernietiging oorgegee is in jou midde, o Israel.+ Jy sal nie teen jou vyande kan opstaan totdat julle dit wat aan vernietiging oorgegee is, uit julle midde verwyder het nie. 14  En julle moet môreoggend stam vir stam verskyn, en die stam wat Jehovah sal aanwys,+ sal familie vir familie nader kom, en die familie wat Jehovah sal aanwys, sal huisgesin vir huisgesin nader kom, en die huisgesin wat Jehovah sal aanwys, sal man vir man nader kom. 15  En die een wat aangewys word met dit wat aan vernietiging oorgegee is, sal met vuur verbrand word,+ hy en alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van Jehovah oortree het+ en omdat hy ’n skandelike dwaasheid in Israel begaan het.”’”+ 16  Toe het Josua die oggend vroeg opgestaan en Israel stam vir stam laat nader kom, en die stam Juda is aangewys. 17  Daarna het hy die families van Juda laat nader kom en die familie van die Seragiete+ aangewys, waarna hy die familie van die Seragiete man vir man laat nader kom het, en Sabdi is aangewys. 18  Laastens het hy sy huisgesin man vir man laat nader kom, en Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam Juda, is aangewys.+ 19  Toe het Josua vir Agan gesê: “My seun, gee asseblief eer aan Jehovah, die God van Israel,+ en doen belydenis voor hom,+ en sê asseblief vir my:+ Wat het jy gedoen? Moet dit nie vir my wegsteek nie.”+ 20  Hierop het Agan Josua geantwoord en gesê: “Ek—ek het inderdaad gesondig teen Jehovah, die God van Israel,+ en so en so het ek gedoen. 21  Toe ek ’n mooi ampskleed uit Siʹnear+ tussen die buit sien+ en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf, waarvan die gewig vyftig sikkels was, wou ek dit hê,+ en ek het dit geneem;+ en kyk! dit is in die grond in my tent versteek, met die geld daaronder.”+ 22  Josua het dadelik boodskappers gestuur, en hulle het na die tent gehardloop, en kyk! dit was in sy tent versteek, met die geld daaronder. 23  Toe het hulle dit uit die tent geneem en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor Jehovah uitgestort. 24  Daarop het Josua, en die hele Israel saam met hom, Agan,+ die seun van Serag, geneem en die silwer en die ampskleed en die goudstaaf+ en sy seuns en sy dogters en sy bul en sy esel en sy kudde en sy tent en alles wat aan hom behoort, en hulle het hulle na die Agorlaagvlakte+ gebring. 25  Toe het Josua gesê: “Waarom het jy ons in die ongeluk gestort?+ Jehovah sal jou vandag in die ongeluk stort.” Daarop het die hele Israel hom met klippe gegooi,+ waarna hulle hulle met vuur verbrand het.+ So het hulle hulle met klippe gestenig. 26  En hulle het ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.+ Hierop het Jehovah hom van sy brandende toorn afgewend.+ Daarom word dié plek tot vandag toe die Agorlaagvlakte+ genoem.

Voetnote