Josua 8:1-35

8  Toe het Jehovah vir Josua gesê: “Moenie bang of verskrik wees nie.+ Neem al die manskappe saam met jou en staan op, trek op na Ai. Kyk, ek het die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand gegee.+  En jy moet met Ai en met sy koning doen net soos jy met Jeʹrigo en sy koning gedoen het.+ Julle mag net sy buit en sy mak diere vir julle plunder.+ Stel vir jou ’n hinderlaag teen die stad aan sy agterkant op.”+  Toe het Josua en al die manskappe+ opgestaan om na Ai op te trek, en Josua het dertigduisend man gekies, dapper, sterk manne,+ en hulle in die nag uitgestuur.  En hy het hulle beveel en gesê: “Kyk, julle lê agter die stad in ’n hinderlaag+ teen die stad. Moenie baie ver van die stad af weggaan nie, en julle moet julle almal gereed hou.  Wat my betref en al die manskappe wat by my is, ons sal tot naby die stad gaan. En as hulle uittrek om ons te ontmoet, net soos die eerste keer,+ sal ons dan vir hulle vlug.  En hulle moet agter ons aan uittrek totdat ons hulle van die stad af weggelok het, want hulle sal sê: ‘Hulle vlug vir ons net soos die eerste keer.’+ En ons sal vir hulle vlug.  Júlle sal dan uit die hinderlaag opstaan, en julle moet die stad in besit neem; en Jehovah julle God sal dit beslis in julle hand gee.+  En sodra julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek.+ Volgens Jehovah se woord moet julle handel. Kyk, ek het julle beveel.”+  Daarna het Josua hulle uitgestuur, en hulle het na die plek van die hinderlaag getrek en stelling ingeneem tussen Bet-El en Ai, wes van Ai, terwyl Josua daardie nag onder die manskappe gebly het. 10  Toe het Josua die oggend vroeg opgestaan+ en die manskappe geïnspekteer en opgetrek, hy en die ouer manne van Israel, voor die manskappe uit na Ai. 11  En al die manskappe+ wat by hom was, het opgetrek, sodat hulle nader kon gaan en voor die stad kon kom, en hulle het noord van Ai kamp opgeslaan, met die vallei tussen hulle en Ai. 12  Intussen het hy omtrent vyfduisend man geneem en hulle as ’n hinderlaag opgestel+ tussen Bet-El+ en Ai, wes van die stad. 13  So het die manskappe die hoofkamp wat noord van die stad was+ en die uiterste agterhoede daarvan wat wes van die stad was,+ opgestel, en Josua het gedurende dié nag tot in die middel van die laagvlakte getrek. 14  En toe die koning van Ai dit sien, het die manne van die stad haastig geword en vroeg opgestaan en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op die vasgestelde tyd, voor die woestynvlakte. Hy het nie geweet dat daar agter die stad ’n hinderlaag teen hom is nie.+ 15  Toe Josua en die hele Israel voor hulle ’n slag toegedien is,+ het hulle in die rigting van die wildernis gevlug.+ 16  Toe is al die manskappe wat in die stad was, opgeroep om hulle agterna te sit, en hulle het Josua agternagesit en is van die stad af weggelok.+ 17  En daar het nie ’n man in Ai en Bet-El oorgebly wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie, sodat hulle die stad wyd oopgelaat en Israel agternagesit het. 18  En Jehovah het vir Josua gesê: “Steek die werpspies wat in jou hand is, na Ai toe uit,+ want ek sal dit in jou hand gee.”+ Gevolglik het Josua die werpspies wat in sy hand was, na die stad toe uitgesteek. 19  En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan, en die oomblik toe hy sy hand uitsteek, het hulle begin hardloop, en hulle het in die stad ingegaan en dit ingeneem.+ Toe het hulle hulle gehaas en die stad aan die brand gesteek.+ 20  En die manne van Ai het begin omdraai en gekyk, en daar het die rook van die stad na die hemel opgestyg, en daar was in hulle geen vermoë om hierheen of daarheen te vlug nie. En die manskappe wat na die wildernis gevlug het, het omgedraai teen die agtervolgers. 21  En Josua en die hele Israel het gesien dat die hinderlaag+ die stad ingeneem het en dat die rook van die stad opstyg, en hulle het omgedraai en die manne van Ai doodgemaak. 22  En die ander het uit die stad getrek om hulle te ontmoet, sodat hulle tussen Israel, ’n deel aan hierdie kant en ’n deel aan die ander kant, beland het, en hulle het hulle doodgemaak totdat daar niemand van hulle oorgebly het wat dit oorleef het of ontkom het nie.+ 23  En hulle het die koning+ van Ai lewend gevang en hom na Josua toe gebring. 24  En terwyl Israel besig was om al die inwoners van Ai in die veld, in die wildernis waar hulle hulle agtervolg het, tot die laaste een toe dood te maak, het hulle almal deur die skerpte van die swaard bly val totdat hulle aan hulle einde gekom het. Daarna het die hele Israel na Ai teruggekeer en dit met die skerpte van die swaard geslaan. 25  En die getal van almal wat daardie dag geval het, man sowel as vrou, was twaalfduisend, al die mense van Ai. 26  En Josua het sy hand waarmee hy die werpspies uitgesteek het,+ nie teruggetrek totdat hy al die inwoners van Ai aan vernietiging oorgegee het nie.+ 27  Net die mak diere en die buit van daardie stad het Israel vir hulle geplunder, volgens Jehovah se woord wat hy Josua beveel het.+ 28  Toe het Josua Ai verbrand en dit ’n puinhoop tot onbepaalde tyd gemaak,+ as ’n woesteny tot vandag toe. 29  En hy het die koning van Ai+ aan ’n paal gehang, tot die aand toe;+ en net voordat die son ondergegaan het, het Josua die bevel gegee, en toe het hulle sy lyk van die paal afgehaal+ en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is. 30  Toe het Josua op die berg Ebal ’n altaar+ vir Jehovah, die God van Israel, gebou,+ 31  net soos Moses, die kneg van Jehovah, die kinders van Israel beveel het, soos dit in die wetboek+ van Moses geskrywe staan: “’n Altaar van heel klippe, waaroor geen ysterwerktuig geswaai is nie”;+ en hulle het daarop brandoffers aan Jehovah gebring en gemeenskapsoffers geoffer.+ 32  Toe het hy daar op die klippe ’n afskrif geskryf+ van die wet van Moses wat hy voor die kinders van Israel geskryf het.+ 33  En die hele Israel en hulle ouer manne+ en die beamptes en hulle regters het aan weerskante van die Ark gestaan, voor die priesters,+ die Leviete, wat die ark van die verbond van Jehovah gedra het,+ die inwonende vreemdeling sowel as die boorling,+ die een helfte van hulle voor die berg Geriʹsim+ en die ander helfte van hulle voor die berg Ebal+ (net soos Moses, die kneg van Jehovah, beveel het),+ om die volk Israel eers te seën.+ 34  En hierna het hy al die woorde van die wet voorgelees,+ die seën+ en die vloek,+ volgens alles wat in die wetboek geskrywe staan. 35  Daar was nie ’n woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele gemeente van Israel nie,+ tesame met die vroue+ en die kindertjies+ en die inwonende vreemdelinge+ wat onder hulle gewandel het.

Voetnote