Josua 9:1-27

9  En toe al die konings+ wat aan die kant van die Jordaan in die bergstreek en in die Sjefeʹla en langs die hele kus van die Groot See+ en teenoor die Liʹbanon+ was, die Hetiete+ en die Amoriete, die Kanaäniete,+ die Perissiete,+ die Hewiete en die Jebusiete,+ daarvan hoor,  het hulle almal bymekaar begin kom om eendragtig teen Josua en Israel oorlog te voer.+  En die inwoners van Giʹbeon+ het gehoor wat Josua met Jeʹrigo+ en Ai+ gedoen het.  Toe het hulle heeltemal uit hulle eie met skerpsinnigheid opgetree+ en gegaan en padkos geneem en verslete sakke vir hulle esels geneem, en verslete en gebarste en toegebinde wynsakke,+  en verslete en gelapte sandale aan hulle voete, en verslete klere aan hulle lyf, en al die brood van hulle padkos was droog en krummelrig.  Toe het hulle na Josua toe gegaan in die kamp by Gilgal+ en vir hom en die manne van Israel gesê: “Ons het uit ’n ver land gekom. SLUIT dan nou ’n verbond+ met ons.”  Hierop het die manne van Israel vir die Hewiete+ gesê: “Miskien woon julle in ons omgewing. Hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?”+  En hulle het vir Josua gesê: “Ons is u knegte.”+ Toe het Josua vir hulle gesê: “Wie is julle, en waar kom julle vandaan?”  Hierop het hulle vir hom gesê: “U knegte het uit ’n baie ver land+ gekom weens die naam+ van Jehovah u God, want ons het van sy roem gehoor en van alles wat hy in Egipte gedoen het,+ 10  en van alles wat hy met die twee konings van die Amoriete gedoen het wat aan die oorkant van die Jordaan was, naamlik Sihon,+ die koning van Hesbon, en Og,+ die koning van Basan, wat in Asʹtarot+ was. 11  Ons ouer manne en al die inwoners van ons land het derhalwe vir ons gesê:+ ‘Neem padkos vir die reis in julle hande en gaan hulle tegemoet, en julle moet vir hulle sê: “Ons is julle knegte.+ Sluit dan nou ’n verbond met ons.”’+ 12  Hierdie brood van ons—dit was warm toe ons dit as ons padkos uit ons huise geneem het die dag toe ons uitgegaan het om hier na julle toe te kom, en kyk! dit is nou droog en het krummelrig geword.+ 13  En dit is die wynsakke wat ons nuut volgemaak het, en kyk! hulle het gebars,+ en hierdie klere en sandale van ons—hulle het verslyt weens die baie lang reis.” 14  Daarop het die manne van hulle padkos geneem, en hulle het die mond van Jehovah nie geraadpleeg nie.+ 15  En Josua het met hulle vrede gemaak+ en met hulle ’n verbond gesluit om hulle te laat lewe, waarop die owerstes+ van die vergadering vir hulle gesweer het.+ 16  En na verloop van drie dae, nadat hulle ’n verbond met hulle gesluit het, het hulle te hore gekom dat hulle naby hulle is en in hulle omgewing woon. 17  Toe het die kinders van Israel weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom, en hulle stede was Giʹbeon+ en Kefiʹra+ en Beʹërot+ en Kirʹjat-Jeaʹrim.+ 18  En die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het+ by Jehovah, die God van Israel.+ En die hele vergadering het teen die owerstes begin murmureer.+ 19  Hierop het al die owerstes vir die hele vergadering gesê: “Ons het vir hulle gesweer by Jehovah, die God van Israel, en nou mag ons hulle nie kwaad aandoen nie.+ 20  Dit sal ons met hulle doen terwyl ons hulle laat lewe, sodat geen verontwaardiging oor ons sal kom weens die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.”+ 21  Toe het die owerstes vir hulle gesê: “Laat hulle lewe en laat hulle houtkappers en waterdraers vir die hele vergadering word,+ net soos die owerstes hulle beloof het.”+ 22  Josua het hulle toe laat roep en met hulle gepraat en gesê: “Waarom het julle ons bedrieg en gesê: ‘Ons is baie ver van julle af’,+ terwyl julle hier onder ons woon?+ 23  En nou is julle vervloekte+ mense, en die posisie van slaaf+ en van houtkappers en waterdraers vir die huis van my God sal nooit van julle weggeneem word nie.”+ 24  Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: “Dit was omdat u knegte onomwonde meegedeel is dat Jehovah u God sy kneg Moses beveel het om aan julle die hele land te gee en om al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg,+ en weens julle het ons baie bang geword ter wille van ons siel.+ Daarom het ons hierdie ding gedoen.+ 25  En hier is ons dan nou in u hand. Doen net soos dit goed en reg is in u oë om met ons te doen.”+ 26  En hy het so met hulle gedoen en hulle uit die hand van die kinders van Israel verlos, en dié het hulle nie doodgemaak nie.+ 27  Toe het Josua hulle op dié dag houtkappers en waterdraers gemaak+ vir die vergadering+ en vir Jehovah se altaar, tot vandag toe, op die plek wat hy sou uitkies.+

Voetnote