Judas 1:1-25

 Judas, ’n slaaf van Jesus Christus, maar ’n broer van Jakobus,+ aan die geroepenes+ wat in gemeenskap met God die Vader+ bemin word en vir Jesus Christus bewaar+ word:  Mag barmhartigheid+ en vrede+ en liefde+ vir julle vermeerder word.+  Geliefdes,+ hoewel ek alles in my vermoë gedoen het om oor ons gemeenskaplike redding+ aan julle te skryf, het ek dit nodig gevind om aan julle te skryf om julle te vermaan om hard te stry vir die geloof+ wat eens en vir altyd aan die heiliges oorgelewer is.+  My rede hiervoor is dat sekere mense ingeglip het+ wat lank gelede deur die Skrif tot hierdie oordeel+ bestem is,+ goddelose mense,+ wat die onverdiende goedhartigheid van ons God in ’n verskoning vir losbandige gedrag+ verander en ons enigste Eienaar+ en Here,+ Jesus Christus, verloën.+  Hoewel julle alles eens en vir altyd weet,+ wil ek julle daaraan herinner dat Jehovah, al het hy ’n volk uit Egipteland gered,+ agterna dié omgebring het wat nie geloof getoon het nie.+  En die engele wat nie hulle oorspronklike posisie behou het nie, maar hulle eie gepaste woonplek verlaat het,+ het hy met ewige boeie+ onder dik duisternis vir die oordeel van die groot dag bewaar.+  So ook word Sodom en Gomorʹra en die stede om hulle,+ nadat hulle op dieselfde wyse as die voorgenoemdes uitermate hoerery gepleeg en vir onnatuurlike gebruik agter vlees aan geloop het,+ vir ons as ’n waarskuwende voorbeeld voorgehou+ deurdat hulle die regterlike straf van die ewige vuur ondergaan.+  Op dieselfde wyse verontreinig ook hierdie mense, wat hulle aan drome oorgee,+ nietemin die vlees en verontagsaam hulle heerskappy+ en praat hulle smadend van heerlikes.+  Maar toe Miʹgael,+ die aartsengel,+ met die Duiwel ’n geskil gehad+ en oor Moses se liggaam getwis het,+ het hy nie met smadende woorde+ ’n oordeel oor hom durf uitspreek nie, maar gesê: “Mag Jehovah jou bestraf.”+ 10  Tog praat hierdie mense smadend van alles wat hulle in werklikheid nie ken nie;+ maar alles wat hulle, soos die redelose diere,+ wel van nature verstaan, in hierdie dinge hou hulle aan om hulleself te verderf.+ 11  Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel+ en vir beloning halsoorkop die dwaalweg van Biʹleam ingeslaan+ en in die opstandige gepraat+ van Korag vergaan!+ 12  Hulle is die rotse wat onder die water verborge is in julle liefdesmaaltye+ terwyl hulle saam met julle fees hou, herders wat hulleself sonder vrees voed;+ waterlose wolke wat deur winde+ heen en weer gedryf word;+ bome in die naherfs, maar vrugloos, twee keer gestorwe, ontworteld;+ 13  woeste golwe van die see wat hulle eie oorsake van skande laat opskuim;+ sterre met geen vaste baan nie, waarvoor die donkerheid van die duisternis vir ewig weggelê is.+ 14  Ja, die sewende in die lyn van Adam, Henog,+ het ook oor hulle geprofeteer toe hy gesê het: “Kyk! Jehovah het met sy heilige tienduisende gekom,+ 15  om aan almal oordeel te voltrek+ en om al die goddeloses skuldig te bevind aan al hulle goddelose dade wat hulle op ’n goddelose wyse gedoen het en aan al die skokkende dinge wat goddelose sondaars teen hom gespreek het.”+ 16  Hierdie mense is murmureerders,+ klaers oor hulle lewenslot, wat volgens hulle eie begeertes handel,+ en hulle mond spreek opgeblase dinge,+ terwyl hulle ter wille van hulle eie voordeel persoonlikhede bewonder.+ 17  Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat vantevore deur die apostels van ons Here Jesus Christus gespreek is,+ 18  hoe hulle altyd vir julle gesê het: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hulle eie begeertes na goddelose dinge handel.”+ 19  Dit is hulle wat skeidings veroorsaak,+ dierlike mense+ wat nie geestelikheid het nie.+ 20  Maar julle, geliefdes, moet julle op julle allerheiligste geloof+ opbou+ en met heilige gees bid+ 21  en julle sodoende in God se liefde hou,+ terwyl julle wag op die barmhartigheid+ van ons Here Jesus Christus met die ewige lewe in die vooruitsig.+ 22  En hou aan om barmhartigheid te bewys+ aan party wat twyfel;+ 23  red hulle+ deur hulle uit die vuur te ruk.+ Maar hou aan om barmhartigheid aan ander te bewys, en dít met vrees, terwyl julle ook die onderkleed haat wat deur die vlees bevlek is.+ 24  En aan hom wat julle van struikeling kan bewaar+ en julle met groot vreugde smetloos+ voor sy heerlikheid kan stel, 25  aan die enigste God, ons Redder+ deur Jesus Christus,+ ons Here, die heerlikheid,+ majesteit, mag+ en gesag+ in die ganse vergange ewigheid+ en nou en tot in alle ewigheid.+ Amen.+

Voetnote