Klaagliedere 1:1-22

א [ʼAʹlef] 1  Hoe eensaam sit sy tog,+ die stad wat vol mense was!+Hoe het sy tog soos ’n weduwee geword,+ sy wat volkryk onder die nasies was!+Hoe moet sy wat ’n vorstin onder die regsgebiede was, tog nou dwangarbeid doen!+ ב [Bet]   Bitterlik huil sy snags,+ en haar trane is op haar wange.+Sy het niemand wat haar troos onder al haar minnaars nie.+Al haar metgeselle het verraderlik met haar gehandel.+ Hulle het haar vyande geword.+ ג [Giʹmel]   Juda het in ballingskap gegaan weens die ellende+ en weens die swaar knegskap.+Sy moes onder die nasies woon.+ Sy het geen rusplek gevind nie.Al haar vervolgers het haar in angswekkende omstandighede ingehaal.+ ד [Daʹlet]   Die weë van Sion treur, omdat niemand na die fees kom nie.+Al haar poorte is verwoes;+ haar priesters sug.+Haar maagde is bedroef, en sy self het dit bitter.+ ה [Heʼ]   Haar teenstanders het die hoof geword.+ Haar vyande is onbesorg.+Omdat Jehovah droefheid oor haar gebring het weens die oorvloed van haar oortredings,+Het haar kinders as gevangenes voor die teenstander uit geloop.+ ו [Wau]   En van die dogter van Sion verdwyn al haar prag.+Haar vorste was soos takbokke wat geen weiding gevind het nie;+En hulle bly kragteloos voor die agtervolger uit loop.+ ז [Saʹjin]   Jerusalem het in die dae van haar ellende en van haar daklose volk teruggedinkAan al haar begeerlike dinge wat daar van die dae van weleer af was.+Toe haar volk in die hand van die teenstander geval het en sy geen helper gehad het nie,+Het die teenstanders haar gesien. Hulle het gelag oor haar ineenstorting.+ ח [Get]   Jerusalem het openlik sonde gepleeg.+ Daarom het sy iets afskuweliks geword.+Almal wat haar geëer het, het haar as iets goedkoops behandel,+ want hulle het haar naaktheid gesien.+Sy self sug+ ook en draai haar rug. ט [Tet]   Haar onreinheid is aan haar some.+ Sy het nie aan haar toekoms gedink nie,+En sy gaan op ’n wonderbare wyse onder. Sy het geen trooster nie.+O Jehovah, aanskou my ellende,+ want die vyand het hom baie groot gehou.+ י [Jod] 10  Die teenstander het sy hand teen al haar begeerlike dinge uitgestrek.+Want sy het nasies in haar heiligdom sien inkom,+Van wie u bevel gegee het dat hulle nie in die gemeente mag kom wat aan u behoort nie. כ [Kaf] 11  Haar hele volk sug; hulle soek brood.+Hulle het hulle begeerlike dinge gegee vir iets om te eet, om die siel te verkwik.+Kyk, o Jehovah, en aanskou tog, want ek het soos ’n nikswerd vrou geword.+ ל [Laʹmed] 12  Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk.+Is daar enige pyn soos my pyn wat met felheid oor my gebring is,+Waarmee Jehovah droefheid veroorsaak het in die dag van sy brandende toorn?+ מ [Mem] 13  Uit die hoogte het hy vuur in my beendere gestuur,+ en hy onderwerp elkeen.Hy het ’n net vir my voete uitgesprei.+ Hy het my agteruit laat wyk.Hy het my ’n verlate vrou gemaak. Die hele dag is ek siek.+ נ [Noen] 14  Hy het wakker gebly ten opsigte van my oortredings.+ In sy hand is hulle saamgevleg.Hulle het op my nek gekom.+ My krag het gestruikel.Jehovah het my in die hand gegee van dié teen wie ek nie kan opstaan nie.+ ס [Saʹmek] 15  Al my magtiges het Jehovah uit my midde weggewerp.+Hy het ’n samekoms teen my uitgeroep, om my jong manne te verpletter.+Jehovah het die wynpers getrap+ wat aan die maagdelike dogter van Juda behoort.+ ע [ʽAʹjin] 16  Oor hierdie dinge huil ek soos ’n vrou.+ My oog, my oog stroom van water.+Want ’n trooster is ver van my af, iemand om my siel te verkwik.My kinders is verlate gemaak,+ want die vyand het hom baie groot gehou.+ פ [Peʼ] 17  Sion het haar hande uitgestrek.+ Sy het geen trooster nie.+Jehovah het oor Jakob ’n bevel gegee aan almal wat rondom hom is as sy teenstanders.+Jerusalem het iets afskuweliks onder hulle geword.+ צ [Sa·deʹ] 18  Jehovah is regverdig,+ want teen sy mond het ek in opstand gekom.+Luister nou, alle volke, en aanskou my pyn.My maagde en my jong manne het in gevangenskap gegaan.+ ק [Kof] 19  Ek het geroep na dié wat my intens liefhet.+ Hulle het my bedrieg.In die stad het my priesters en my ou manne gesterf,+Terwyl hulle vir hulle iets moes soek om te eet om hulle siel te verkwik.+ ר [Resj] 20  Kyk, o Jehovah, want ek verkeer in groot nood. My ingewande is in beroering.+My hart is in my binneste omgekeer,+ want ek was geheel en al opstandig.+Buite het die swaard die verlies van kinders veroorsaak.+ Binnenshuis is dit soos die dood.+ ש [Sjin] 21  Mense het gehoor hoe ek soos ’n vrou sug.+ Daar is geen trooster vir my nie.+Al my vyande het van my rampspoed gehoor.+ Hulle het hulle verheug, omdat u dit gedoen het.+U sal beslis die dag bring wat u uitgeroep het,+ sodat hulle soos ek kan word.+ ת [Tau] 22  Laat al hulle slegtheid voor u kom, en tree streng teen hulle op,+Net soos u streng teen my opgetree het weens al my oortredings.+Want my versugtinge is baie,+ en my hart is siek.+

Voetnote