Klaagliedere 2:1-22

א [ʼAʹlef] 2  Hoe oordek Jehovah tog in sy toorn die dogter van Sion met wolke!+Hy het die prag van Israel+ uit die hemel op die aarde neergewerp.+En hy het nie aan sy voetbank+ gedink op die dag van sy toorn nie. ב [Bet]   Jehovah het verswelg, hy het geen medelye met enige woonplek+ van Jakob gehad nie.In sy grimmigheid het hy die vestings+ van die dogter van Juda afgebreek.Hy het dit met die aarde in aanraking gebring,+ hy het die koninkryk+ en haar vorste+ ontheilig. ג [Giʹmel]   In gloeiende toorn het hy elke horing van Israel afgekap.+Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand;+En in Jakob bly hy brand soos ’n vlammende vuur wat rondom verteer het.+ ד [Daʹlet]   Hy het sy boog soos ’n vyand getrap.+ Sy regterhand+ het sy plek ingeneemSoos ’n teenstander,+ en hy het almal gedood wat begeerlik was vir die oë.+In die tent+ van die dogter van Sion het hy sy woede uitgestort, soos vuur.+ ה [Heʼ]   Jehovah het soos ’n vyand geword.+ Hy het Israel verswelg.+Hy het al haar woontorings verswelg;+ hy het sy vestings verwoes.+En in die dogter van Juda laat hy getreur en geweeklaag oorvloedig wees.+ ו [Wau]   En hy behandel sy hut+ gewelddadig soos een in ’n tuin.+ Hy het sy fees tot niet gemaak.Jehovah het in Sion fees+ en sabbat laat vergeet,En in die toorn van sy veroordeling toon hy geen respek vir koning en priester nie.+ ז [Saʹjin]   Jehovah het sy altaar verstoot.+ Hy het sy heiligdom minagtend verwerp.+In die hand van die vyand het hy die mure van haar woontorings oorgelewer.+In die huis van Jehovah het hulle hulle stem laat hoor, soos op ’n feesdag.+ ח [Get]   Jehovah het daaraan gedink om die muur+ van die dogter van Sion te verwoes.Hy het die meetsnoer gespan.+ Hy het sy hand nie daarvan weerhou om te verswelg nie.+En hy laat skans en muur treur.+ Saam het hulle verval. ט [Tet]   Haar poorte+ het in die grond ingesink. Hy het haar grendels vernietig en in stukke gebreek.Haar koning en haar vorste is onder die nasies.+ Daar is geen wet nie.+Haar profete het ook geen visioen van Jehovah ontvang nie.+ י [Jod] 10  Die ouer manne van die dogter van Sion gaan sit op die grond, waar hulle die swye bewaar.+Hulle het stof op hulle kop gegooi.+ Hulle het saklinne aangegord.+Die maagde van Jerusalem het hulle kop tot op die grond laat hang.+ כ [Kaf] 11  My oë het aan hulle einde gekom in trane.+ My ingewande is in beroering.+My lewer is op die grond uitgestort,+ weens die ineenstorting van die dogter van my volk,+Weens die versmagting van kind en suigeling op die openbare pleine van die stad.+ ל [Laʹmed] 12  Vir hulle moeders het hulle bly sê: “Waar is graan en wyn?”+Omdat hulle versmag soos iemand wat omgebring is op die openbare pleine van die stad,Omdat hulle siel uitgestort word in die boesem van hulle moeders. מ [Mem] 13  Waarvan sal ek jou as getuie gebruik? Wat sal ek met jou vergelyk, o dogter van Jerusalem?+Wat sal ek met jou gelykstel, sodat ek jou kan vertroos, o maagdelike dogter van Sion?+Want jou breuk+ is so groot soos die see. Wie kan vir jou genesing bring?+ נ [Noen] 14  Jou profete het vir jou waardelose en onbevredigende dinge in visioene gesien,+En hulle het nie jou oortreding blootgelê om ’n omkeer in jou gevangenskap te bring nie,+Maar hulle het vir jou waardelose en misleidende uitsprake in visioene bly sien.+ ס [Saʹmek] 15  Almal wat met die pad verbygaan, het hulle hande geklap+ oor jou.Hulle het gefluit+ en hulle kop bly skud+ oor die dogter van Jerusalem en gesê:“Is dit die stad waarvan hulle gesê het: ‘Dit is die vervolmaking van skoonheid, ’n vreugde vir die hele aarde’?”+ פ [Peʼ] 16  Oor jou het al jou vyande hulle mond oopgemaak.+Hulle het gefluit en op die tande bly kners.+ Hulle het gesê: “Ons sal dit verswelg.+Dit is inderdaad die dag waarop ons gehoop het.+ Ons het gevind! Ons het gesien!”+ ע [ʽAʹjin] 17  Jehovah het gedoen wat hy in gedagte gehad het.+ Hy het volbring wat hy gesê het,+Wat hy sedert die dae van lank gelede beveel het.+ Hy het afgebreek en geen medelye betoon nie.+En oor jou maak hy die vyand bly.+ Hy het die horing van jou teenstanders verhoog.+ צ [Sa·deʹ] 18  Hulle hart het na Jehovah geroep,+ o muur van die dogter van Sion.+Laat trane soos ’n stroom afvloei, dag en nag.+Moet jou nie gevoelloos laat word nie. Laat die appel van jou oog nie stil wees nie. ק [Kof] 19  Staan op! Kerm gedurende die nag aan die begin van die môrewake.+Stort jou hart uit+ soos water voor die aangesig+ van Jehovah.Hef jou palms na hom op+ weens die siel van jou kinders,Wat weens die hongersnood aan die bopunt van al die strate versmag.+ ר [Resj] 20  Kyk, o Jehovah, en aanskou tog+ die een teen wie u so streng opgetree het.Moet die vroue hulle eie vrug bly eet, die kinders wat ten volle gevormd gebore is,+Of moet priester en profeet in die heiligdom van Jehovah doodgemaak word?+ ש [Sjin] 21  Seun en ou man+ het op die grond in die strate gelê.+My maagde en my jong manne het deur die swaard geval.+U het doodgemaak op die dag van u toorn.+ U het ’n slagting aangerig;+ u het geen medelye gehad nie.+ ת [Tau] 22  Soos op ’n feesdag+ het u die plekke van my vreemdelingskap rondom uitgeroep.En op die dag van die gramskap van Jehovah was daar niemand wat ontkom het of dit oorleef het nie;+Dié wat ek ten volle gevormd voortgebring en grootgemaak het—my vyand het hulle uitgeroei.+

Voetnote