Klaagliedere 4:1-22
א [ʼAʹlef]
4 Hoe word die goud wat blink tog dof, die goeie goud!+Hoe word die heilige stene+ tog aan die bopunt van al die strate uitgestort!+
ב [Bet]
2 Wat die kosbare kinders van Sion betref,+ dié wat teen gelouterde goud geskat is,Hoe is hulle tog as groot erdekruike beskou, die handewerk van ’n pottebakker!+
ג [Giʹmel]
3 Selfs jakkalse het die speen gegee. Hulle het hulle welpies gesoog.Die dogter van my volk word wreed,+ soos volstruise in die wildernis.+
ד [Daʹlet]
4 Die tong van die suigeling het aan sy verhemelte gekleef van dors.+Kinders het brood gevra.+ Niemand deel dit aan hulle uit nie.+
ה [Heʼ]
5 Selfs dié wat lekkernye geëet het, is in die strate deur verbasing oorval.+Selfs dié wat in skarlaken grootgemaak is,+ moes ashope omhels.+
ו [Wau]
6 Die straf vir die oortreding van die dogter van my volk word ook groter as die straf vir die sonde van Sodom,+Wat asof in ’n oomblik verwoes is en waarna geen hulpvaardige hande uitgesteek is nie.+
ז [Saʹjin]
7 Haar Nasireʹërs+ was reiner as sneeu;+ hulle was witter as melk.Hulle was in werklikheid rooier+ as korale; hulle glans was soos die saffier.+
ח [Get]
8 Hulle voorkoms het donkerder as swartheid geword. Hulle is nie in die strate herken nie.+Hulle vel het op hulle gebeente verskrompel.+ Dit het so droog soos ’n boom geword.
ט [Tet]
9 Dié wat met die swaard+ omgebring is, was beter daaraan toe as dié wat deur die hongersnood+ omgebring is,Want hulle kwyn weg, deurboor weens gebrek aan die opbrengs van die oop veld.
י [Jod]
10 Die hande van medelydende vroue het hulle eie kinders gekook.+Hulle het soos brood van vertroosting geword tydens die verbreking van die dogter van my volk.+
כ [Kaf]
11 Jehovah het aan al sy woede uiting gegee.+ Hy het sy brandende toorn uitgestort.+En hy steek ’n vuur in Sion aan, wat die fondamente daarvan verteer.+
ל [Laʹmed]
12 Die konings van die aarde en al die bewoners van die vrugbare land het nie geglo+Dat die teenstander en die vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.+
מ [Mem]
13 Weens die sondes van haar profete, die oortredings van haar priesters,+Was daar in haar dié wat die bloed van regverdiges vergiet het.+
נ [Noen]
14 Hulle het soos blindes+ in die strate rondgedwaal.+ Hulle is met bloed besoedel,+Sodat niemand aan hulle klere kan raak nie.+
ס [Saʹmek]
15 “Gee pad! Onrein!”+ het hulle hulle toegeroep. “Gee pad! Gee pad! Moenie aanraak nie!”+Want hulle het dakloos geword.+ Ook het hulle rondgedwaal.+ Mense het onder die nasies gesê: “Hulle sal nie weer as vreemdelinge woon nie.+
פ [Peʼ]
16 Die aangesig van Jehovah het hulle verdeel.+ Hy sal hulle nie weer aansien nie.+Selfs aan die priesters sal die mense beslis geen agting betoon nie.+ Selfs aan die ou manne sal hulle beslis geen guns betoon nie.”+
צ [ʽAʹjin]
17 Terwyl ons nog bestaan, smag ons oë tevergeefs na hulp vir ons.+Terwyl ons rondgekyk het, het ons uitgesien na ’n nasie wat geen redding kan bring nie.+
צ [Sa·deʹ]
18 Hulle het jag gemaak op ons voetstappe,+ sodat ons nie op ons openbare pleine kan loop nie.Ons einde het naby gekom. Ons dae is vervul, want ons einde het gekom.+
ק [Kof]
19 Ons agtervolgers was vinniger as die arende van die hemel.+Op die berge het hulle ons hewig agtervolg.+ In die wildernis het hulle ons voorgelê.+
ר [Resj]
20 Die asem van ons neusgate,+ die gesalfde van Jehovah,+ is in hulle groot kuil gevang,+Hy van wie ons gesê het: “In sy skaduwee+ sal ons onder die nasies lewe.”+
ש [Sin]
21 Verheug en verbly jou,+ o dogter van Edom,+ jy wat in die land Us+ woon.Ook na jou toe sal die beker kom.+ Jy sal dronk word en jou in naaktheid vertoon.+
ת [Tau]
22 Jou oortreding, o dogter van Sion, het tot ’n einde gekom.+ Hy sal jou nie weer in ballingskap wegvoer nie.+Hy het sy aandag op jou oortreding gerig, o dogter van Edom. Hy het jou sondes blootgelê.+