Klaagliedere 5:1-22

5  Dink, o Jehovah, aan wat met ons gebeur het.+ Kyk tog en aanskou ons smaad.+   Ons erfbesitting is aan vreemdelinge gegee, ons huise aan uitlanders.+   Ons het wese geword, sonder ’n vader.+ Ons moeders is soos weduwees.+   Vir geld moes ons ons eie water drink.+ Teen ’n prys kom ons eie hout in.   Ons agtervolgers was op ons nek.+ Ons het moeg geword. Ons is geen rus gegun nie.+   Aan Egipte+ het ons die hand gegee,+ aan Assiʹrië,+ om met brood versadig te word.   Dit is ons voorvaders wat gesondig het.+ Hulle is daar nie meer nie. Wat ons betref, ons moes húlle oortredings dra.+   Blote knegte het oor ons geheers.+ Niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.+   Met gevaar vir ons siel bring ons ons brood in,+ weens die swaard van die wildernis. 10  Ons vel het warm geword soos ’n oond weens die hongerpyne.+ 11  Hulle het die vrouens in Sion verneder,+ die maagde in die stede van Juda. 12  Vorste is aan net hulle hand opgehang.+ Die aangesig van selfs ou manne is nie geëer nie.+ 13  Selfs jong manne het ’n handmeul opgelig,+ en seuns het onder die hout gestruikel.+ 14  Die ou manne is nie meer in die poort nie,+ die jong manne is sonder hulle instrumentale musiek.+ 15  Die vreugde van ons hart het opgehou. Ons gedans het in rou verander.+ 16  Die kroon van ons kop het geval.+ Wee ons nou, want ons het gesondig!+ 17  Om dié rede het ons hart siek geword.+ Weens hierdie dinge het ons oë dof geword,+ 18  Weens Sion se berg wat woes lê;+ ja, jakkalse het daarop geloop.+ 19  Wat u betref, o Jehovah, tot onbepaalde tyd sal u sit.+ U troon is van geslag tot geslag.+ 20  Waarom vergeet u ons vir altyd,+ verlaat u ons tot in lengte van dae?+ 21  Bring ons terug+ tot u, o Jehovah, en ons sal graag terugkom. Bring vir ons nuwe dae soos lank gelede.+ 22  Maar u het ons gewis verwerp.+ U was baie verontwaardig teenoor ons.+

Voetnote