Kolossense 1:1-29

1  Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil,+ en ons broer Timoʹteus,+  aan die heiliges en getroue broers in eenheid+ met Christus in Kolosʹse: Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê van God, ons Vader.+  Ons dank+ God, die Vader van ons Here Jesus Christus, altyd wanneer ons vir julle bid,+  aangesien ons gehoor het van julle geloof in verband met Christus Jesus en die liefde wat julle vir al die heiliges+ het  weens die hoop+ wat vir julle in die hemele weggelê is.+ Julle het voorheen van hierdie hoop gehoor deur die verkondiging van die waarheid van dié goeie nuus+  wat julle bereik het, net soos dit vrug dra+ en toeneem+ in die hele wêreld,+ soos ook onder julle, van die dag af dat julle die onverdiende goedhartigheid+ van God in waarheid gehoor en noukeurig leer ken het.+  Dit is wat julle geleer het by Eʹpafras,+ ons geliefde medeslaaf, wat namens ons ’n getroue bedienaar van die Christus is,  wat ook julle liefde+ in ’n geestelike opsig aan ons onthul het.  Daarom het ons, van die dag af dat ons daarvan gehoor het, nie opgehou om vir julle te bid+ nie en te vra dat julle in alle wysheid+ en geestelike insig+ vervul mag word met die juiste kennis+ van sy wil, 10  sodat julle kan wandel op ’n wyse wat Jehovah+ waardig is+ om hom ten volle te behaag terwyl julle voortgaan om vrug te dra in elke goeie werk+ en toe te neem in die juiste+ kennis van God, 11  en om na die mate van sy glorieryke mag+ kragtig gemaak te word met alle krag om ten volle te volhard+ en lankmoedig te wees met vreugde, 12  en om die Vader te dank, wat julle geskik gemaak het om te deel in die erfenis+ van die heiliges+ in die lig.+ 13  Hy het ons verlos van die gesag+ van die duisternis en ons oorgebring+ in die koninkryk+ van die Seun van sy liefde,+ 14  deur middel van wie ons ons bevryding deur ’n losprys het, die vergifnis van ons sondes.+ 15  Hy is die beeld+ van die onsigbare+ God, die eersgeborene+ van die hele skepping; 16  want deur middel van hom+ is alle ander dinge in die hemele en op die aarde geskep, die sigbare dinge en die onsigbare dinge, ongeag of hulle trone of heerskappye of regerings of owerhede is.+ Alle ander dinge is deur hom+ en vir hom geskep. 17  En hy is voor alle ander dinge,+ en deur middel van hom is alle ander dinge tot stand gebring,+ 18  en hy is die hoof van die liggaam, die gemeente.+ Hy is die begin, die eersgeborene uit die dode,+ sodat hy die een kon word wat in alles eerste+ is; 19  want God het dit goedgevind om die hele volheid+ in hom te laat woon 20  en om deur hom alle ander dinge+ weer met homself te versoen+ deur vrede te maak+ deur die bloed+ wat hy aan die folterpaal vergiet het,+ ongeag of hulle die dinge op die aarde of die dinge in die hemele is. 21  Ja, julle wat eens vervreemd+ en vyande was omdat julle verstande gerig was op die werke wat goddeloos was,+ 22  het hy nou weer versoen+ deur middel van daardie een se vleeslike liggaam deur sy dood,+ om julle heilig en smetloos+ en vry van enige beskuldiging+ voor hom te stel, 23  mits julle natuurlik in die geloof bly,+ gegrond op die fondament+ en standvastig+ en sonder om afgebring te word van die hoop van dié goeie nuus wat julle gehoor het+ en wat verkondig is+ in die hele skepping+ wat onder die hemel is. Van hierdie goeie nuus het ek, Paulus, ’n bedienaar geword.+ 24  Ek verbly my nou in my lyding vir julle,+ en op my beurt vul ek aan wat ontbreek aan die verdrukkinge+ van die Christus in my vlees ten behoewe van sy liggaam, wat die gemeente is.+ 25  Ek het ’n bedienaar+ van hierdie gemeente geword ooreenkomstig die bestuurderskap+ wat van God kom en wat in julle belang aan my gegee is om die woord van God ten volle te verkondig, 26  die heilige geheim+ wat van die vergange stelsels van dinge en van die vergange geslagte af verborge was.+ Maar nou is dit aan sy heiliges openbaar gemaak,+ 27  aan wie dit God behaag het om bekend te maak wat die glorieryke rykdom+ van hierdie heilige geheim+ onder die nasies is. Dit is Christus+ in eenheid met julle, die hoop op sy heerlikheid.+ 28  Hóm verkondig ons,+ terwyl ons elke mens ernstig vermaan en elke mens in alle wysheid leer,+ sodat ons elke mens in volkomenheid+ in eenheid met Christus kan stel. 29  Hiervoor werk ek inderdaad hard en span ek my in+ ooreenkomstig sy werking,+ wat met krag+ in my aan die werk is.

Voetnote