Kolossense 3:1-25

3  As julle egter saam met die Christus opgewek is,+ gaan dan voort om die dinge te soek wat daar bo is,+ waar die Christus aan die regterhand van God sit.+  Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo,+ nie op die dinge op die aarde nie.+  Want julle het gesterf,+ en julle lewe+ is saam met die Christus verberg in eenheid+ met God.  Wanneer die Christus, ons lewe,+ openbaar gemaak word, dan sal julle ook saam met hom in heerlikheid+ openbaar gemaak word.+  Maak dan dood+ julle liggaamsdele+ wat op die aarde is ten opsigte van hoerery, onreinheid, geslagsdrif,+ skadelike begeertes en hebsug,+ wat afgodediens is.  Weens dié dinge kom die gramskap van God.+  Juis in dié dinge het julle ook eens gewandel toe julle nog daarin gelewe het.+  Maar verwyder dan nou al hierdie dinge van julle:+ gramskap, toorn, slegtheid, smadende taal+ en onwelvoeglike+ praatjies uit julle mond.  Moenie vir mekaar lieg nie.+ Lê die ou persoonlikheid+ met sy gebruike af, 10  en beklee julle met die nuwe+ persoonlikheid, wat deur juiste kennis vernuwe word na die beeld+ van die Een wat dit geskep het, 11  waar daar nie Griek of Jood, besnydenis of onbesnedenheid, uitlander, Skitiër, slaaf, vrygeborene is nie,+ maar Christus alles en in almal is.+ 12  Beklee julle dan, as God se uitverkorenes,+ heilig en gelief, met die tere geneenthede van medelye,+ goedhartigheid, ootmoed,+ sagmoedigheid+ en lankmoedigheid.+ 13  Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe+ as iemand rede tot klagte+ teen ’n ander het. Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het,+ so moet julle ook doen. 14  Maar beklee julle, benewens al hierdie dinge, met liefde,+ want dit is ’n volmaakte band+ van eenheid. 15  En laat die vrede+ van die Christus in julle harte heers,+ want julle is inderdaad in een liggaam daartoe geroep.+ En toon dat julle dankbaar is. 16  Laat die woord van die Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.+ Hou aan om mekaar te leer+ en ernstig te vermaan met psalms,+ lofliedere tot God, geestelike liedere+ met welwillendheid, terwyl julle in julle harte tot Jehovah sing.+ 17  En wat julle ook al in woord of in werk doen,+ doen alles in die naam van die Here Jesus,+ terwyl julle God die Vader deur hom dank.+ 18  Vrouens, wees onderdanig+ aan julle mans, soos dit betaamlik is in die Here. 19  Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê+ en moenie vir hulle bitter kwaad wees nie.+ 20  Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam,+ want dit is welbehaaglik in die Here. 21  Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,+ sodat hulle nie mismoedig word nie. 22  Slawe, wees in alles gehoorsaam aan diegene wat in vleeslike sin julle here is,+ nie met dade van oëdiens soos mensebehaers+ nie, maar met opregtheid van hart, met vrees vir Jehovah.+ 23  Wat julle ook al doen, doen dit met julle hele siel+ soos vir Jehovah+ en nie vir mense nie, 24  omdat julle weet dat julle van Jehovah+ die erfenis as die gepaste beloning sal ontvang.+ Dien die Heer, Christus, soos slawe.+ 25  Die een wat onreg doen, sal beslis terugontvang+ wat hy ten onregte gedoen het, en daar is geen partydigheid nie.+

Voetnote