Levitikus 1:1-17

1  En Jehovah het Moses geroep en uit die tent van samekoms+ met hom gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel,+ en jy moet vir hulle sê: ‘As iemand van julle vir Jehovah ’n offer uit die mak diere aanbied, moet julle julle offer uit die beeste en uit die kleinvee aanbied.  “‘As sy offer ’n brandoffer+ uit die beeste is, moet hy ’n bul sonder gebrek+ aanbied. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit uit vrye wil voor Jehovah aanbied.+  En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, en dit moet vir hom goedgunstig aangeneem+ word om vir hom versoening te doen.+  “‘Dan moet die jong bul voor Jehovah geslag word; en die seuns van Aäron, die priesters,+ moet die bloed aanbied en die bloed rondom op die altaar sprinkel,+ wat by die ingang van die tent van samekoms is.  En die brandoffer moet afgeslag en in sy dele opgesny word.+  En die seuns van Aäron, die priesters, moet vuur op die altaar sit+ en hout op die vuur regsit.+  En die seuns van Aäron, die priesters, moet die stukke+ regsit met die kop en die niervet op die hout wat op die vuur op die altaar is.  En sy ingewande+ en sy pote moet met water gewas word; en die priester moet dit alles op die altaar laat rook as ’n brandoffer, ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.+ 10  “‘En ingeval sy offer as ’n brandoffer uit die kleinvee+ is, uit die jong ramme of die bokke, moet hy ’n ram+ sonder gebrek aanbied.+ 11  En dit moet aan die noordekant van die altaar voor Jehovah geslag word, en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom op die altaar sprinkel.+ 12  En hy moet dit in sy dele opsny, met sy kop en sy niervet, en die priester moet dit regsit op die hout wat op die vuur op die altaar is.+ 13  En hy moet die ingewande+ en die pote+ met water was; en die priester moet dit alles aanbied en dit op die altaar laat rook.+ Dit is ’n brandoffer, ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.+ 14  “‘Maar as sy offer as ’n brandoffer aan Jehovah uit die voëls is, dan moet hy sy offer uit die tortelduiwe+ of die jong duiwe+ aanbied. 15  En die priester moet die voël by die altaar aanbied en sy kop afknyp+ en hom op die altaar laat rook, maar sy bloed moet hy teen die kant van die altaar laat uitloop. 16  En hy moet sy krop met sy vere verwyder en dit langs die altaar gooi, aan die oostekant, op die plek vir die vetterige as.+ 17  En hy moet hom by sy vlerke oopskeur. Hy moet hom nie verdeel+ nie. Dan moet die priester hom op die altaar laat rook op die hout wat op die vuur is. Dit is ’n brandoffer,+ ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.+

Voetnote