Levitikus 11:1-47

11  En Jehovah het met Moses en Aäron gepraat en vir hulle gesê:  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Dít is die diere wat julle mag eet+ van al die viervoetige diere wat op die aarde is:  Elke dier onder die viervoetige diere wat gesplete hoewe het en waarvan die hoewe heeltemal gekloof is en wat herkou, dit mag julle eet.+  “‘Maar die volgende mag julle nie eet onder dié wat herkou en dié wat gesplete hoewe het nie: die kameel, want hy herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hy is vir julle onrein.+  Ook die klipdassie,+ want hy herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hy is vir julle onrein.  Ook die haas,+ want hy herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hy is vir julle onrein.  Ook die vark,+ want hy het gesplete hoewe en die hoewe is heeltemal gekloof, maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein.  Julle mag nie van hulle vleis eet nie, en julle mag nie aan hulle dooie liggaam raak nie.+ Hulle is vir julle onrein.+  “‘Van alles wat in die waters is, mag julle die volgende eet:+ Alles wat vinne en skubbe het+ in die waters, in die seë en in die strome—dit mag julle eet. 10  En alles in die seë en die strome wat geen vinne en skubbe het nie, van elke dier waarvan die waters wemel en van elke lewende siel wat in die waters is—hulle is vir julle ’n gruwel. 11  Ja, hulle sal vir julle ’n gruwel word. Julle mag nie van hulle vleis eet nie,+ en julle moet hulle dooie liggaam as ’n gruwel beskou. 12  Alles in die waters wat geen vinne en skubbe het nie, is vir julle ’n gruwel. 13  “‘En onder die voëls moet julle die volgende as ’n gruwel beskou.+ Hulle mag nie geëet word nie. Hulle is ’n gruwel: die arend+ en die visvalk en die swartaasvoël, 14  en die rooiwou en die swartwou+ volgens sy soorte, 15  en elke raaf+ volgens sy soorte, 16  en die volstruis+ en die uil en die meeu en die valk volgens sy soorte, 17  en die steenuil en die kormorant en die langooruil,+ 18  en die swaan en die pelikaan en die aasvoël,+ 19  en die ooievaar, die reier volgens sy soorte, en die hoep-hoep, en die vlermuis.+ 20  Elke insek met vlerke wat op vier pote loop, is vir julle ’n gruwel.+ 21  “‘Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: dié wat bokant hulle pote springbene het om daarmee op die grond te spring. 22  Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan+ volgens sy soorte en die eetbare sprinkaan+ volgens sy soorte en die kriek volgens sy soorte en die veldsprinkaan+ volgens sy soorte. 23  En elke ander insek met vlerke wat vier pote het, is vir julle ’n gruwel.+ 24  Deur hulle sal julle julle dus onrein maak. Elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal tot die aand toe onrein wees.+ 25  En elkeen wat iets van hulle dooie liggaam dra, moet sy klere was,+ en hy sal tot die aand toe onrein wees. 26  “‘Wat enige viervoetige dier betref wat gesplete hoewe het, maar waarvan die hoewe nie heeltemal gekloof is nie en wat nie herkou nie, hulle is vir julle onrein. Elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.+ 27  Wat elke dier betref wat op kussingpote loop onder al die diere wat op vier pote loop, hulle is vir julle onrein. Elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal tot die aand toe onrein wees. 28  En hy wat hulle dooie liggaam dra,+ moet sy klere was,+ en hy sal tot die aand toe onrein wees. Hulle is vir julle onrein. 29  “‘En onder die kruipende diertjies wat op die aarde wemel, is die volgende vir julle onrein:+ die molrot en die springmuis+ en die akkedis volgens sy soorte, 30  en die webvoetgeitjie en die groot akkedis en die watersalmander en die sandakkedis en die verkleurmannetjie. 31  Hulle is vir julle onrein onder al die kruipende diertjies.+ Elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.+ 32  “‘En enigiets waarop een van hulle val as hulle dood is, sal onrein wees, of dit ’n houthouer+ of ’n kleed of ’n vel+ of saklinne is.+ Enige houer wat gebruik word, moet in water gesit word, en dit sal tot die aand toe onrein wees en daarna rein wees. 33  Wat enige erdehouer+ betref waarin een van hulle val, alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet dit breek.+ 34  Enige soort voedsel wat geëet kan word waarop water kom wat daaruit afkomstig is, sal onrein wees, en enige drank wat gedrink kan word wat in so ’n houer is, sal onrein wees. 35  En alles waarop iets van hulle dooie liggaam val, sal onrein wees. Of dit ’n oond of ’n kruikstaander is, dit moet stukkend gebreek word. Hulle is onrein, en hulle moet vir julle onrein word. 36  Maar ’n fontein en ’n put met opgedamde waters sal rein bly, maar elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal onrein wees. 37  En as iets van hulle dooie liggaam op enige plantsaad val wat gesaai moet word, is dit rein. 38  Maar as daar water op saad gegooi word en iets van hulle dooie liggaam daarop geval het, is dit vir julle onrein. 39  “‘En as enige viervoetige dier wat vir julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die dooie liggaam raak, tot die aand toe onrein wees.+ 40  En hy wat iets van die dooie liggaam eet,+ moet sy klere was, en hy sal tot die aand toe onrein wees; en hy wat die dooie liggaam wegdra, moet sy klere was, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 41  En al die kruipende diertjies wat op die aarde wemel, is ’n gruwel.+ Dit mag nie geëet word nie. 42  Alles wat op die maag seil+ en alles wat op vier of enige groot aantal pote loop van al die kruipende diertjies wat op die aarde wemel, julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.+ 43  Moenie julle siel ’n gruwel maak deur enige van die kruipende diertjies wat wemel nie, en julle moet julle nie daardeur onrein maak en daardeur onrein word nie.+ 44  Want ek is Jehovah julle God;+ en julle moet julle heilig en julle moet heilig wees,+ want ek is heilig.+ Daarom mag julle julle siel nie onrein maak deur enige kruipende diertjie wat op die aarde kruip nie. 45  Want ek is Jehovah wat julle uit Egipteland laat optrek om my aan julle as God te bewys;+ en julle moet heilig wees,+ want ek is heilig.+ 46  “‘Dit is die wet oor die viervoetige diere en die voëls en al die lewende siele wat in die waters beweeg+ en aangaande al die siele wat op die aarde wemel, 47  om ’n onderskeid te maak+ tussen wat onrein en rein is en tussen die dier wat eetbaar is en die dier wat nie geëet mag word nie.’”

Voetnote