Levitikus 12:1-8

12  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘As ’n vrou saad ontvang+ en ’n seun baar, sal sy sewe dae onrein wees; soos in die dae van die onreinheid wanneer sy menstrueer, sal sy onrein wees.+  En op die agtste dag moet die vlees van sy voorhuid besny word.+  Nog drie-en-dertig dae moet sy in die reinigingsbloed bly. Sy mag aan niks heiligs raak nie, en sy mag nie in die heiligdom inkom totdat die dae van haar reiniging vervul is nie.+  “‘En as sy ’n dogter baar, dan sal sy veertien dae onrein wees, soos gedurende haar menstruasie. Nog ses-en-sestig dae moet sy met die reinigingsbloed bly.  Wanneer die dae van haar reiniging vir ’n seun of vir ’n dogter vervul is, dan moet sy ’n jong ram in sy eerste jaar as ’n brandoffer+ en ’n jong duif of ’n tortelduif+ as ’n sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms na die priester toe.  En hy moet dit voor Jehovah aanbied en vir haar versoening doen, en sy sal rein wees van die bron van haar bloed.+ Dit is die wet oor haar wat baar, hetsy dit ’n seun of ’n dogter is.  Maar as sy nie ’n skaap kan bekostig nie, dan moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe+ neem, een as ’n brandoffer en een as ’n sondoffer, en die priester moet vir haar versoening doen,+ en sy sal rein wees.’”

Voetnote