Levitikus 13:1-59

13  En Jehovah het met Moses en Aäron gepraat en gesê:  “As ’n mens in die vel van sy vlees ’n uitslag of ’n roof+ of ’n vlek kry, en dit in die vel van sy vlees tot die plaag van melaatsheid+ ontwikkel, dan moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word.+  En die priester moet die plaag in die vel van die vlees bekyk.+ Wanneer die hare op die plaag wit geword het en dit lyk of die plaag dieper as die vel van sy vlees is, is dit die plaag van melaatsheid. En die priester moet dit bekyk, en hy moet hom onrein verklaar.  Maar as dit ’n wit vlek in die vel van sy vlees is en dit nie dieper lyk as die vel nie en die hare daarvan nie wit geword het nie, dan moet die priester die een met die plaag sewe dae onder kwarantyn plaas.+  En die priester moet hom op die sewende dag bekyk, en as die plaag volgens die voorkoms daarvan opgehou het, die plaag nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog sewe dae onder kwarantyn plaas.+  “En die priester moet hom op die sewende dag vir die tweede keer bekyk, en as die plaag dof geword het en die plaag nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit was ’n roof. En hy moet sy klere was en sal rein wees.  Maar as die roof sonder twyfel in die vel versprei het nadat hy vir die vasstelling van sy reiniging voor die priester verskyn het, dan moet hy vir die tweede keer voor die priester verskyn,+  en die priester moet kyk; en as die roof in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.+  “As die plaag van melaatsheid by ’n mens ontstaan, dan moet hy na die priester toe gebring word. 10  En die priester moet kyk;+ en as daar ’n wit uitslag in die vel is en dit die hare wit laat word het en daar rou, lewende vlees+ in die uitslag is, 11  is dit chroniese melaatsheid+ in die vel van sy vlees; en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie onder kwarantyn plaas+ nie, want hy is onrein. 12  En as die melaatsheid sonder twyfel in die vel uitbreek, en die melaatsheid die hele vel van die een met die plaag bedek, van sy kop tot sy voete, so ver as wat die oë van die priester kan sien, 13  en die priester gekyk het en die melaatsheid sy hele vlees bedek het, dan moet hy die plaag rein verklaar. Alles aan hom het wit geword. Hy is rein. 14  Maar op die dag dat lewende vlees daarin verskyn, sal hy onrein wees. 15  En die priester+ moet die lewende vlees sien, en hy moet hom onrein verklaar. Die lewende vlees is onrein. Dit is melaatsheid.+ 16  Of as die lewende vlees weer verdwyn en dit wit word, dan moet hy na die priester toe kom. 17  En die priester moet hom bekyk,+ en as die plaag wit geword het, dan moet die priester die plaag rein verklaar. Hy is rein. 18  “As daar in die vel van die vlees ’n sweer+ ontstaan en dit gesond word, 19  en daar in die plek van die sweer ’n wit uitslag of ’n rooierige wit vlek ontstaan het, dan moet hy hom vir die priester wys. 20  En die priester moet kyk,+ en as dit dieper lyk as die vel en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is die plaag van melaatsheid. Dit het in die sweer uitgebreek. 21  Maar as die priester dit bekyk en daar geen wit hare daarop is nie en dit nie dieper as die vel is nie en dit dof is, dan moet die priester hom sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 22  En as dit sonder twyfel in die vel versprei, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is ’n plaag. 23  Maar as die vlek op sy plek bly, dit nie versprei het nie, is dit die ontsteking+ van die sweer; en die priester moet hom rein verklaar.+ 24  “Of as daar in die vel van die vlees ’n litteken as gevolg van vuur is, en die rou vlees van die litteken ’n rooierige wit of ’n wit vlek word, 25  dan moet die priester dit bekyk; en as die hare op die vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, is dit melaatsheid. Dit het in die litteken uitgebreek, en die priester moet hom onrein verklaar. Dit is die plaag van melaatsheid. 26  Maar as die priester dit bekyk en daar geen wit hare op die vlek is nie en dit nie dieper as die vel is nie en dit dof is, dan moet die priester hom sewe dae onder kwarantyn plaas. 27  En die priester moet hom op die sewende dag bekyk. As dit sonder twyfel in die vel versprei, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is die plaag van melaatsheid. 28  Maar as die vlek op sy plek bly, dit nie in die vel versprei het nie en dit dof is, is dit ’n uitslag van die litteken; en die priester moet hom rein verklaar, want dit is ’n ontsteking van die litteken. 29  “As daar by ’n man of ’n vrou ’n plaag aan die kop of aan die ken ontstaan, 30  dan moet die priester+ die plaag sien; en as dit dieper lyk as die vel, en die hare daarop geel en yl is, dan moet die priester so iemand onrein verklaar. Dit is abnormale haarverlies.+ Dit is melaatsheid van die kop of van die ken. 31  Maar as die priester die plaag van abnormale haarverlies sien, en kyk! dit lyk nie dieper as die vel nie en daar is geen swart hare daarop nie, dan moet die priester die een met die plaag van abnormale haarverlies sewe dae+ onder kwarantyn plaas.+ 32  En die priester moet die plaag op die sewende dag bekyk; en as die abnormale haarverlies nie versprei het nie, en geen geel hare daarop gekom het nie en die abnormale haarverlies+ nie dieper lyk as die vel nie, 33  dan moet hy geskeer word, maar die plek van die abnormale haarverlies moet hy nie laat skeer nie;+ en die priester moet die een met die abnormale haarverlies weer sewe dae onder kwarantyn plaas. 34  “En die priester moet die abnormale haarverlies op die sewende dag bekyk; en as die abnormale haarverlies nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper lyk as die vel nie, dan moet die priester hom rein verklaar,+ en hy moet sy klere was en sal rein wees. 35  Maar as die abnormale haarverlies ná die vasstelling van sy reiniging sonder twyfel in die vel versprei, 36  dan moet die priester+ hom sien; en as die abnormale haarverlies in die vel versprei het, hoef die priester nie na geel hare te soek nie; hy is onrein. 37  Maar as die abnormale haarverlies volgens die voorkoms daarvan opgehou het en swart hare daarop gegroei het, het die abnormale haarverlies gesond geword. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.+ 38  “As daar by ’n man of ’n vrou vlekke,+ wit vlekke, in die vel van hulle vlees ontstaan, 39  dan moet die priester+ kyk; en as dit dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, is dit ’n onskadelike uitslag. Dit het in die vel uitgebreek. Hy is rein. 40  “As ’n man se kop kaal word,+ is dit kaalhoofdigheid. Hy is rein. 41  En as sy kop aan die voorkant kaal word, is dit voorkopkaalheid. Hy is rein. 42  Maar as ’n rooierige wit plaag in die kaalheid van die kroon of van die voorkop ontstaan, is dit melaatsheid wat in die kaalheid van sy kroon of van sy voorkop uitbreek. 43  En die priester+ moet hom bekyk; en as daar ’n uitslag is van die rooierige wit plaag in die kaalheid van sy kroon of van sy voorkop wat lyk soos melaatsheid in die vel van die vlees, 44  is hy ’n melaatse. Hy is onrein. Die priester moet hom onrein verklaar. Sy plaag is op sy kop. 45  Wat die melaatse betref op wie die plaag is, sy klere moet geskeur wees,+ en sy kop moet onversorg gelaat word,+ en hy moet die snor bedek+ en uitroep: ‘Onrein, onrein!’+ 46  Al die dae dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Hy is onrein. Hy moet afgesonderd woon. Buite die kamp+ is sy woonplek. 47  “As die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk ontstaan, in ’n wolkledingstuk of in ’n linnekledingstuk, 48  of in die skering+ of in die inslag van die linne en van die wol, of in ’n vel of in enigiets wat van vel gemaak is,+ 49  en die geelgroen of rooierige plaag ontstaan in die kledingstuk of in die vel of in die skering of in die inslag of in enige voorwerp van vel, is dit die plaag van melaatsheid, en dit moet vir die priester gewys word. 50  En die priester+ moet die plaag sien, en hy moet die voorwerp met die plaag sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 51  Wanneer hy die plaag op die sewende dag gesien het en bevind het dat die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skering of in die inslag+ of in die vel, vir watter doel die vel ook al gebruik word, is die plaag kwaadaardige melaatsheid.+ Dit is onrein. 52  En hy moet die kledingstuk of die skering of die inslag van die wol of van die linne,+ of enige voorwerp van vel waarin die plaag ontstaan, verbrand, want dit is kwaadaardige+ melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word. 53  “Maar as die priester kyk en die plaag nie in die kledingstuk of in die skering of in die inslag of in enige voorwerp van vel+ versprei het nie, 54  dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp was waarin die plaag is, en hy moet dit ’n tweede keer sewe dae onder kwarantyn plaas. 55  En die priester moet na die plaag kyk nadat dit uitgewas is, en as die plaag nog dieselfde lyk, al het die plaag nie versprei nie, is dit onrein. Jy moet dit met vuur verbrand. Dit is ’n dun plek op ’n verslete stuk aan die agterkant of aan die voorkant daarvan. 56  “Maar as die priester gekyk het en die plaag dof is nadat dit uitgewas is, dan moet hy dit uit die kledingstuk of die vel of die skering of die inslag uitskeur. 57  As dit egter nog steeds sigbaar is in die kledingstuk of in die skering of in die inslag+ of in enige voorwerp van vel, is dit aan die uitbreek. Jy moet die voorwerp waarin die plaag is, met vuur verbrand.+ 58  Wat die kledingstuk betref of die skering of die inslag of enige voorwerp van vel wat jy was, wanneer die plaag daaruit verdwyn het, dan moet dit ’n tweede keer gewas word; en dit sal rein wees. 59  “Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of van linne+ of in die skering of in die inslag of in enige voorwerp van vel, om dit rein te verklaar of om dit onrein te verklaar.”

Voetnote