Levitikus 15:1-33

15  En Jehovah het voortgegaan om met Moses en Aäron te praat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, en julle moet vir hulle sê: ‘As enige man ’n lopende afskeiding+ uit sy geslagsorgaan het, is sy afskeiding onrein.  En dít sal sy onreinheid deur sy afskeiding wees: Hetsy sy geslagsorgaan ’n lopende afskeiding laat vloei het of sy geslagsorgaan deur sy lopende afskeiding verstop is, dit is sy onreinheid.  “‘Elke bed waarop die een met ’n lopende afskeiding lê, sal onrein wees, en elke voorwerp waarop hy sit, sal onrein wees.  En iemand wat aan sy bed raak, moet sy klere was, en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.+  En elkeen wat op die voorwerp sit waarop die een met ’n lopende afskeiding gesit het, moet sy klere was,+ en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.  En elkeen wat aan die vlees van die een met ’n lopende afskeiding+ raak, moet sy klere was, en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.+  En as die een met ’n lopende afskeiding spoeg op iemand wat rein is, dan moet dié een sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.  En elke saal+ waarop die een met ’n lopende afskeiding gery het, sal onrein wees. 10  En elkeen wat aan enigiets raak wat onder hom is, sal tot die aand toe onrein wees; en hy wat dit dra, moet sy klere was, en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees. 11  En elkeen aan wie die een met ’n lopende afskeiding+ raak sonder dat hy sy hande in water afgespoel het, moet dan sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees. 12  En ’n erdehouer waaraan die een met ’n lopende afskeiding raak, moet gebreek word;+ en elke houthouer+ moet met water afgespoel word. 13  “‘En as die een met ’n lopende afskeiding rein word van sy lopende afskeiding, dan moet hy vir hom sewe dae vir sy reiniging tel,+ en hy moet sy klere was en sy vlees in lopende water bad;+ en hy sal rein wees. 14  En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe+ of twee jong duiwe neem, en hy moet voor Jehovah kom by die ingang van die tent van samekoms en hulle vir die priester gee. 15  En die priester moet hulle offer, die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer;+ en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah met betrekking tot sy lopende afskeiding. 16  “‘En as daar van ’n man ’n saadstorting+ uitgaan, dan moet hy sy vlees heeltemal in water bad en sal hy tot die aand toe onrein wees. 17  En elke kledingstuk en elke vel waarop die saadstorting kom, moet met water gewas word en sal tot die aand toe onrein wees.+ 18  “‘Wat ’n vrou betref by wie ’n man met ’n saadstorting gaan lê, hulle moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.+ 19  “‘En as ’n vrou ’n lopende afskeiding het, en haar lopende afskeiding in haar vlees bloed is,+ moet sy sewe dae in haar menstruele+ onreinheid+ bly, en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees. 20  En alles waarop sy in haar menstruele onreinheid lê, sal onrein wees,+ en alles waarop sy sit, sal onrein wees. 21  En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was, en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.+ 22  En elkeen wat aan enige voorwerp raak waarop sy gesit het, moet sy klere was, en hy moet in water bad en sal tot die aand toe onrein wees.+ 23  En as sy op die bed of op ’n ander voorwerp gesit het, sal hy, deurdat hy daaraan raak,+ tot die aand toe onrein wees. 24  En as ’n man wel by haar gaan lê en haar menstruele onreinheid op hom kom,+ dan sal hy sewe dae onrein wees, en elke bed waarop hy lê, sal onrein wees. 25  “‘Wat ’n vrou betref, as die lopende afskeiding van haar bloed baie dae lank vloei,+ terwyl dit nie die normale tyd van haar menstruele+ onreinheid is nie, of as haar vloeiing langer duur as haar menstruele onreinheid, sal al die dae van haar onrein lopende afskeiding wees soos die dae van haar menstruele onreinheid. Sy is onrein. 26  Elke bed waarop sy gedurende al die dae van haar lopende afskeiding lê, sal vir haar soos die bed van haar menstruele onreinheid word,+ en elke voorwerp waarop sy sit, sal onrein word soos die onreinheid van haar menstruele onreinheid. 27  En elkeen wat aan dié dinge raak,+ sal onrein wees, en hy moet sy klere was en in water bad en sal tot die aand toe onrein wees. 28  “‘As sy egter rein geword het van haar lopende afskeiding, dan moet sy vir haar sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.+ 29  En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe+ of twee jong duiwe neem, en sy moet hulle na die priester toe bring by die ingang van die tent van samekoms.+ 30  En die priester moet die een as ’n sondoffer en die ander as ’n brandoffer berei;+ en die priester moet vir haar versoening doen+ voor Jehovah met betrekking tot haar onrein lopende afskeiding. 31  “‘En julle moet die kinders van Israel afgesonderd hou van hulle onreinheid, sodat hulle nie in hulle onreinheid sterf, deurdat hulle my tabernakel, wat in hulle midde is, verontreinig nie.+ 32  “‘Dit is die wet oor die man wat ’n lopende afskeiding+ het en die man van wie ’n saadstorting+ uitgaan, sodat hy daardeur onrein word, 33  en oor die menstruerende+ vrou in haar onreinheid, en elkeen wie se lopende afskeiding vloei,+ hetsy ’n man of ’n vrou, en oor ’n man wat by ’n onrein vrou gaan lê.’”

Voetnote