Levitikus 16:1-34

16  En Jehovah het met Moses gepraat ná die dood van Aäron se twee seuns, wat gesterf het omdat hulle nader gekom het voor Jehovah.+  En Jehovah het vir Moses gesê: “Praat met jou broer Aäron dat hy nie te alle tye mag inkom in die heiligdom+ binne die voorhangsel,+ voor die deksel wat op die Ark is nie, sodat hy nie sterf nie;+ want in ’n wolk+ sal ek bokant die deksel verskyn.+  “Met die volgende moet Aäron in die heiligdom inkom:+ met ’n jong bul as ’n sondoffer+ en ’n ram as ’n brandoffer.+  Hy moet die heilige linnekleed+ aantrek, en die linnebroek+ moet oor sy vlees kom, en hy moet hom met die linnelyfband+ omgord en die linnetulband+ om sy kop bind. Dit is heilige klere.+ En hy moet sy vlees in water bad+ en dit aantrek.  “En van die vergadering van die kinders van Israel+ moet hy twee jong bokramme as ’n sondoffer+ en een ram as ’n brandoffer neem.+  “En Aäron moet die sondofferbul, wat vir hom is, aanbied,+ en hy moet vir hom+ en sy huis+ versoening doen.+  “En hy moet die twee bokke neem en hulle voor Jehovah stel by die ingang van die tent van samekoms.  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp,+ die een lot vir Jehovah en die ander lot vir Asaʹsel.+  En Aäron moet die bok aanbied waarop die lot+ vir Jehovah gekom het, en hy moet hom as ’n sondoffer berei.+ 10  Maar die bok waarop die lot vir Asaʹsel gekom het, moet lewend voor Jehovah gestel word, om vir hom versoening te doen, ten einde hom vir Asaʹsel weg te stuur,+ die wildernis in.+ 11  “En Aäron moet die sondofferbul, wat vir hom is, aanbied en vir hom en sy huis versoening doen; en hy moet die sondofferbul, wat vir hom is, slag.+ 12  “En hy moet die vuurbak+ vol brandende vuurkole van die altaar+ voor Jehovah neem, en die holtes van sy twee hande+ vol fyn welriekende reukwerk,+ en hy moet dit binne die voorhangsel bring.+ 13  Ook moet hy die reukwerk op die vuur plaas voor Jehovah,+ en die wolk van die reukwerk moet die deksel+ van die Ark, wat op die Getuienis+ is, oordek, sodat hy nie sterf nie. 14  “En hy moet van die bul se bloed neem+ en dit met sy vinger voor die deksel spat, aan die oostekant, en hy moet met sy vinger van die bloed sewe keer voor die deksel+ spat.+ 15  “En hy moet die sondofferbok slag, wat vir die volk is,+ en hy moet sy bloed binne die voorhangsel bring+ en met sy bloed doen+ soos hy met die bul se bloed gedoen het; en hy moet dit na die deksel toe en voor die deksel spat. 16  “En hy moet vir die heiligdom versoening doen met betrekking tot die onreinhede+ van die kinders van Israel en met betrekking tot hulle opstandige dade in al hulle sondes;+ en so moet hy doen vir die tent van samekoms, wat by hulle woon te midde van hulle onreinhede. 17  “En geen ander mens mag in die tent van samekoms wees vandat hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie; en hy moet vir hom+ en vir sy huis en vir die hele gemeente van Israel versoening doen.+ 18  “En hy moet uitgaan na die altaar,+ wat voor Jehovah is, en daarvoor versoening doen, en hy moet van die bul se bloed en van die bok se bloed neem en dit rondom aan die horings van die altaar smeer.+ 19  Ook moet hy met sy vinger van die bloed sewe keer daarop spat+ en dit reinig en dit heilig van die onreinhede van die kinders van Israel. 20  “Wanneer hy klaar versoening gedoen het+ vir die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar, moet hy ook die lewende bok aanbied.+ 21  En Aäron moet sy twee hande+ op die kop van die lewende bok lê en oor hom al die oortredings+ van die kinders van Israel en al hulle opstandige dade in al hulle sondes+ bely,+ en hy moet dit op die kop van die bok lê+ en hom wegstuur deur die hand van ’n man wat gereed staan,+ die wildernis in.+ 22  En die bok moet al hulle oortredings op hom dra+ na ’n woeste land,+ en hy moet die bok wegstuur, die wildernis in.+ 23  “En Aäron moet in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en hy moet dit daar neerlê.+ 24  En hy moet sy vlees op ’n heilige plek+ in water bad+ en sy klere aantrek+ en uitgaan en sy brandoffer+ en die volk se brandoffer+ bring en vir hom en vir die volk versoening doen.+ 25  En hy moet die vet van die sondoffer op die altaar laat rook.+ 26  “Wat die een+ betref wat die bok vir Asaʹsel+ weggestuur het, hy moet sy klere was, en hy moet sy vlees in water bad,+ en daarna mag hy in die kamp inkom. 27  “Maar die sondofferbul en die sondofferbok, waarvan die bloed ingebring is om in die heiligdom versoening te doen, moet hy buite die kamp laat uitbring; en hulle moet hulle velle en hulle vleis en hulle mis met vuur verbrand.+ 28  En hy wat hulle verbrand het, moet sy klere was, en hy moet sy vlees in water bad, en daarna mag hy in die kamp inkom. 29  “En dít moet vir julle ’n insetting tot onbepaalde tyd wees:+ In die sewende maand, op die tiende van die maand,+ moet julle julle siel kasty,+ en julle mag geen werk doen nie,+ nie die boorling of die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder julle woon nie. 30  Want op hierdie dag moet daar vir julle versoening+ gedoen word om julle rein te verklaar. Julle sal van al julle sondes rein wees voor Jehovah.+ 31  Dit is ’n sabbat+ van volkome rus vir julle, en julle moet julle siel kasty. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd. 32  “En die priester wat gesalf sal word+ en wie se hand met mag gevul sal word om as opvolger+ van sy vader as priester te dien,+ moet versoening doen en moet die linneklere aantrek.+ Dit is heilige klere.+ 33  En hy moet versoening doen vir die allerheiligste plek,+ en vir die tent+ van samekoms en vir die altaar+ moet hy versoening doen; en vir die priesters en vir die hele volk van die gemeente moet hy versoening doen.+ 34  En dit moet vir julle ’n insetting tot onbepaalde tyd wees,+ om een keer in die jaar vir die kinders van Israel versoening te doen met betrekking tot al hulle sondes.”+ Gevolglik het hy gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.

Voetnote