Levitikus 18:1-30

18  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Ek is Jehovah julle God.+  Soos Egipteland doen, waarin julle gewoon het, mag julle nie doen nie;+ en soos die land Kanaän doen, waarin ek julle bring, mag julle nie doen nie;+ en in hulle insettinge mag julle nie wandel nie.  My regterlike beslissings+ moet julle uitvoer, en my insettinge+ moet julle onderhou om daarin te wandel.+ Ek is Jehovah julle God.  En julle moet my insettinge en my regterlike beslissings onderhou, en as ’n mens dit nakom, sal hy ook daardeur lewe.+ Ek is Jehovah.+  “‘Niemand van julle mag naby enige vleeslike naverwant van hom kom om naaktheid te ontbloot nie.+ Ek is Jehovah.  Die naaktheid van jou vader+ en die naaktheid van jou moeder mag jy nie ontbloot nie. Sy is jou moeder. Jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie.  “‘Die naaktheid van jou vader se vrou mag jy nie ontbloot nie.+ Dit is jou vader se naaktheid.  “‘Wat die naaktheid van jou suster betref, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, hetsy in dieselfde huisgesin gebore of daarbuite gebore, jy mag hulle naaktheid nie ontbloot nie.+ 10  “‘Wat die naaktheid van die dogter van jou seun of die dogter van jou dogter betref, jy mag hulle naaktheid nie ontbloot nie, want hulle is jou naaktheid. 11  “‘Wat die naaktheid van die dogter van jou vader se vrou betref, die nakomeling van jou vader, jy mag, aangesien sy jou suster is, haar naaktheid nie ontbloot nie. 12  “‘Die naaktheid van jou vader se suster mag jy nie ontbloot nie. Sy is ’n bloedverwant van jou vader.+ 13  “‘Die naaktheid van jou moeder se suster mag jy nie ontbloot nie, want sy is ’n bloedverwant van jou moeder. 14  “‘Die naaktheid van jou vader se broer mag jy nie ontbloot nie. Jy mag nie naby sy vrou kom nie. Sy is jou tante.+ 15  “‘Die naaktheid van jou skoondogter+ mag jy nie ontbloot nie. Sy is jou seun se vrou. Jy mag haar naaktheid nie ontbloot nie. 16  “‘Die naaktheid van jou broer se vrou+ mag jy nie ontbloot nie. Dit is jou broer se naaktheid. 17  “‘Die naaktheid van ’n vrou en haar dogter mag jy nie ontbloot nie.+ Die dogter van haar seun en die dogter van haar dogter mag jy nie neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Dit is gevalle van bloedverwantskap. Dit is losbandige gedrag.+ 18  “‘En jy mag geen vrou by haar suster as mededingster+ byneem om haar naaktheid te ontbloot nie, dit wil sê, benewens haar gedurende haar lewe. 19  “‘En jy mag nie naby ’n vrou kom gedurende die menstruasie+ van haar onreinheid om haar naaktheid te ontbloot nie.+ 20  “‘En jy mag jou saadstorting nie aan die vrou van jou metgesel gee om daardeur onrein te word nie.+ 21  “‘En jy mag nie toelaat dat enigeen van jou nageslag aan Molog+ gewy word nie.+ Jy mag die naam van jou God nie op dié manier ontheilig nie.+ Ek is Jehovah.+ 22  “‘En jy mag nie by ’n manspersoon gaan lê+ soos jy by ’n vrou gaan lê nie.+ Dit is iets verfoeiliks. 23  “‘En jy mag jou saadstorting aan geen dier gee+ om daardeur onrein te word nie, en ’n vrou mag nie voor ’n dier gaan staan om daarmee gemeenskap te hê nie.+ Dit is ’n skending van wat natuurlik is. 24  “‘Julle moet julle nie deur enige van hierdie dinge onrein maak nie, want deur al hierdie dinge het die nasies wat ek voor julle wegstuur, hulle onrein gemaak.+ 25  Gevolglik is die land onrein, en ek sal straf daaroor bring vir sy oortreding, en die land sal sy inwoners uitbraak.+ 26  En julle moet my insettinge en my regterlike beslissings onderhou,+ en julle mag niks van al hierdie verfoeilike dinge doen nie, nie ’n boorling of ’n inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder julle woon nie.+ 27  Want die mense van die land, wat daar voor julle was, het al hierdie verfoeilike dinge gedoen,+ sodat die land onrein is. 28  Dan sal die land julle nie uitbraak omdat julle dit verontreinig nie, net soos dit beslis die nasies sal uitbraak wat daar voor julle was.+ 29  As iemand enigeen van al hierdie verfoeilike dinge doen, dan moet die siele wat dit doen, uitgeroei word onder hulle volk uit.+ 30  En julle moet julle verpligting teenoor my nakom om geeneen van die verfoeilike gebruike te beoefen wat voor julle beoefen is nie,+ sodat julle julle nie daardeur onrein maak nie. Ek is Jehovah julle God.’”

Voetnote