Levitikus 2:1-16

2  “‘En as ’n siel ’n graanoffer+ as offer vir Jehovah aanbied, moet sy offer fynmeel wees;+ en hy moet olie daaroor gooi en wierook daarop sit.  En hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring, en die priester moet daarvan ’n hand vol neem, van die fynmeel en die olie, tesame met al die wierook; en hy moet dit as ’n gedenkdeel+ daarvan op die altaar laat rook, as ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.  En wat van die graanoffer oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns,+ as iets hoogheiligs+ van Jehovah se vuuroffers.  “‘En as jy as offer ’n graanoffer aanbied in die vorm van iets wat in die oond gebak is, moet dit van fynmeel wees, ongesuurde ringvormige+ koeke met olie bevogtig of ongesuurde+ platkoeke met olie gesmeer.+  “‘En as jou offer ’n graanoffer van die bakplaat af is,+ moet dit van fynmeel wees met olie bevogtig, ongesuurd.  Dit moet in stukkies gebreek word, en jy moet olie daarop gooi.+ Dit is ’n graanoffer.  “‘En as jou offer ’n graanoffer uit die diepvetpot is, moet dit van fynmeel met olie gemaak word.  En jy moet die graanoffer wat hiervan gemaak is, aan Jehovah bring; en dit moet vir die priester aangebied word en hy moet dit na die altaar bring.  En die priester moet ’n deel van die graanoffer aflig as ’n gedenkdeel+ daarvan en moet dit op die altaar laat rook, as ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah.+ 10  En wat van die graanoffer oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns, as iets hoogheiligs van Jehovah se vuuroffers.+ 11  “‘Geen graanoffer wat julle vir Jehovah aanbied, moet as iets gesuurds gemaak word nie,+ want julle mag hoegenaamd geen suurdeeg en geen heuning as ’n vuuroffer aan Jehovah laat rook nie. 12  “‘As ’n offer van die eerstelinge+ moet julle dit vir Jehovah aanbied, en dit mag nie op die altaar kom as ’n rustige geur nie. 13  “‘En elke offer van jou graanoffer moet jy smaaklik maak met sout;+ en jy mag die sout van die verbond+ van jou God op jou graanoffer nie laat ontbreek nie. By al jou offers moet jy sout aanbied. 14  “‘En as jy die graanoffer van die eerste ryp vrugte vir Jehovah aanbied, moet jy groen are wat oor die vuur gebraai is, die gebreekte korrels van nuwe graan, as die graanoffer van jou eerste ryp vrugte+ aanbied. 15  En jy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit. Dit is ’n graanoffer.+ 16  En die priester moet die gedenkdeel+ daarvan, dit wil sê ’n deel van die gebreekte korrels en olie, tesame met al die wierook, as ’n vuuroffer aan Jehovah laat rook.

Voetnote