Levitikus 20:1-27

20  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Jy moet vir die kinders van Israel sê: ‘Enige man van die kinders van Israel en enige inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling in Israel woon, wat enigeen van sy nageslag aan Molog gee,+ moet vir seker doodgemaak word. Die volk van die land moet hom met klippe doodgooi.  En wat my betref, ek sal my aangesig teen dié man rig, en ek sal hom uitroei onder sy volk uit,+ want hy het van sy nageslag aan Molog gegee met die doel om my heiligdom te verontreinig+ en my heilige naam te ontheilig.+  En as die volk van die land hulle oë opsetlik verberg vir dié man wanneer hy van sy nageslag aan Molog gee, deur hom nie dood te maak nie,+  dan sal ek beslis my aangesig teen dié man en sy familie rig,+ en ek sal hom en almal wat saam met hom onsedelike gemeenskap het deur onsedelike gemeenskap+ met Molog te hê, inderdaad uitroei onder hulle volk uit.  “‘Wat die siel betref wat hom tot die geestemediums+ en die beroepsvoorspellers+ van gebeure wend om onsedelike gemeenskap met hulle te hê, ek sal beslis my aangesig teen dié siel rig en hom uitroei onder sy volk uit.+  “‘En julle moet julle heilig en julle moet heilig wees,+ want ek is Jehovah julle God.  En julle moet my insettinge onderhou en dit uitvoer.+ Ek is Jehovah wat julle heilig.+  “‘As iemand ’n vloek oor sy vader en sy moeder uitspreek,+ moet hy vir seker doodgemaak word.+ Oor sy vader en sy moeder het hy ’n vloek uitgespreek. Sy bloed is op hom.+ 10  “‘En ’n man wat egbreuk pleeg met ’n ander man se vrou, pleeg egbreuk met die vrou van sy medemens.+ Hy moet vir seker doodgemaak word, die egbreker sowel as die egbreekster.+ 11  En ’n man wat by sy vader se vrou gaan lê, het die naaktheid van sy vader ontbloot.+ Hulle moet albei vir seker doodgemaak word. Hulle bloed is op hulle. 12  En wanneer ’n man by sy skoondogter gaan lê, moet hulle albei vir seker doodgemaak word.+ Hulle het geskend wat natuurlik is. Hulle bloed is op hulle.+ 13  “‘En wanneer ’n man by ’n manspersoon gaan lê soos ’n mens by ’n vrou gaan lê, het hulle albei iets verfoeiliks gedoen.+ Hulle moet vir seker doodgemaak word. Hulle bloed is op hulle. 14  “‘En wanneer ’n man ’n vrou en haar moeder neem, is dit losbandige gedrag.+ Hulle moet hom en hulle met vuur verbrand,+ sodat geen losbandige gedrag+ onder julle bly bestaan nie. 15  “‘En wanneer ’n man sy saadstorting aan ’n dier gee,+ moet hy vir seker doodgemaak word, en julle moet die dier doodmaak. 16  En wanneer ’n vrou naby enige dier kom om daarmee gemeenskap te hê,+ moet jy die vrou en die dier doodmaak. Hulle moet vir seker doodgemaak word. Hulle bloed is op hulle. 17  “‘En wanneer ’n man sy suster neem, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, en hy haar naaktheid sien, en sy sy naaktheid sien, is dit ’n skande.+ Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Die naaktheid van sy suster het hy ontbloot. Hy moet verantwoording doen vir sy oortreding. 18  “‘En wanneer ’n man by ’n vrou gaan lê gedurende haar menstruasie en haar naaktheid ontbloot, het hy haar bron ontbloot, en sy het die bron van haar bloed ontbloot.+ Daarom moet hulle albei uitgeroei word onder hulle volk uit. 19  “‘En die naaktheid van jou moeder se suster+ en van jou vader se suster+ mag jy nie ontbloot nie, want dit is sy bloedverwant wat hy ontbloot het.+ Hulle moet verantwoording doen vir hulle oortreding. 20  En ’n man wat by sy oom se vrou gaan lê, het die naaktheid van sy oom ontbloot.+ Hulle moet verantwoording doen vir hulle sonde. Hulle moet kinderloos sterf.+ 21  En wanneer ’n man sy broer se vrou neem, is dit iets afskuweliks.+ Die naaktheid van sy broer het hy ontbloot. Hulle moet kinderloos wees. 22  “‘En julle moet al my insettinge+ en al my regterlike beslissings+ onderhou en dit nakom, sodat die land waarheen ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitbraak nie.+ 23  En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasies wat ek voor julle wegstuur nie,+ want hulle het al hierdie dinge gedoen en ek verafsku hulle.+ 24  Daarom het ek vir julle gesê:+ “Wat julle betref, julle sal hulle land in besit neem, en wat my betref, ek sal dit aan julle gee om dit in besit te neem, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ Ek is Jehovah julle God, wat julle van die volke afgesonder het.”+ 25  En julle moet ’n onderskeid maak tussen die rein dier en die onreine en tussen die onrein voël en die reine;+ en julle mag julle siel nie ’n gruwel maak+ deur die dier en die voël en enigiets wat op die aarde kruip nie, wat ek vir julle afgeskei het deur dit onrein te verklaar. 26  En julle moet vir my heilig wees,+ want ek, Jehovah, is heilig;+ en ek sonder julle van die volke af om myne te word.+ 27  “‘En wat ’n man of vrou betref in wie daar ’n mediumistiese of ’n voorspellende gees is,+ hulle moet vir seker doodgemaak word.+ Hulle moet met klippe doodgegooi word. Hulle bloed is op hulle.’”+

Voetnote