Levitikus 21:1-24

21  En Jehovah het verder vir Moses gesê: “Praat met die priesters, Aäron se seuns, en jy moet vir hulle sê: ‘Vir ’n afgestorwe siel mag niemand hom verontreinig onder sy volk nie.+  Maar vir sy bloedverwant wat na aan hom is, vir sy moeder en vir sy vader en vir sy seun en vir sy dogter en vir sy broer  en vir sy suster, ’n maagd wat na aan hom is, wat nie aan ’n man behoort nie, vir haar mag hy hom verontreinig.  Hy mag hom nie verontreinig vir ’n vrou wat besit word deur ’n eienaar onder sy volk, sodat hy hom ontheilig nie.  Hulle mag op hulle kop geen kaalte maak nie,+ en die rand van hulle baard mag hulle nie skeer nie,+ en in hulle vlees mag hulle geen insnyding maak nie.+  Hulle moet heilig wees vir hulle God,+ en hulle moet die naam van hulle God nie ontheilig nie,+ want hulle bied Jehovah se vuuroffers aan, die brood van hulle God;+ en hulle moet heilig wees.+  ’n Prostituut+ of ’n onteerde vrou mag hulle nie neem nie; en ’n vrou wat van haar man geskei is,+ mag hulle nie neem nie,+ want hy is heilig vir sy God.  Daarom moet jy hom heilig,+ want hy bied die brood van jou God aan. Hy moet vir jou heilig wees,+ want ek, Jehovah, wat julle heilig, is heilig.+  “‘En as die dogter van ’n priester haar ontheilig deur prostitusie te pleeg, ontheilig sy haar vader. Sy moet met vuur verbrand word.+ 10  “‘En hy wat die hoëpriester onder sy broers is, op wie se kop die salfolie uitgegiet word+ en wie se hand met mag gevul is om die klere te dra,+ hy mag sy kop nie onversorg laat nie,+ en hy mag sy klere nie skeur nie.+ 11  En hy mag by geen dooie siel kom nie.+ Vir sy vader en sy moeder mag hy hom nie verontreinig nie. 12  Ook mag hy uit die heiligdom nie uitgaan nie en die heiligdom van sy God nie ontheilig nie,+ want die toewydingsteken, die salfolie van sy God,+ is op hom. Ek is Jehovah. 13  “‘En hy moet ’n vrou in haar maagdelike staat neem.+ 14  ’n Weduwee of ’n geskeide vrou en een wat onteer is, ’n prostituut—geeneen van hulle mag hy neem nie, maar hy moet ’n maagd uit sy volk as vrou neem. 15  En hy mag nie sy saad onder sy volk ontheilig nie,+ want ek is Jehovah wat hom heilig.’”+ 16  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 17  “Praat met Aäron en sê: ‘Geen man van jou saad, in al hulle geslagte, aan wie daar ’n gebrek is,+ mag nader kom om die brood van sy God aan te bied nie.+ 18  As daar enige man is aan wie daar ’n gebrek is, mag hy nie nader kom nie: ’n man wat blind of kreupel is of ’n gesplete neus het of ’n liggaamsdeel wat te lank is,+ 19  of ’n man wat ’n gebreekte voet of ’n gebreekte hand het, 20  of wat ’n boggelrug het of uitgeteer is of ’n siekte aan sy oë of skurfte of omlope of verbryselde testikels het.+ 21  Geen man van die saad van Aäron, die priester, aan wie ’n gebrek is, mag nader kom om Jehovah se vuuroffers aan te bied nie.+ Daar is ’n gebrek aan hom. Hy mag nie nader kom om die brood van sy God aan te bied nie.+ 22  Hy mag die brood van sy God eet uit die hoogheilige dinge+ en uit die heilige dinge.+ 23  Hy mag egter nie inkom naby die voorhangsel nie,+ en hy mag nie nader kom na die altaar nie,+ want daar is ’n gebrek aan hom;+ en hy mag nie my heiligdom ontheilig nie,+ want ek is Jehovah wat hulle heilig.’”+ 24  So het Moses met Aäron en sy seuns en al die kinders van Israel gepraat.

Voetnote