Levitikus 23:1-44

23  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Die seisoenfeeste+ van Jehovah wat julle moet uitroep,+ is heilige byeenkomste. Dít is my seisoenfeeste:  “‘Ses dae mag werk gedoen word, maar op die sewende dag is ’n sabbat van volkome rus,+ ’n heilige byeenkoms. Julle mag géén werk doen nie. Dit is ’n sabbat vir Jehovah in al die plekke waar julle woon.+  “‘Dít is die seisoenfeeste+ van Jehovah, heilige byeenkomste,+ wat julle op hulle vasgestelde tye+ moet uitroep:  In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand,+ tussen die twee aande is die pasga+ vir Jehovah.  “‘En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde koeke vir Jehovah.+ Sewe dae moet julle ongesuurde koeke eet.+  Op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige byeenkoms wees.+ Géén swaar werk mag julle doen nie.  Maar julle moet sewe dae lank ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Op die sewende dag moet daar ’n heilige byeenkoms wees. Géén swaar werk mag julle doen nie.’”  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 10  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘Wanneer julle uiteindelik in die land kom wat ek aan julle gee en julle die oes daarvan ingesamel het, dan moet julle ’n gerf van die eerstelinge+ van julle oes na die priester toe bring. 11  En hy moet die gerf voor Jehovah heen en weer beweeg+ om vir julle goedkeuring te verkry. Die dag net ná die sabbat moet die priester dit heen en weer beweeg. 12  En op die dag dat julle die gerf heen en weer laat beweeg, moet julle ’n jong ram sonder gebrek, in sy eerste jaar, as ’n brandoffer aan Jehovah bring, 13  en as die graanoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ’n efa fynmeel met olie bevogtig, as ’n vuuroffer aan Jehovah, ’n rustige geur, en as die drankoffer wat daarby behoort, ’n kwart hin wyn. 14  En julle mag geen brood of geroosterde graan of nuwe graan eet tot op dié dag nie,+ totdat julle die offer van julle God gebring het. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir julle geslagte in al die plekke waar julle woon. 15  “‘En van die dag ná die sabbat, van die dag af dat julle die gerf van die beweegoffer gebring het, moet julle vir julle sewe sabbatte tel.+ Dit moet volle weke wees. 16  Tot die dag ná die sewende sabbat moet julle tel, vyftig dae,+ en julle moet ’n nuwe graanoffer+ vir Jehovah aanbied. 17  Uit julle woonplekke moet julle twee brode+ as ’n beweegoffer bring. Hulle moet van twee tiendes van ’n efa fynmeel wees. Hulle moet gesuurd+ gebak word, as eerste ryp vrugte vir Jehovah.+ 18  En saam met die brode moet julle sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek+ en een jong bul en twee ramme aanbied. Hulle moet ’n brandoffer aan Jehovah wees saam met die graanoffer en die drankoffers wat daarby behoort, as ’n vuuroffer van ’n rustige geur aan Jehovah. 19  En julle moet een boklam+ as ’n sondoffer offer en twee jaaroud ramlammers as ’n gemeenskapsoffer.+ 20  En die priester moet hulle saam met die brode van die eerste ryp vrugte as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer beweeg,+ tesame met die twee ramlammers. Dit moet die priester s’n word as iets heiligs vir Jehovah.+ 21  En julle moet op dié dag ’n aankondiging doen;+ daar sal vir julle ’n heilige byeenkoms wees. Géén swaar werk mag julle doen nie. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd in al julle woonplekke vir julle geslagte. 22  “‘En wanneer julle die oes van julle land insamel, moet jy die rand van jou land nie heeltemal afoes wanneer jy oes nie, en die oorblyfsels van jou oes moet jy nie optel nie.+ Jy moet dit vir die geteisterde+ en die inwonende vreemdeling+ laat oorbly. Ek is Jehovah julle God.’” 23  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 24  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘In die sewende maand,+ op die eerste van die maand, moet daar vir julle volkome rus wees, ’n gedenkdag deur trompetgeskal,+ ’n heilige byeenkoms.+ 25  Géén swaar werk mag julle doen nie, en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied.’” 26  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 27  “Maar op die tiende van hierdie sewende maand is die versoendag.+ ’n Heilige byeenkoms moet daar vir julle wees, en julle moet julle siel kasty+ en ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied.+ 28  En op dié dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen+ voor Jehovah julle God; 29  want elke siel wat hom op dié dag nie kasty nie, moet uit sy volk uitgeroei word.+ 30  En elke siel wat op dié dag enige soort werk doen, dié siel sal ek onder sy volk uit vernietig.+ 31  Julle mag géén werk doen nie.+ Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir julle geslagte in al die plekke waar julle woon. 32  Dit is vir julle ’n sabbat van volkome rus,+ en julle moet julle siel kasty+ op die negende van die maand, in die aand. Van aand tot aand moet julle julle sabbat hou.” 33  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 34  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is die huttefees vir Jehovah, sewe dae lank.+ 35  Op die eerste dag is ’n heilige byeenkoms. Géén swaar werk mag julle doen nie. 36  Sewe dae lank moet julle ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige byeenkoms wees,+ en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Dit is ’n plegtige vergadering. Géén swaar werk mag julle doen nie. 37  “‘Dit is die seisoenfeeste+ van Jehovah wat julle as heilige byeenkomste moet uitroep,+ om ’n vuuroffer+ vir Jehovah aan te bied: die brandoffer+ en die graanoffer+ van die offerande en die drankoffers+ volgens die daaglikse voorskrif, 38  behalwe die sabbatte van Jehovah+ en behalwe julle gawes+ en behalwe al julle gelofteoffers+ en behalwe al julle vrywillige gawes,+ wat julle aan Jehovah moet gee. 39  Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, wanneer julle die opbrengs van die land ingesamel het, moet julle die fees+ van Jehovah sewe dae lank+ vier. Op die eerste dag is daar volkome rus en op die agtste dag is daar volkome rus.+ 40  En op die eerste dag moet julle vir julle die vrugte van pragtige bome neem, die blare van palmbome+ en die takke van digte bome en populiere van die stroomvallei, en julle moet sewe dae lank voor Jehovah julle God vrolik wees.+ 41  En julle moet dit sewe dae in die jaar as ’n fees vir Jehovah vier.+ As ’n insetting tot onbepaalde tyd in julle geslagte moet julle dit in die sewende maand vier. 42  In die hutte moet julle sewe dae woon.+ Al die boorlinge van Israel moet in die hutte woon,+ 43  sodat julle geslagte kan weet+ dat ek die kinders van Israel in die hutte laat woon het toe ek hulle uit Egipteland uitgelei het.+ Ek is Jehovah julle God.’” 44  So het Moses met die kinders van Israel oor die seisoenfeeste+ van Jehovah gepraat.

Voetnote