Levitikus 24:1-23

24  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê:  “Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig bring,+ om die lamp voortdurend te laat brand.+  Buite die voorhangsel van die Getuienis in die tent van samekoms moet Aäron dit voortdurend, van die aand tot die oggend, voor Jehovah versorg. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd in julle geslagte.  Op die lampstaander+ van suiwer goud moet hy die lampe+ voortdurend voor Jehovah versorg.+  “En jy moet fynmeel neem en twaalf ringvormige koeke daarvan bak. Twee tiendes van ’n efa moet vir elke ringvormige koek gebruik word.  En jy moet hulle in twee stapels, ses in ’n stapel,+ op die tafel van suiwer goud neersit voor Jehovah.+  En jy moet suiwer wierook op elke stapel sit, en dit moet dien as die brood vir ’n gedenkdeel,+ ’n vuuroffer aan Jehovah.  Op die een sabbatdag na die ander moet hy dit voortdurend regsit+ voor Jehovah. Dit is ’n verbond tot onbepaalde tyd met die kinders van Israel.  En dit moet Aäron en sy seuns s’n word,+ en hulle moet dit op ’n heilige plek eet,+ want dit is iets hoogheiligs vir hom uit Jehovah se vuuroffers, as ’n voorskrif tot onbepaalde tyd.” 10  En ’n seun van ’n Israelitiese vrou, maar wat die seun van ’n Egiptiese man was,+ het uitgegaan tussen die kinders van Israel in, en die seun van die Israelitiese vrou en ’n Israelitiese man het in die kamp met mekaar begin baklei.+ 11  En die seun van die Israelitiese vrou het die Naam+ begin smaad en ’n vloek daaroor uitgespreek.+ Daarom het hulle hom na Moses toe gebring.+ Terloops, sy moeder se naam was Seʹlomit, die dogter van Dibri, van die stam Dan. 12  Toe het hulle hom onder bewaking gestel+ totdat hulle ’n uitdruklike verklaring sou kry volgens die uitspraak van Jehovah.+ 13  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê: 14  “Bring die een wat die vloek uitgespreek het, uit tot buite die kamp;+ en almal wat hom gehoor het, moet hulle hande+ op sy kop lê, en die hele vergadering moet hom met klippe gooi.+ 15  En jy moet met die kinders van Israel praat en sê: ‘As ’n man ’n vloek oor sy God uitspreek, dan moet hy verantwoording doen vir sy sonde. 16  Die smader van Jehovah se naam moet dus vir seker doodgemaak word.+ Die hele vergadering moet hom vir seker met klippe gooi. Die inwonende vreemdeling sowel as die boorling moet doodgemaak word as hy die Naam smaad.+ 17  “‘En as ’n man enige mensesiel doodslaan, moet hy vir seker doodgemaak word.+ 18  En wie die siel van ’n mak dier doodslaan, moet daarvoor vergoeding gee, siel vir siel.+ 19  En as ’n man aan sy metgesel ’n gebrek veroorsaak, dan moet aan hom gedoen word net soos hy gedoen het.+ 20  Breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand; dieselfde soort gebrek wat hy aan die mens veroorsaak, moet aan hom veroorsaak word.+ 21  En wie ’n dier doodslaan,+ moet daarvoor vergoeding gee,+ maar wie ’n mens doodslaan, moet doodgemaak word.+ 22  “‘Een regterlike beslissing moet vir julle geld. Die inwonende vreemdeling moet net soos die boorling wees,+ want ek is Jehovah julle God.’”+ 23  Daarna het Moses met die kinders van Israel gepraat, en hulle het die een wat die vloek uitgespreek het, uitgebring tot buite die kamp, en hulle het hom met klippe gegooi.+ So het die kinders van Israel gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.

Voetnote