Levitikus 27:1-34

27  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘As ’n man deur ’n spesiale gelofte+ siele vir Jehovah aanbied volgens die geskatte waarde,  en die geskatte waarde dié van ’n man van twintig jaar oud tot sestig jaar oud moet wees, dan moet die geskatte waarde vyftig sikkels silwer wees volgens die sikkel van die heiligdom.  Maar as dit ’n vrou is, dan moet die geskatte waarde dertig sikkels wees.  En as die ouderdom van vyf jaar oud tot twintig jaar oud is, dan moet die geskatte waarde van iemand van die manlike geslag twintig sikkels wees en vir die vroulike geslag tien sikkels.  En as die ouderdom van ’n maand oud tot vyf jaar oud is, dan moet die geskatte waarde van iemand van die manlike geslag vyf+ sikkels silwer wees en moet die geskatte waarde vir die vroulike geslag drie sikkels silwer wees.  “‘En as die ouderdom sestig jaar en ouer is, dan moet die geskatte waarde, as dit ’n man is, vyftien sikkels wees en vir die vrou tien sikkels.  Maar as hy te arm geword het vir die geskatte waarde,+ dan moet hy die persoon voor die priester stel, en die priester moet aan hom ’n waarde toeken.+ Volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het,+ moet die priester aan hom ’n waarde toeken.  “‘En as dit ’n dier is, soos wat ’n mens as ’n offer vir Jehovah kan aanbied, sal alles wat hy aan Jehovah gee, iets heiligs word.+ 10  Hy mag dit nie vervang nie, en hy mag dit nie omruil, goed vir sleg of sleg vir goed nie. Maar as hy dit hoegenaamd omruil, dier vir dier, dan moet dít en wat daarvoor omgeruil is, iets heiligs word. 11  En as dit enige onrein+ dier is, soos wat ’n mens nie as ’n offer vir Jehovah mag aanbied nie,+ dan moet hy die dier voor die priester stel.+ 12  En die priester moet ’n waarde daaraan toeken, of dit goed of sleg is. Volgens die waarde wat deur die priester geskat word,+ so moet dit wees. 13  Maar as hy dit hoegenaamd wil terugkoop, dan moet hy ’n vyfde+ daarvan by die geskatte waarde voeg. 14  “‘En as ’n man sy huis heilig as iets heiligs aan Jehovah, dan moet die priester die waarde daarvan bepaal, of dit goed of sleg is.+ Volgens die waarde wat die priester daarvoor bepaal, soveel moet dit kos. 15  Maar as hy wat dit geheilig het, sy huis wil terugkoop, dan moet hy ’n vyfde van die geld van die geskatte waarde daarby voeg;+ en dit sal syne word. 16  “‘En as ’n man ’n stuk grond van sy besitting+ aan Jehovah heilig, dan moet die waarde geskat word na gelang van die saad daarvoor: as dit ’n homer+ garssaad is, dan op vyftig sikkels silwer. 17  As hy sy stuk grond van die Jubeljaar+ af heilig, moet dit soveel kos as wat die geskatte waarde is. 18  En as hy sy stuk grond ná die Jubeljaar heilig, dan moet die priester vir hom die prys bereken na gelang van die jare wat tot die volgende Jubeljaar oor is, en ’n aftrekking moet van die geskatte waarde gemaak word.+ 19  Maar as hy wat dit geheilig het, die stuk grond hoegenaamd terugkoop, dan moet hy ’n vyfde van die geld van die geskatte waarde daarby voeg, en dit sal syne bly.+ 20  En as hy die stuk grond nie terugkoop nie, maar as die stuk grond aan ’n ander man verkoop word, mag dit nie meer teruggekoop word nie. 21  En wanneer die stuk grond in die Jubeljaar uitgaan, sal dit iets heiligs vir Jehovah word, soos ’n stuk grond wat gewy is.+ Dit sal in die besit van die priester kom.+ 22  “‘En as hy ’n stuk grond aan Jehovah heilig wat deur hom gekoop is, wat geen deel van die grond van sy besitting is nie,+ 23  dan moet die priester vir hom die bedrag van die waardebepaling tot die Jubeljaar bereken, en hy moet die geskatte waarde op dié dag gee.+ Dit is iets heiligs vir Jehovah.+ 24  In die Jubeljaar sal die grond teruggaan na hom van wie hy dit gekoop het, na hom aan wie die besitting van die grond behoort.+ 25  “‘En elke waarde moet volgens die sikkel van die heiligdom geskat word. Die sikkel moet twintig gera wees.+ 26  “‘Net die eersgeborene onder die diere, wat as die eersgeborene vir Jehovah gebore word,+ dit mag geen man heilig nie. Hetsy dit ’n bul of ’n skaap is, dit behoort aan Jehovah.+ 27  En as dit onder die onrein diere+ is en hy dit volgens die geskatte waarde moet loskoop, dan moet hy ’n vyfde daarvan byvoeg.+ Maar as dit nie teruggekoop word nie, dan moet dit volgens die geskatte waarde verkoop word. 28  “‘Maar niks wat gewy is, wat ’n man aan Jehovah wy om vernietig te word,+ van alles wat syne is, of dit uit mense of diere of uit die grond van sy besitting is, mag verkoop word nie, en niks wat gewy is, mag teruggekoop word nie.+ Dit is iets hoogheiligs vir Jehovah. 29  Niemand wat gewy is, wat onder die mense gewy is om vernietig te word, mag losgekoop word nie.+ Hy moet vir seker doodgemaak word.+ 30  “‘En al die tiendes+ van die land, van die saad van die land en die vrugte van die bome, behoort aan Jehovah. Dit is iets heiligs vir Jehovah. 31  En as ’n man hoegenaamd iets van sy tiende wil terugkoop, moet hy ’n vyfde daarvan byvoeg.+ 32  Wat al die tiendes van die beeste en kleinvee betref, alles wat onder die herderstaf deurgaan,+ die tiende dier moet iets heiligs vir Jehovah word. 33  Hy mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en ook mag hy dit nie omruil nie. Maar as hy dit hoegenaamd omruil, dan moet dít en wat daarvoor omgeruil is, iets heiligs word.+ Dit mag nie teruggekoop word nie.’” 34  Dit is die gebooie+ wat Jehovah op die berg Siʹnai aan Moses gegee het+ as bevele vir die kinders van Israel.

Voetnote