Levitikus 3:1-17

3  “‘En as sy offer ’n gemeenskapsoffer+ is, as hy dit uit die beeste aanbied, hetsy ’n bul of ’n koei, moet hy een sonder gebrek+ voor Jehovah aanbied.  En hy moet sy hand op die kop+ van sy offer lê, en dit moet by die ingang van die tent van samekoms geslag word; en Aäron se seuns, die priesters, moet die bloed rondom op die altaar sprinkel.  En hy moet ’n deel van die gemeenskapsoffer as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied, naamlik die vet+ wat die ingewande bedek, ja, al die vet wat oor die ingewande is,+  en die twee niere+ en die vet wat daaraan is, dié wat aan die lendene is. En wat die aanhangsel aan die lewer betref, hy moet dit saam met die niere verwyder.  En Aäron se seuns+ moet dit op die altaar laat rook,+ op die brandoffer wat op die hout+ op die vuur is, as ’n vuuroffer van ’n rustige geur+ aan Jehovah.  “‘En as sy offer uit die kleinvee is as ’n gemeenskapsoffer aan Jehovah, ’n ram of ’n ooi, moet hy een sonder gebrek+ aanbied.  As hy ’n jong ram as sy offer aanbied, dan moet hy dit voor Jehovah aanbied.+  En hy moet sy hand op die kop+ van sy offer lê, en dit moet voor die tent van samekoms geslag+ word; en Aäron se seuns moet die bloed daarvan rondom op die altaar sprinkel.  En van die gemeenskapsoffer moet hy die vet as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied.+ Die hele vetstert+ moet hy naby die rugstring verwyder, en die vet wat die ingewande bedek, ja, al die vet wat aan die ingewande is,+ 10  asook die twee niere en die vet wat daaraan is, dié wat aan die lendene is. En wat die aanhangsel+ aan die lewer betref, hy moet dit saam met die niere verwyder. 11  En die priester moet dit op die altaar as voedsel+ laat rook,+ ’n vuuroffer aan Jehovah. 12  “‘En as sy offer ’n bok+ is, dan moet hy dit voor Jehovah aanbied. 13  En hy moet sy hand op die kop+ daarvan lê, en dit moet voor die tent van samekoms geslag word;+ en Aäron se seuns moet die bloed daarvan rondom op die altaar sprinkel. 14  En hy moet daarvan as sy offer, as ’n vuuroffer aan Jehovah, die vet aanbied wat die ingewande bedek, ja, al die vet wat aan die ingewande is,+ 15  asook die twee niere en die vet wat daaraan is, dié wat aan die lendene is. En wat die aanhangsel aan die lewer betref, hy moet dit saam met die niere verwyder. 16  En die priester moet dit op die altaar as voedsel laat rook, ’n vuuroffer vir ’n rustige geur. Al die vet behoort aan Jehovah.+ 17  “‘Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir julle geslagte, in al julle woonplekke: Julle mag hoegenaamd geen vet en geen bloed+ eet nie.’”

Voetnote