Levitikus 4:1-35

4  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘As ’n siel+ onopsetlik sondig+ in enige van die dinge wat Jehovah beveel nie gedoen mag word nie, en hy wel een daarvan doen:  “‘As die priester, die gesalfde,+ sondig+ en so skuld op die volk bring, dan moet hy vir sy sonde+ wat hy gepleeg het, ’n jong bul sonder gebrek vir Jehovah as ’n sondoffer aanbied.  En hy moet die bul na die ingang van die tent van samekoms+ voor Jehovah bring en sy hand op die bul se kop lê,+ en hy moet die bul voor Jehovah slag.  En die priester, die gesalfde,+ moet van die bul se bloed neem en dit in die tent van samekoms inbring;  en die priester moet sy vinger in die bloed doop+ en van die bloed sewe keer+ voor Jehovah spat, voor die voorhangsel van die heiligdom.  En die priester moet van die bloed smeer aan die horings+ van die altaar van welriekende reukwerk, wat in die tent van samekoms is, voor Jehovah, en die res van die bul se bloed moet hy alles aan die voet+ van die brandofferaltaar uitgiet, wat by die ingang van die tent van samekoms is.  “‘Wat al die vet van die sondofferbul betref, hy moet die vet wat die ingewande bedek van hom aflig, ja, al die vet wat oor die ingewande is,+  asook die twee niere en die vet wat daaraan is, dié wat aan die lendene is. En wat die aanhangsel aan die lewer betref, hy moet dit saam met die niere verwyder.+ 10  Dit sal dieselfde wees as wat van ’n bul van die gemeenskapsoffer afgelig word.+ En die priester moet dit op die brandofferaltaar laat rook.+ 11  “‘Maar wat die vel van die bul betref en al sy vleis met sy kop en sy pote en sy ingewande en sy mis,+ 12  hy moet die hele bul buitekant die kamp+ laat neem, na ’n rein plek waar die vetterige as+ uitgegooi word, en hy moet dit op hout met vuur verbrand.+ Waar die vetterige as uitgegooi word, moet dit verbrand word. 13  “‘En as die hele vergadering van Israel ’n fout begaan,+ en die saak vir die oë van die gemeente verborge was, deurdat hulle een van al die dinge gedoen het wat Jehovah beveel nie gedoen mag word nie en hulle sodoende skuldig geword het,+ 14  en die sonde wat hulle daarteen gepleeg het, bekend geword het,+ dan moet die gemeente ’n jong bul as ’n sondoffer aanbied en dit voor die tent van samekoms bring. 15  En die ouer manne van die vergadering moet voor Jehovah hulle hande op die bul se kop lê,+ en die bul moet voor Jehovah geslag word. 16  “‘Dan moet die priester, die gesalfde,+ van die bul se bloed in die tent van samekoms inbring.+ 17  En die priester moet sy vinger in van die bloed doop en dit sewe keer voor Jehovah spat, voor die voorhangsel.+ 18  En hy moet van die bloed aan die horings van die altaar+ smeer wat voor Jehovah in die tent van samekoms is; en die res van die bloed moet hy aan die voet van die brandofferaltaar+ uitgiet, wat by die ingang van die tent van samekoms is. 19  En hy moet al die vet van hom aflig, en hy moet dit op die altaar laat rook.+ 20  En hy moet met die bul doen net soos hy met die ander sondofferbul gedoen het. So moet hy daarmee doen; en die priester moet vir hulle versoening doen,+ en so sal dit hulle vergewe word. 21  En hy moet die bul buitekant die kamp laat neem en dit verbrand, net soos hy die eerste bul verbrand het.+ Dit is ’n sondoffer vir die gemeente.+ 22  “‘Wanneer ’n owerste+ sondig en onopsetlik een van al die dinge doen wat Jehovah sy God beveel nie gedoen mag word nie,+ en hy sodoende skuldig geword het, 23  of sy sonde wat hy teen die gebod gepleeg het, aan hom bekend gemaak is,+ dan moet hy as sy offer ’n jong bokram+ sonder gebrek bring. 24  En hy moet sy hand op die kop van die jong bok lê+ en dit slag op die plek waar die brandoffer gereeld voor Jehovah geslag word.+ Dit is ’n sondoffer.+ 25  En die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings+ van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die brandofferaltaar uitgiet. 26  En hy moet al die vet daarvan op die altaar laat rook soos die vet van die gemeenskapsoffer;+ en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde,+ en so sal dit hom vergewe word. 27  “‘En as enige siel van die volk van die land onopsetlik sondig deurdat hy een van die dinge doen wat Jehovah beveel nie gedoen mag word nie en hy skuldig word,+ 28  of sy sonde wat hy gepleeg het, aan hom bekend gemaak is, dan moet hy as sy offer ’n jong bokooi+ sonder gebrek bring vir sy sonde wat hy gepleeg het. 29  En hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê+ en die sondoffer slag op dieselfde plek as die brandoffer.+ 30  En die priester moet van die bloed daarvan met sy vinger neem en dit aan die horings+ van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgiet.+ 31  En hy moet al die vet daarvan verwyder,+ net soos die vet van die gemeenskapsoffer af verwyder is;+ en die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n rustige geur vir Jehovah;+ en die priester moet vir hom versoening doen, en so sal dit hom vergewe word.+ 32  “‘Maar ingeval hy ’n lam+ as sy offer, as ’n sondoffer, bring, moet hy ’n ooilam sonder gebrek+ bring. 33  En hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as ’n sondoffer slag op die plek waar die brandoffer gereeld geslag word.+ 34  En die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer,+ en hy moet die res van die bloed alles aan die voet van die altaar uitgiet. 35  En hy moet al die vet daarvan verwyder net soos die vet van die jong ram van die gemeenskapsoffer gereeld verwyder word, en die priester moet dit op die altaar laat rook op Jehovah se vuuroffers;+ en die priester moet vir hom versoening doen+ vir sy sonde wat hy gepleeg het, en so sal dit hom vergewe word.+

Voetnote