Levitikus 5:1-19

5  “‘En as ’n siel+ sondig deurdat hy ’n vervloeking gehoor het+ wat in die openbaar uitgespreek is en hy ’n getuie is of dit gesien het of daarvan te wete gekom het, dan moet hy, as hy dit nie bekend maak nie,+ verantwoording doen vir sy oortreding.  “‘Of wanneer ’n siel aan iets onreins raak, hetsy die dooie liggaam van ’n onrein wilde dier of die dooie liggaam van ’n onrein mak dier of die dooie liggaam van ’n onrein kruipende diertjie,+ al was dit vir hom verborge,+ is hy nogtans onrein en het hy skuldig geword.+  Of as hy aan die onreinheid van ’n mens raak, met betrekking tot enige onreinheid+ van hom waardeur hy onrein kan word, al was dit vir hom verborge, en hy dit tog te wete gekom het, dan het hy skuldig geword.  “‘Of as ’n siel sodanig sweer dat hy onnadenkend met sy lippe spreek+ om kwaad te doen+ of om goed te doen met betrekking tot hoegenaamd enigiets wat die man onnadenkend in ’n beëdigde verklaring sou kon spreek,+ al was dit vir hom verborge, en hy dit tog te wete gekom het, dan het hy skuldig geword met betrekking tot een van hierdie dinge.  “‘En as hy skuldig word met betrekking tot een van hierdie dinge, dan moet hy bely+ in watter opsig hy gesondig het.  En hy moet sy skuldoffer+ aan Jehovah bring vir sy sonde wat hy gepleeg het, naamlik ’n ooi uit die kleinvee, ’n ooilam of ’n jong bokooi,+ as ’n sondoffer; en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde.+  “‘As hy egter nie ’n skaap kan bekostig nie,+ dan moet hy as sy skuldoffer vir die sonde wat hy gepleeg het, twee tortelduiwe+ of twee jong duiwe aan Jehovah bring, een as ’n sondoffer+ en een as ’n brandoffer.  En hy moet hulle na die priester toe bring, wat eers die een as die sondoffer moet aanbied en sy kop voor sy nek moet afknyp,+ maar hy moet dit nie aftrek nie.  En hy moet van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar spat, maar die res van die bloed moet hy aan die voet van die altaar laat uitloop.+ Dit is ’n sondoffer. 10  En die ander een moet hy as ’n brandoffer behandel volgens die gebruiklike prosedure;+ en die priester moet vir hom versoening doen+ vir sy sonde wat hy gepleeg het, en so sal dit hom vergewe word.+ 11  “‘En as hy nie die middele+ vir twee tortelduiwe of twee jong duiwe het nie, dan moet hy as sy offer vir die sonde wat hy gepleeg het, ’n tiende van ’n efa+ fynmeel as ’n sondoffer bring. Hy moenie olie+ daarop gooi nie en hy moenie wierook daarop sit nie, want dit is ’n sondoffer.+ 12  En hy moet dit na die priester toe bring, en die priester moet daarvan ’n hand vol neem as ’n gedenkdeel+ daarvan en dit op die altaar laat rook op Jehovah se vuuroffers.+ Dit is ’n sondoffer.+ 13  En die priester moet vir hom versoening doen+ vir sy sonde wat hy gepleeg het, enigeen van hierdie sondes, en so sal dit hom vergewe word; en dit moet die priester s’n word,+ net soos ’n graanoffer.’” 14  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 15  “As ’n siel hom ontrou gedra deurdat hy onopsetlik teen die heilige dinge van Jehovah+ sondig, dan moet hy as sy skuldoffer+ aan Jehovah ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee bring, volgens die geskatte waarde in silwersikkels,+ volgens die sikkel van die heiligdom, as ’n skuldoffer. 16  En hy moet vir die sonde wat hy teen die heiligdom gepleeg het, vergoeding gee en ’n vyfde+ daarvan byvoeg, en hy moet dit vir die priester gee, sodat die priester vir hom versoening kan doen+ met die ram van die skuldoffer, en so sal dit hom vergewe word.+ 17  “En as ’n siel sondig deurdat hy een van al die dinge doen wat Jehovah beveel nie gedoen mag word nie, al het hy dit nie geweet nie,+ het hy tog skuldig geword en moet hy verantwoording doen vir sy oortreding.+ 18  En hy moet ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die geskatte waarde, as ’n skuldoffer+ na die priester toe bring; en die priester moet vir hom versoening doen+ vir sy fout wat hy onopsetlik begaan het, al het hy dit nie geweet nie, en so sal dit hom vergewe word.+ 19  Dit is ’n skuldoffer. Hy het gewis skuldig geword+ teenoor Jehovah.”

Voetnote