Levitikus 6:1-30

6  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “As ’n siel sondig deurdat hy hom ontrou gedra teenoor Jehovah+ en hy sy metgesel bedrieg+ in verband met iets wat in sy bewaring is of wat in sy hand gegee is+ of geroof is of deurdat hy sy metgesel verkul,+  of hy iets vind wat weg was+ en bedrieglik in verband daarmee handel en vals sweer+ oor enige van al die dinge wat die mens sou kon doen en waardeur hy sou sondig;  dan moet hy, as hy sondig en inderdaad skuldig word+, die geroofde voorwerp teruggee wat hy geroof het of die afgeperste voorwerp wat hy deur bedrog geneem het of die voorwerp in sy bewaring wat in sy bewaring gegee is of dit wat weg was en wat hy gevind het,  of hoegenaamd enigiets waaroor hy vals sou kon sweer, en hy moet vir die volle bedrag daarvan vergoeding gee,+ en hy moet ’n vyfde daarvan byvoeg. Aan die een wie s’n dit is, moet hy dit gee op die dag dat sy skuld bewys word.  En as sy skuldoffer moet hy vir Jehovah ’n ram sonder gebrek+ uit die kleinvee, volgens die geskatte waarde, as ’n skuldoffer,+ na die priester toe bring.  En die priester moet vir hom versoening doen+ voor Jehovah, en so sal dit hom vergewe word met betrekking tot enige van al die dinge wat hy sou kon doen waardeur hy skuldig sou word.”  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: ‘Dít is die wet van die brandoffer:+ Die brandoffer moet die hele nag lank tot die oggend toe op die vuurherd op die altaar bly, en die altaarvuur moet daarin aangesteek wees. 10  En die priester moet sy linneampsdrag+ aantrek, en hy moet die linnebroek+ oor sy vlees aantrek. Dan moet hy die vetterige as+ van die brandoffer wat gereeld deur die vuur op die altaar verteer word, aflig, en hy moet dit langs die altaar sit. 11  En hy moet sy klere uittrek en ander klere aantrek,+ en hy moet die vetterige as na ’n rein plek buite die kamp neem.+ 12  En die vuur op die altaar moet daarop aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. En die priester moet oggend na oggend hout daarop brand+ en die brandoffer daarop regsit, en hy moet die stukke vet van die gemeenskapsoffers daaroor laat rook.+ 13  Vuur+ moet voortdurend op die altaar aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. 14  “‘En dít is die wet van die graanoffer:+ Seuns van Aäron, bied dit voor Jehovah voor die altaar aan. 15  En een van hulle moet daarvan ’n hand vol aflig, van die fynmeel van die graanoffer en van die olie en al die wierook wat op die graanoffer is, en hy moet dit op die altaar laat rook as ’n rustige geur tot ’n gedenkdeel+ daarvan vir Jehovah. 16  En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet.+ Dit moet as ongesuurde koeke+ op ’n heilige plek geëet word. Hulle moet dit in die voorhof van die tent van samekoms eet. 17  Dit mag nie met enigiets gesuurds gebak word nie.+ Ek het dit as hulle deel uit my vuuroffers gegee.+ Dit is iets hoogheiligs,+ soos die sondoffer en soos die skuldoffer. 18  Almal wat manlik is+ onder die seuns van Aäron, moet dit eet. Dit is in al julle geslagte tot onbepaalde tyd+ ’n toegewese deel uit Jehovah se vuuroffers. Alles wat daaraan raak, sal heilig word.’” 19  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 20  “Dít is die offer+ van Aäron en sy seuns wat hulle vir Jehovah moet aanbied op die dag waarop hy gesalf word:+ ’n tiende van ’n efa+ fynmeel as ’n voortdurende graanoffer,+ die helfte daarvan in die oggend en die helfte daarvan in die aand. 21  Dit moet met olie op ’n bakplaat gemaak word.+ Goed gemeng moet jy dit bring. Jy moet die gebak van die graanoffer in stukkies aanbied as ’n rustige geur vir Jehovah. 22  En die priester, die een wat uit sy seuns in sy plek gesalf word,+ moet dit maak. Dít is ’n voorskrif tot onbepaalde tyd: As ’n heeloffer moet dit vir Jehovah in rook opgaan.+ 23  En elke graanoffer van ’n priester+ moet ’n heeloffer wees. Dit mag nie geëet word nie.” 24  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 25  “Praat met Aäron en sy seuns en sê: ‘Dít is die wet van die sondoffer:+ Op die plek+ waar die brandoffer gereeld geslag word, moet die sondoffer voor Jehovah geslag word. Dit is iets hoogheiligs.+ 26  Die priester wat dit vir die sonde offer, moet dit eet.+ Op ’n heilige plek+ moet dit geëet word, in die voorhof+ van die tent van samekoms. 27  “‘Alles wat aan die vleis daarvan raak, sal heilig word,+ en wanneer iemand van die bloed daarvan op ’n kleed spat,+ moet jy dit waarop hy bloed spat, op ’n heilige plek was.+ 28  En die erdehouer+ waarin dit gekook is, moet verbrysel word. Maar as dit in ’n koperhouer gekook is, dan moet dit geskuur en met water afgespoel word. 29  “‘Almal wat manlik is onder die priesters, moet dit eet.+ Dit is iets hoogheiligs.+ 30  Maar geen sondoffer waarvan ’n deel van die bloed+ in die tent van samekoms ingebring sal word om in die heiligdom versoening te doen, mag geëet word nie. Dit moet met vuur verbrand word.

Voetnote