Levitikus 7:1-38

7  “‘En dít is die wet van die skuldoffer:+ Dit is iets hoogheiligs.+  Op die plek+ waar hulle die brandoffer gereeld slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed+ daarvan rondom op die altaar sprinkel.+  Wat al die vet betref,+ hy moet daarvan aanbied die vetstert en die vet wat die ingewande bedek,  en die twee niere en die vet wat daaraan is, dié wat aan die lendene is. En wat die aanhangsel aan die lewer betref, hy moet dit saam met die niere verwyder.+  En die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n vuuroffer aan Jehovah.+ Dit is ’n skuldoffer.  Almal wat manlik is onder die priesters, moet dit eet.+ Op ’n heilige plek moet dit geëet word. Dit is iets hoogheiligs.+  Soos die sondoffer, so is die skuldoffer. Daar is een wet vir hulle.+ Dit sal die priester s’n word wat daarmee versoening sal doen.  “‘Wat die priester betref wat die brandoffer van iemand aanbied, die vel+ van die brandoffer wat hy vir die priester aangebied het, sal syne word.  “‘En elke graanoffer wat in die oond gebak word+ en alles wat in die diepvetpot+ en op die bakplaat gemaak word,+ behoort aan die priester wat dit aanbied. Dit sal syne word.+ 10  Maar elke graanoffer wat met olie bevogtig+ of droog is,+ sal al Aäron se seuns s’n word, die een sowel as die ander. 11  “‘En dít is die wet van die gemeenskapsoffers+ wat iemand vir Jehovah sal aanbied: 12  As hy dit as ’n dankbetuiging aanbied,+ dan moet hy saam met die dankoffer ongesuurde ringvormige koeke aanbied, met olie bevogtig, en ongesuurde platkoeke met olie gesmeer+ en goed gemengde fynmeel as ringvormige koeke met olie bevogtig. 13  Saam met ringvormige koeke van gesuurde+ brood moet hy sy offer aanbied, saam met die dankoffer van sy gemeenskapsoffers. 14  En daaruit moet hy een van elke offer as ’n heilige deel vir Jehovah aanbied;+ wat die priester betref wat die bloed van die gemeenskapsoffers sprinkel, dit sal syne word.+ 15  En die vleis van die dankoffer van sy gemeenskapsoffers moet geëet word op die dag dat hy dit offer. Hy mag niks daarvan bêre tot die oggend toe nie.+ 16  “‘En as die offerande wat hy as offer bring, ’n gelofteoffer+ of ’n vrywillige gawe+ is, moet dit op die dag geëet word waarop hy sy offerande aanbied, en wat daarvan oorbly, mag ook op die volgende dag geëet word. 17  Maar wat op die derde dag van die vleis van die offerande oorbly, moet met vuur verbrand word.+ 18  As daar egter wel op die derde dag van die vleis van sy gemeenskapsoffer iets geëet word, sal hy wat dit aanbied, nie met goedkeuring aangeneem word nie.+ Dit sal hom nie ten goede gereken word nie.+ Dit sal iets word wat bedorwe is, en die siel wat daarvan eet, moet verantwoording doen vir sy oortreding.+ 19  En die vleis wat aan enigiets onreins raak,+ moet nie geëet word nie. Dit moet met vuur verbrand word. Wat die vleis betref, elkeen wat rein is, mag die vleis eet. 20  “‘En die siel wat die vleis eet van die gemeenskapsoffer, wat vir Jehovah is, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word.+ 21  En as ’n siel aan enigiets onreins raak, die onreinheid van ’n mens+ of ’n onrein dier+ of enige gruwel wat onrein is,+ en dan van die vleis van die gemeenskapsoffer eet, wat vir Jehovah is, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word.’” 22  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 23  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Julle mag geen vet+ van ’n bul of ’n jong ram of ’n bok eet nie. 24  En die vet van ’n dier wat doodgegaan het en die vet van ’n verskeurde dier+ mag vir enigiets anders denkbaar gebruik word, maar julle mag dit hoegenaamd nie eet nie. 25  Want elkeen wat vet eet van die dier waarvan hy dit as ’n vuuroffer aan Jehovah aanbied, die siel wat dit eet, moet uit sy volk uitgeroei word.+ 26  “‘En julle mag geen bloed eet+ in enige van die plekke waar julle woon nie, nie dié van voëls of van diere nie. 27  Elke siel wat enige bloed eet, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word.’”+ 28  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 29  “Praat met die kinders van Israel en sê: ‘Hy wat sy gemeenskapsoffer vir Jehovah aanbied, moet sy offer aan Jehovah uit sy gemeenskapsoffer bring.+ 30  Sy hande moet die vet+ aan die bors as Jehovah se vuuroffers bring. Hy moet dit met die bors bring om dit as ’n beweegoffer+ voor Jehovah heen en weer te beweeg. 31  En die priester moet die vet op die altaar laat rook,+ maar die bors moet Aäron en sy seuns s’n word.+ 32  “‘En julle moet uit julle gemeenskapsoffers die regterboud as ’n heilige deel+ vir die priester gee. 33  Die seun van Aäron wat die bloed van die gemeenskapsoffers en die vet aanbied, sal die regterboud as deel kry.+ 34  Want die bors van die beweegoffer+ en die boud van die heilige deel neem ek van die kinders van Israel uit hulle gemeenskapsoffers, en ek sal dit van die kinders van Israel aan die priester Aäron en sy seuns gee, as ’n voorskrif tot onbepaalde tyd. 35  “‘Dit was die priesterlike aandeel van Aäron en die priesterlike aandeel van sy seuns uit Jehovah se vuuroffers, op die dag toe hy hulle laat nader kom het+ om Jehovah as priesters te dien, 36  net soos Jehovah beveel het om dit aan hulle te gee op die dag toe hy hulle uit die kinders van Israel gesalf het.+ Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir hulle geslagte.’”+ 37  Dit is die wet aangaande die brandoffer,+ die graanoffer+ en die sondoffer+ en die skuldoffer+ en die inhuldigingsoffer+ en die gemeenskapsoffer,+ 38  net soos Jehovah Moses op die berg Siʹnai beveel het+ op die dag toe hy die kinders van Israel beveel het om hulle offers vir Jehovah in die wildernis Siʹnai aan te bied.+

Voetnote