Levitikus 8:1-36

8  En Jehovah het met Moses gepraat en gesê:  “Neem Aäron en sy seuns saam met hom+ en die klere+ en die salfolie+ en die sondofferbul+ en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,+  en laat die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms+ bymekaarkom.”+  Toe het Moses gedoen net soos Jehovah hom beveel het, en die vergadering het by die ingang+ van die tent van samekoms bymekaargekom.  Moses het toe vir die vergadering gesê: “Dit is die saak wat Jehovah beveel het gedoen moet word.”+  Toe het Moses Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water+ gewas.+  Daarna het hy vir hom die kleed+ aangetrek en hom met die lyfband+ omgord en vir hom die moulose oorkleed+ aangetrek en vir hom die efod+ aangetrek en hom met die gordel+ van die efod omgord, waarmee hy dit styf om hom vasgebind het.  Daarop het hy vir hom die borsstuk+ aangesit en in die borsstuk die Urim en die Tummim+ gesit.  Toe het hy die tulband+ op sy kop gesit en aan die tulband, aan die voorkant daarvan, die blink goue plaat, die heilige toewydingsteken,+ vasgesit, net soos Jehovah Moses beveel het. 10  Moses het toe die salfolie geneem en die tabernakel+ en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig. 11  Daarna het hy daarvan sewe keer op die altaar gespat en die altaar+ en al sy voorwerpe en die kom en sy voetstuk gesalf om dit te heilig. 12  Laastens het hy van die salfolie op Aäron se kop uitgegiet en hom gesalf om hom te heilig.+ 13  Moses het toe Aäron se seuns laat nader kom+ en vir hulle die klere aangetrek en hulle met lyfbande+ omgord en hulle die hoofbedekking+ omgebind, net soos Jehovah Moses beveel het. 14  Toe het hy die sondofferbul+ gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop+ van die sondofferbul gelê. 15  En Moses het dit geslag+ en die bloed geneem+ en dit met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gesmeer en die altaar van sonde gereinig, maar die res van die bloed het hy aan die voet van die altaar uitgegiet, sodat hy dit kon heilig om daarop versoening te doen.+ 16  Daarna het hy al die vet geneem wat aan die ingewande was, en die aanhangsel van die lewer en die twee niere en hulle vet, en Moses het dit op die altaar laat rook.+ 17  En hy het die bul en sy vel en sy vleis en sy mis buite die kamp met vuur laat verbrand,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 18  Hy het toe die brandofferram nader gebring, en Aäron en sy seuns het toe hulle hande op die kop van die ram gelê.+ 19  Daarna het Moses dit geslag en die bloed rondom op die altaar gesprinkel.+ 20  En hy het die ram in sy stukke opgesny,+ en Moses het die kop en die stukke en die niervet laat rook. 21  En die ingewande en die pote het hy met water gewas, en Moses het toe die hele ram op die altaar laat rook.+ Dit was ’n brandoffer as ’n rustige geur.+ Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het. 22  Toe het hy die tweede ram, die inhuldigingsram,+ nader gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die ram se kop gelê. 23  Daarna het Moses dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron gesmeer en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.+ 24  Toe het Moses Aäron se seuns laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel gesmeer en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet; maar Moses het die res van die bloed rondom op die altaar gesprinkel.+ 25  Toe het hy die vet geneem en die vetstert en al die vet wat aan die ingewande was,+ en die aanhangsel van die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.+ 26  En uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor Jehovah was, het hy een ongesuurde ringvormige koek+ en een ringvormige oliebroodkoek+ en een platkoek geneem.+ Hy het dit toe op die stukke vet en die regterboud gesit. 27  Daarna het hy dit alles op die palms van Aäron en die palms van sy seuns gesit en dit as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer begin beweeg.+ 28  Toe het Moses dit uit hulle palms geneem en dit op die altaar bo-op die brandoffer laat rook.+ Dit was ’n inhuldigingsoffer+ as ’n rustige geur.+ Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah.+ 29  En Moses het die bors geneem+ en dit as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer beweeg.+ Van die inhuldigingsram het dit Moses se deel geword,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 30  Daarna het Moses van die salfolie geneem+ en van die bloed wat op die altaar was en dit op Aäron en sy klere gespat en op sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom. So het hy Aäron en sy klere en sy seuns en die klere van sy seuns+ saam met hom geheilig.+ 31  Toe het Moses vir Aäron en sy seuns gesê: “Kook+ die vleis by die ingang van die tent van samekoms, en daar moet julle dit eet+ met die brood wat in die inhuldigingsmandjie is, net soos die bevel aan my gegee is, naamlik: ‘Aäron en sy seuns moet dit eet.’ 32  En wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.+ 33  En julle mag sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie,+ tot die dag dat die dae van julle inhuldiging vervul is, want dit sal sewe dae neem om julle hand met mag te vul.+ 34  Net soos dit vandag gedoen is, het Jehovah beveel dat dit gedoen moet word, om vir julle versoening te doen.+ 35  En julle moet sewe dae lank dag en nag by die ingang van die tent van samekoms bly,+ en julle moet die verpligte wag van Jehovah hou,+ sodat julle nie sterf nie; want so is ek beveel.” 36  En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat Jehovah deur middel van Moses beveel het.

Voetnote