Levitikus 9:1-24

9  En op die agtste dag+ het Moses Aäron en sy seuns en die ouer manne van Israel geroep.  Toe het hy vir Aäron gesê: “Neem vir jou ’n jong kalf as ’n sondoffer+ en ’n ram as ’n brandoffer,+ diere sonder gebrek, en bied hulle voor Jehovah aan.+  Maar met die kinders van Israel moet jy praat en sê: ‘Neem ’n bokram+ as ’n sondoffer en ’n kalf en ’n jong ram,+ elk ’n jaar oud, sonder gebrek, as ’n brandoffer,  en ’n bul en ’n ram as gemeenskapsoffers+ om hulle voor Jehovah te offer, en ’n graanoffer+ met olie bevogtig, want vandag sal Jehovah beslis aan julle verskyn.’”+  Daarop het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. Toe het die hele vergadering nader gekom en voor Jehovah gaan staan.+  En Moses het gesê: “Dit is die saak wat Jehovah julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van Jehovah aan julle kan verskyn.”+  Toe het Moses vir Aäron gesê: “Gaan nader na die altaar en offer jou sondoffer+ en jou brandoffer, en doen versoening+ vir jou en vir jou huis; en bring die offer van die volk+ en doen versoening+ vir hulle, net soos Jehovah beveel het.”  Aäron het onmiddellik nader gegaan na die altaar en die sondofferkalf geslag wat vir hom was.+  Toe het Aäron se seuns die bloed+ vir hom aangebied, en hy het sy vinger in die bloed gedoop+ en dit aan die horings van die altaar gesmeer,+ en die res van die bloed het hy aan die voet van die altaar uitgegiet. 10  En hy het die vet+ en die niere en die aanhangsel van die lewer van die sondoffer op die altaar laat rook,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 11  En hy het die vleis en die vel buite die kamp met vuur verbrand.+ 12  Toe het hy die brandoffer geslag, en Aäron se seuns het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom op die altaar gesprinkel.+ 13  En hulle het vir hom die brandoffer in sy stukke en die kop aangegee, en hy het dit op die altaar laat rook.+ 14  Verder het hy die ingewande en die pote gewas en dit op die brandoffer op die altaar laat rook.+ 15  Hy het toe die offer van die volk+ aangebied en die sondofferbok geneem wat vir die volk was en dit geslag en daarmee ’n sondoffer gebring soos met die eerste. 16  Toe het hy die brandoffer aangebied en daarmee gehandel volgens die gebruiklike prosedure.+ 17  Daarop het hy die graanoffer+ aangebied en sy hand met ’n deel daarvan gevul en dit op die altaar laat rook, benewens die oggendbrandoffer.+ 18  Daarna het hy die bul en die ram van die gemeenskapsoffer+ geslag wat vir die volk was. Toe het Aäron se seuns vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom op die altaar gesprinkel.+ 19  Wat die stukke vet+ van die bul en die vetstert+ van die ram en die vetbedekking en die niere en die aanhangsel van die lewer betref, 20  hulle het toe die stukke vet op die borsstukke gesit,+ waarna hy die stukke vet op die altaar laat rook het. 21  Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as ’n beweegoffer+ voor Jehovah heen en weer beweeg, net soos Moses beveel het. 22  Toe het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën+ en afgeklim+ nadat hy die sondoffer en die brandoffer en die gemeenskapsoffers gebring het. 23  Uiteindelik het Moses en Aäron in die tent van samekoms ingegaan en uitgekom en die volk geseën.+ Toe het Jehovah se heerlikheid+ aan die hele volk verskyn, 24  en vuur het van Jehovah uitgegaan+ en die brandoffer en die stukke vet op die altaar begin verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle begin juig+ en op hulle gesig geval.

Voetnote