Lukas 1:1-80

1  Aangesien baie onderneem het om ’n verslag saam te stel van die feite+ wat onder ons ten volle geloofwaardig geag word,  net soos dié wat van die begin+ af ooggetuies+ en dienaars van die boodskap+ geword het, dit aan ons oorgelewer het,  het ek, omdat ek alles van die begin af noukeurig nagespeur het, my ook voorgeneem om dit in logiese volgorde+ aan u te skryf, hoogedele+ Teoʹfilus,+  sodat u ten volle kan weet hoe seker die dinge is wat u mondeling geleer is.+  In die dae van Herodes,+ koning van Judeʹa, was daar ’n sekere priester met die naam Sagariʹa, uit die afdeling van Abiʹa,+ en hy het ’n vrou uit die dogters van Aäron gehad,+ en haar naam was Elisabet.  Hulle was albei regverdig+ voor God omdat hulle onberispelik+ gewandel het in ooreenstemming met al die gebooie+ en wetlike+ vereistes van Jehovah.+  Maar hulle het geen kind gehad nie, want Elisabet was onvrugbaar,+ en hulle was albei op ver gevorderde leeftyd.  En terwyl hy in die toewysing van sy afdeling+ as priester voor God opgetree het,  het hy volgens die plegtige gebruik van die priesteramp aan die beurt gekom om reukwerk te offer+ toe hy in die heiligdom van Jehovah ingegaan het;+ 10  en die hele volksmenigte het op die uur van die reukoffer buite gebid.+ 11  Aan hom het Jehovah se engel verskyn, wat aan die regterkant van die reukaltaar gestaan het.+ 12  Maar Sagariʹa het verontrus geword toe hy hom sien, en vrees het op hom geval.+ 13  Die engel het egter vir hom gesê: “Moenie vrees nie, Sagariʹa, want jou smeking is verhoor,+ en jou vrou Elisabet sal vir jou die moeder van ’n seun word, en jy moet hom Johannes noem.+ 14  En jy sal vreugde en groot blydskap hê, en baie sal bly wees oor sy geboorte;+ 15  want hy sal groot wees voor Jehovah.+ Maar hy moet hoegenaamd geen wyn en sterk drank drink nie,+ en reeds van die skoot van sy moeder af sal hy met heilige gees vervul wees;+ 16  en hy sal baie van die kinders van Israel tot Jehovah hulle God terugbring.+ 17  Ook sal hy voor hom uit gaan met Eliʹa+ se gees en krag, om die harte van vaders tot kinders terug te bring+ en die ongehoorsames tot die praktiese wysheid van regverdiges, om vir Jehovah+ ’n voorbereide volk gereed te maak.”+ 18  En Sagariʹa het vir die engel gesê: “Hoe kan ek hiervan seker wees? Want ek is bejaard+ en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.” 19  Die engel het geantwoord en vir hom gesê: “Ek is Gaʹbriël,+ wat naby staan voor God, en ek is uitgestuur om met jou te praat+ en die goeie nuus van hierdie dinge aan jou bekend te maak. 20  Maar kyk! jy sal stil wees+ en nie kan praat nie tot die dag dat hierdie dinge plaasvind, omdat jy my woorde, wat op hulle vasgestelde tyd vervul sal word, nie geglo het nie.” 21  Intussen het die volk steeds vir Sagariʹa gewag,+ en hulle het hulle daaroor begin verwonder dat hy so lank in die heiligdom bly. 22  Maar toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie, en hulle het agtergekom dat hy pas ’n bonatuurlike+ gesig in die heiligdom gesien het; en hy het aanhoudend vir hulle beduie, maar stom gebly. 23  En toe die dae van sy openbare diens vervul is,+ het hy na sy huis gegaan. 24  Maar ná hierdie dae het sy vrou Elisabet swanger geword;+ en sy het haar vyf maande afgesonderd gehou en gesê: 25  “Dit is hoe Jehovah met my gehandel het in hierdie dae waarin hy sy aandag aan my geskenk het om my smaad onder die mense weg te neem.”+ 26  In haar sesde maand is die engel Gaʹbriël+ van God af na ’n stad van Galileʹa met die naam Naʹsaret gestuur, 27  na ’n maagd wat in die huwelik beloof was aan ’n man met die naam Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd+ was Maria.+ 28  En toe hy tot voor haar ingaan, het hy gesê: “Goeiedag,+ hoogbegunstigde, Jehovah+ is met jou.”+ 29  Maar sy was diep verontrus oor die woord en het begin wonder watter soort groet dit kon wees. 30  Toe het die engel vir haar gesê: “Moenie vrees nie, Maria, want jy het guns+ by God gevind; 31  en kyk! jy sal in jou moederskoot ontvang en aan ’n seun geboorte gee,+ en jy moet hom Jesus+ noem. 32  Hy sal groot wees+ en die Seun van die Allerhoogste genoem word;+ en Jehovah God sal hom die troon+ van sy vader Dawid gee,+ 33  en hy sal vir ewig as koning oor die huis van Jakob heers, en daar sal geen einde aan sy koninkryk wees nie.”+ 34  Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe sal dit gebeur, aangesien ek geen gemeenskap+ met ’n man het nie?” 35  Die engel het geantwoord en vir haar gesê: “Heilige gees+ sal oor jou kom, en krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook wat gebore word, heilig,+ God se Seun,+ genoem word. 36  En kyk! Elisabet, jou familielid, het self ook op haar oudag ’n seun ontvang, en dit is die sesde maand vir haar, die sogenaamd onvrugbare vrou;+ 37  want by God sal geen verklaring ’n onmoontlikheid wees nie.”+ 38  Toe het Maria gesê: “Kyk! Jehovah se slavin!+ Mag dit met my gebeur volgens u verklaring.” Daarop het die engel van haar af weggegaan. 39  Toe het Maria in hierdie dae opgestaan en haastig na die bergland gegaan, na ’n stad van Juda, 40  en sy het in die huis van Sagariʹa ingegaan en Elisabet gegroet. 41  Wel, toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar moederskoot gespring; en Elisabet is met heilige gees vervul, 42  en sy het met ’n harde roep uitgeroep en gesê: “Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd+ is die vrug van jou moederskoot! 43  Hoe is dit dan dat hierdie voorreg my te beurt val, dat die moeder van my Here+ na my toe kom? 44  Want kyk! toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my moederskoot met groot blydskap gespring.+ 45  Gelukkig ook is sy wat geglo het, want dié dinge wat van Jehovah af aan haar gesê is, sal volbring word.”+ 46  En Maria het gesê: “My siel maak Jehovah groot,+ 47  en my gees kan nie anders nie as om oor te loop van vreugde+ teenoor God, my Redder;+ 48  omdat hy die nederige posisie van sy slavin aanskou het.+ Want kyk! van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem;+ 49  omdat die Magtige groot dade vir my gedoen het, en heilig is sy naam;+ 50  en sy barmhartigheid rus van geslag tot geslag op dié wat hom vrees.+ 51  Hy het magtige dade met sy arm verrig,+ hy het dié verstrooi wat hoogmoedig is in die bedoeling van hulle hart.+ 52  Hy het maghebbers van trone afgestoot+ en geringes verhef;+ 53  hy het dié wat honger is, volkome versadig met goeie dinge+ en hy het dié wat rykdom gehad het, met leë hande weggestuur.+ 54  Hy het sy kneg Israel te hulp gekom,+ om aan barmhartigheid te dink,+ 55  net soos hy vir ons voorvaders gesê het, vir Abraham en vir sy saad, tot in ewigheid.”+ 56  Toe het Maria omtrent drie maande by haar gebly, en sy het na haar eie huis teruggekeer. 57  Die tyd het toe aangebreek dat Elisabet geboorte moes gee, en sy het die moeder van ’n seun geword. 58  En die bure en haar familielede het gehoor dat Jehovah sy barmhartigheid teenoor haar groot gemaak het,+ en hulle het saam met haar bly geword.+ 59  En op die agtste dag het hulle gekom om die jong kindjie te besny,+ en hulle wou hom Sagariʹa noem, na die naam van sy vader. 60  Maar sy moeder het geantwoord en gesê: “Nee, beslis nie! maar hy moet Johannes genoem word.” 61  Hierop het hulle vir haar gesê: “Daar is niemand onder jou familielede wat hierdie naam het nie.” 62  Toe het hulle sy vader deur gebare gevra hoe hy wou hê dat hy genoem moet word. 63  En hy het ’n skryfbordjie gevra en geskryf: “Johannes+ is sy naam.” Hieroor was hulle almal verwonderd. 64  Oombliklik is sy mond geopen+ en sy tong losgemaak, en hy het begin praat en God geloof. 65  En vrees het op almal geval wat in hulle omgewing gewoon het; en al hierdie dinge is toe in die hele bergland van Judeʹa rondvertel, 66  en almal wat dit gehoor het, het in hulle hart daarvan kennis geneem+ en gesê: “Wat sal hierdie jong kindjie tog wees?” Want die hand+ van Jehovah was inderdaad met hom. 67  En sy vader Sagariʹa is met heilige gees vervul,+ en hy het geprofeteer+ en gesê: 68  “Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word,+ want hy het sy aandag op sy volk+ gerig en vir hulle verlossing bewerk.+ 69  En hy het ’n horing+ van redding vir ons verwek in die huis van sy kneg Dawid, 70  net soos hy, deur die mond van sy heilige profete van die ou tyd,+ gespreek het 71  van redding van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat;+ 72  om barmhartigheid in verband met ons voorvaders te bewys en om aan sy heilige verbond te dink,+ 73  die eed wat hy aan Abraham, ons voorvader, gesweer het,+ 74  om ons, nadat ons uit die hande van vyande gered is,+ die voorreg te gee om onbevrees heilige diens aan hom te verrig+ 75  met lojaliteit en regverdigheid voor hom al ons dae.+ 76  Maar wat jou betref, jong kindjie, jy sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor Jehovah uit gaan om sy weë gereed te maak,+ 77  om aan sy volk kennis te gee van redding deur vergifnis van hulle sondes,+ 78  weens die tere medelye van ons God. Met hierdie medelye sal ’n dagbreek+ ons uit die hoogte besoek,+ 79  om lig te gee aan dié wat in duisternis en doodskaduwee sit,+ om ons voete voorspoedig te rig op die weg van vrede.” 80  En die jong kindjie het gegroei+ en sterk geword in die gees, en hy het in die woestyne gebly tot die dag dat hy hom openlik aan Israel vertoon het.

Voetnote