Lukas 10:1-42
10 Ná hierdie dinge het die Here sewentig+ ander aangewys en hulle twee-twee+ voor hom uit gestuur na elke stad en plek waar hy self sou kom.
2 Toe het hy vir hulle begin sê: “Die oes+ is werklik groot, maar die werkers+ is min. Smeek+ dan die Heer van die oes om werkers+ in sy oes uit te stuur.
3 Gaan. Kyk! Ek stuur julle soos lammers+ onder wolwe in.
4 Moenie ’n beurs of ’n voedselsak+ of sandale saamdra nie, en moet niemand langs die pad met ’n omhelsing+ groet nie.
5 Oral waar julle in ’n huis ingaan, sê eers: ‘Mag hierdie huis vrede hê.’+
6 En as daar ’n vriend van vrede is, sal julle vrede op hom rus.+ Maar so nie, sal dit na julle toe terugkeer.+
7 Bly dan in daardie huis+ en eet en drink wat hulle voorsien,+ want die werker is sy loon werd.+ Moenie van huis tot huis trek nie.+
8 “En oral waar julle in ’n stad ingaan en hulle julle ontvang, eet wat vir julle voorgesit word,
9 en genees+ die siekes daarin, en hou aan om vir hulle te sê: ‘Die koninkryk+ van God het naby julle gekom.’
10 Maar oral waar julle in ’n stad ingaan en hulle julle nie ontvang nie,+ gaan uit in sy breë strate en sê:
11 ‘Selfs die stof wat uit julle stad aan ons voete gekleef het, vee ons teen julle af.+ Hou dít nietemin in gedagte, dat die koninkryk van God naby gekom het.’
12 Ek sê vir julle dat dit vir Sodom+ draagliker sal wees in daardie dag as vir daardie stad.
13 “Wee jou, Goʹrasin!+ Wee jou, Betsaiʹda!+ want as die kragtige werke wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon plaasgevind het, sou hulle lankal berou gehad en in sak en as gesit het.+
14 Gevolglik sal dit vir Tirus en Sidon in die oordeel draagliker wees as vir julle.+
15 En jy, Kaperʹnaum, sal jy miskien tot die hemel verhef word?+ Tot in Haʹdes+ sal jy afkom!
16 “Wie na julle luister,+ luister na my ook. En wie julle verontagsaam, verontagsaam my ook. Wat meer is, wie my verontagsaam, verontagsaam+ ook hom wat my uitgestuur het.”
17 Toe het die sewentig met vreugde teruggekeer en gesê: “Here, selfs die demone word deur die gebruik van u naam aan ons onderwerp.”+
18 Daarop het hy vir hulle gesê: “Ek het begin sien dat Satan reeds soos weerlig uit die hemel geval het.+
19 Kyk! Ek het julle die gesag gegee om slange+ en skerpioene+ met die voete te vertrap, en oor al die krag van die vyand,+ en niks sal julle hoegenaamd kwaad aandoen nie.
20 Julle moet nietemin nie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderwerp word nie, maar wees bly omdat julle name+ in die hemele opgeskryf is.”
21 In daardie selfde uur het hy begin oorloop van vreugde+ in die heilige gees en gesê: “Ek loof u in die openbaar, Vader, Here van hemel en aarde, omdat u hierdie dinge sorgvuldig vir die wyse+ en intellektuele mense verberg het en dit aan klein kindertjies geopenbaar het. Ja, o Vader, want u het dit goedgevind om só te handel.
22 Alles is deur my Vader aan my oorgegee,+ en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader;+ en niemand weet wie die Vader is nie, behalwe die Seun,+ en hy aan wie die Seun bereid is om hom te openbaar.”
23 Daarop het hy na die dissipels alleen omgedraai en gesê: “Gelukkig is die oë wat die dinge sien wat julle sien.+
24 Want ek sê vir julle: Baie profete en konings het begeer om die dinge te sien+ wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en om die dinge te hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.”
25 En kyk! ’n sekere man wat met die Wet vertroud was,+ het opgestaan om hom op die proef te stel en gesê: “Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?”+
26 Hy het vir hom gesê: “Wat staan in die Wet geskrywe?+ Hoe lees jy?”
27 Hy het geantwoord en gesê: “‘Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand’,+ en ‘jou naaste soos jouself’.”+
28 Hy het vir hom gesê: “Jy het korrek geantwoord; ‘hou aan om dit te doen en jy sal die lewe verkry’.”+
29 Maar omdat die man wou bewys dat hy regverdig is, het hy vir Jesus gesê: “Wie is dan my naaste?”+
30 Jesus het geantwoord en gesê: “’n Sekere man het van Jerusalem na Jeʹrigo afgegaan en in die hande van rowers geval, wat hom uitgetrek en ook geslaan het, en hulle het weggegaan en hom halfdood agtergelaat.
31 En per toeval het ’n sekere priester met daardie pad afgegaan, maar toe hy hom sien, het hy aan die oorkant verbygegaan.+
32 Net so het ook ’n Leviet, toe hy by die plek kom en hom sien, aan die oorkant verbygegaan.+
33 Maar ’n sekere Samaritaan+ wat op die pad gereis het, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, is hy ontroer deur innige jammerte.
34 En hy het na hom toe gegaan en sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi.+ Toe het hy hom op sy eie dier getel en hom na ’n herberg gebring en vir hom gesorg.
35 En die volgende dag het hy twee denaʹrii uitgehaal, dit vir die herbergier gegee en gesê: ‘Sorg vir hom, en wat jy ook al meer as dit uitgee, sal ek jou vergoed wanneer ek hierheen terugkom.’
36 Wie van hierdie drie, lyk dit vir jou, het hom die naaste+ gemaak van die man wat in die hande van die rowers geval het?”
37 Hy het gesê: “Die een wat barmhartig+ teenoor hom opgetree het.” Jesus het toe vir hom gesê: “Gaan en doen+ jy net so.”
38 En op hulle reis het hy in ’n sekere dorpie ingegaan. Hier het ’n sekere vrou met die naam Marta+ hom as ’n gas in die huis ontvang.
39 Hierdie vrou het ook ’n suster genaamd Maria gehad, wat egter by die voete+ van die Here gaan sit en na sy woord bly luister het.
40 Marta daarenteen is afgelei+ deurdat sy na baie pligte omgesien het. Toe het sy nader gekom en gesê: “Here, gee u nie om dat my suster my alleen na alles laat omsien nie?+ Sê dan vir haar om my te kom help.”
41 Die Here het geantwoord en vir haar gesê: “Marta, Marta, jy is besorg+ en verontrus oor baie dinge.+
42 ’n Paar dinge+ is egter nodig, of net een. Wat Maria betref, sy het die goeie deel gekies,+ en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”