Lukas 11:1-54

11  En toe hy by een geleentheid op ’n sekere plek besig was om te bid, het een van sy dissipels vir hom gesê nadat hy opgehou het: “Here, leer ons hoe om te bid,+ soos Johannes ook sy dissipels geleer het.”+  Toe het hy vir hulle gesê: “Wanneer julle bid,+ sê: ‘Vader, laat u naam geheilig word.+ Laat u koninkryk kom.+  Gee ons ons brood+ vir die dag volgens die dag se vereiste.  En vergewe ons ons sondes,+ want ons vergewe ook elkeen wat by ons in die skuld is;+ en bring ons nie in versoeking nie.’”+  Verder het hy vir hulle gesê: “Wie van julle sal ’n vriend hê en sal middernag na hom toe gaan en vir hom sê: ‘Vriend, leen my drie brode,  want ’n vriend van my wat op reis is, het so pas by my aangekom en ek het niks om vir hom voor te sit nie’?  En dié antwoord van binne en sê: ‘Hou op om my lastig te val.+ Die deur is al toegesluit, en my jong kinders is saam met my in die bed; ek kan nie opstaan en vir jou iets gee nie.’  Ek sê vir julle: Al sal hy nie opstaan en vir hom iets gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy beslis weens sy onbeskroomde volharding+ opstaan en hom gee wat hy nodig het.  Gevolglik sê ek vir julle: Hou aan vra,+ en vir julle sal gegee word; hou aan soek,+ en julle sal vind; hou aan klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10  Want elkeen wat vra, ontvang;+ en elkeen wat soek, vind; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11  Ja, watter vader onder julle sal, as sy seun+ ’n vis vra, hom miskien ’n slang in plaas van ’n vis gee? 12  Of as hy ook ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee? 13  As julle, hoewel julle goddeloos is, dan weet hoe om goeie gawes aan julle kinders+ te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees+ gee aan dié wat hom vra!” 14  Later was hy besig om ’n stom+ demoon uit te dryf. Nadat die demoon uitgekom het, het die stom man gepraat. En die skare het hulle verwonder. 15  Maar sommige van hulle het gesê: “Hy dryf die demone uit deur middel van Beëlʹsebub, die heerser van die demone.”+ 16  Ander wou egter, om hom te versoek, ’n teken+ uit die hemel van hom hê. 17  Hy het hulle gedagtes geken+ en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes, en ’n huis wat teen homself verdeeld is, val.+ 18  As Satan dan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan?+ Want julle sê dat ek die demone deur middel van Beëlʹsebub uitdryf. 19  As ek die demone deur middel van Beëlʹsebub uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit?+ Daarom sal hulle julle regters wees. 20  Maar as ek die demone deur middel van God se vinger+ uitdryf, het die koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 21  Wanneer ’n sterk, goed gewapende man+ sy paleis bewaak, bly sy besittings in vrede. 22  Maar wanneer iemand wat sterker+ is as hy, hom aanval en hom oorwin,+ neem hy sy volle wapenrusting waarop hy vertrou het weg, en hy verdeel die goed wat hy van hom gebuit het. 23  Hy wat nie aan my kant is nie, is teen my, en hy wat nie saam met my bymekaarmaak nie, verstrooi.+ 24  “Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens uitkom, trek hy deur dor plekke op soek na ’n rusplek, en wanneer hy nie een gevind het nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis waaruit ek getrek het.’+ 25  En wanneer hy daar aankom, vind hy dit skoongevee en versier. 26  Dan gaan hy en neem sewe+ ander geeste saam wat boser as hy self is, en nadat hulle ingekom het, woon hulle daar; en die laaste omstandighede van dié mens word erger as die eerste.”+ 27  En terwyl hy hierdie dinge gesê het, het ’n sekere vrou uit die skare haar stem verhef en vir hom gesê: “Gelukkig is die moederskoot+ wat u gedra het en die borste waaraan u gedrink het!” 28  Maar hy het gesê: “Nee, gelukkig is eerder dié wat die woord van God hoor en dit nakom!”+ 29  Toe die skare saamstroom, het hy begin sê: “Hierdie geslag is ’n goddelose geslag; dit soek ’n teken.+ Maar dit sal geen teken gegee word nie, behalwe die teken van Jona.+ 30  Want net soos Jona+ ’n teken vir die Nineviete geword het, so sal die Seun van die mens ook vir hierdie geslag wees. 31  Die koningin+ van die suide sal in die oordeel saam met die mense van hierdie geslag opgewek word en sal hulle veroordeel; want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor, maar kyk! iets meer+ as Salomo is hier. 32  Die mense van Niʹneve sal in die oordeel saam met hierdie geslag opstaan en sal dit veroordeel; want hulle het berou gehad as gevolg van wat Jona gepreek het;+ maar kyk! iets meer+ as Jona is hier. 33  Nadat iemand ’n lamp aangesteek het, sit hy dit nie in ’n kelder of onder ’n maatemmer nie, maar op die lampstaander,+ sodat dié wat binnekom, die lig kan sien. 34  Die lamp van die liggaam is jou oog. Wanneer jou oog eenvoudig is, is jou hele liggaam ook lig;+ maar wanneer dit goddeloos is, is jou liggaam ook donker. 35  Wees dus waaksaam. Miskien is die lig wat in jou is duisternis.+ 36  As jou hele liggaam dan lig is en geen enkele deel duister nie, sal dit in sy geheel so lig+ wees soos wanneer ’n lamp jou deur sy strale lig gee.” 37  Toe hy dit gesê het, het ’n Fariseër hom versoek om by hom te kom eet.+ En hy het ingegaan en aan tafel gegaan. 38  Die Fariseër was egter verbaas toe hy sien dat hy nie voor die middagmaal eers gewas het nie.+ 39  Maar die Here het vir hom gesê: “Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en skottel skoon, maar julle binneste+ is vol roof en goddeloosheid.+ 40  Onredelikes! Hy wat die buitekant gemaak het,+ het ook die binnekant gemaak, nie waar nie? 41  Gee nietemin die dinge wat binne-in is as barmhartigheidsgawes,+ en kyk! alle ander dinge aangaande julle is rein. 42  Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee die tiende+ van die kruisement en die wynruit en van elke ander groentesoort, maar julle sien die geregtigheid en die liefde vir God oor die hoof! Julle het onder verpligting gestaan om hierdie dinge te doen, maar sonder om die ander na te laat.+ 43  Wee julle, Fariseërs, want julle is lief vir die voorste sitplekke in die sinagoges en die begroetinge op die markpleine!+ 44  Wee julle, want julle is soos daardie gedenkgrafte wat onherkenbaar is, sodat die mense daaroor loop en dit nie weet nie!”+ 45  Een van dié wat met die Wet vertroud was,+ het geantwoord en vir hom gesê: “Leermeester, deur hierdie dinge te sê, beledig u ons ook.” 46  Toe het hy gesê: “Wee julle ook wat met die Wet vertroud is, want julle belaai die mense met vragte wat moeilik is om te dra, maar self raak julle die vragte nie met een van julle vingers aan nie!+ 47  “Wee julle, want julle bou die gedenkgrafte van die profete, maar julle voorvaders het hulle doodgemaak!+ 48  Julle is beslis getuies van die dade van julle voorvaders en tog stem julle daarmee in,+ want hulle het die profete doodgemaak,+ maar julle bou hulle grafte. 49  Daarom het die wysheid+ van God ook gesê: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, en hulle sal party van hulle doodmaak en vervolg, 50  sodat die bloed van al die profete+ wat van die grondlegging van die wêreld af vergiet is, van hierdie geslag geëis kan word,+ 51  van die bloed van Abel+ af tot by die bloed van Sagariʹa,+ wat tussen die altaar en die huis omgebring is.’+ Ja, ek sê vir julle, dit sal van hierdie geslag geëis word. 52  “Wee julle wat met die Wet vertroud is, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem;+ julle het self nie ingegaan nie, en dié wat ingaan, het julle verhinder!”+ 53  En toe hy daarvandaan uitgaan, het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin om vreeslik op hom toe te sak en hom met vrae oor nog meer dinge te bestook, 54  terwyl hulle op die loer gelê het+ om iets uit sy mond op te vang.+

Voetnote