Lukas 13:1-35

13  In daardie selfde tyd was daar sommige teenwoordig wat vir hom vertel het van die Galileërs+ wie se bloed Pilatus met hulle offerandes gemeng het.  Toe het hy geantwoord en vir hulle gesê: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars+ was as al die ander Galileërs omdat hulle hierdie dinge gely het?  Nee, beslis nie, sê ek vir julle; maar tensy julle berou het, sal julle almal net so omkom.+  Of daardie agtien op wie die toring in Siloʹam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle groter skuldenaars was as al die ander mense wat in Jerusalem woon?  Nee, beslis nie, sê ek vir julle; maar tensy julle berou het, sal julle almal op dieselfde wyse omkom.”+  Toe het hy hierdie illustrasie vertel: “’n Sekere man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was,+ en hy het vrugte daaraan kom soek,+ maar niks gevind nie.+  Toe het hy vir die wingerdarbeider gesê: ‘Dit is nou al drie jaar+ dat ek vrugte aan hierdie vyeboom kom soek, maar niks vind nie. Kap dit af!+ Waarom moet dit die grond dan nutteloos hou?’  Hy het geantwoord en vir hom gesê: ‘Heer, laat staan dit+ ook hierdie jaar, totdat ek daarom spit en mis gooi;  en as dit dan in die toekoms vrugte voortbring, goed en wel; maar so nie, moet u dit afkap.’”+ 10  En hy het op die sabbat in een van die sinagoges geleer. 11  En kyk! ’n vrou wat agtien jaar lank ’n gees+ van swakheid gehad het, en sy was krom getrek en kon glad nie regop kom nie. 12  Toe Jesus haar sien, het hy haar aangespreek en vir haar gesê: “Vrou, jy is van jou swakheid bevry.”+ 13  En hy het haar die hande opgelê; en sy het oombliklik orent gekom+ en God begin verheerlik. 14  Maar in reaksie hierop het die presiderende beampte van die sinagoge, wat verontwaardig was omdat Jesus die genesing op die sabbat verrig het, vir die skare begin sê: “Daar is ses dae waarop werk gedoen behoort te word;+ kom dan daarop om genees te word, en nie op die sabbatdag nie.”+ 15  Die Here het hom egter geantwoord en gesê: “Huigelaars,+ maak elkeen van julle nie op die sabbat sy bul of sy esel uit die stal los en lei hom weg om hom te laat drink nie?+ 16  Was dit dan nie gepas dat hierdie vrou, wat ’n dogter van Abraham is,+ en wat Satan, kyk! agtien jaar lank gebind gehou het, op die sabbatdag van hierdie band verlos word nie?” 17  Wel, toe hy hierdie dinge sê, het al sy teenstanders beskaamd geraak;+ maar die hele skare het bly geword oor al die glorieryke dinge wat deur hom gedoen is.+ 18  Daarom het hy verder gesê: “Soos wat is die koninkryk van God, en waarmee sal ek dit vergelyk?+ 19  Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat ’n man geneem en in sy tuin geplant het, en dit het gegroei en ’n boom geword, en die voëls van die hemel+ het in sy takke gaan bly.”+ 20  En weer het hy gesê: “Waarmee sal ek die koninkryk van God vergelyk? 21  Dit is soos suurdeeg, wat ’n vrou geneem en in drie groot mate meel verberg het totdat die hele massa deursuur was.”+ 22  En hy het van stad tot stad en van dorpie tot dorpie gereis, terwyl hy geleer en sy reis na Jerusalem voortgesit het.+ 23  En ’n sekere man het vir hom gesê: “Here, is dié wat gered word min?”+ Hy het vir hulle gesê: 24  “Span julle kragtig in+ om deur die nou deur in te gaan,+ want baie, sê ek vir julle, sal probeer ingaan, maar sal nie in staat wees nie,+ 25  wanneer die huisheer eenmaal opgestaan en die deur gesluit het en julle begin om buite te staan en aan die deur te klop en te sê: ‘Meneer, maak vir ons oop.’+ Maar hy sal antwoord en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’+ 26  Dan sal julle begin sê: ‘Ons het voor u geëet en gedrink, en u het in ons breë strate geleer.’+ 27  Maar hy sal praat en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg van my af, al julle werkers van onregverdigheid!’+ 28  Dáár sal julle gehuil en die gekners van julle tande+ wees, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien,+ maar dat julle self buite gewerp is. 29  Daarbenewens sal daar mense uit oostelike en westelike streke kom, en uit die noorde en die suide,+ en in die koninkryk van God aan tafel gaan.+ 30  En kyk! daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees.”+ 31  In daardie selfde uur het sekere Fariseërs nader gekom en vir hom gesê: “Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil u doodmaak.” 32  En hy het vir hulle gesê: “Gaan sê vir daardie jakkals:+ ‘Kyk! Vandag en môre dryf ek demone uit en verrig ek genesings, en die derde dag sal ek klaar wees.’+ 33  Nietemin moet ek vandag en môre en oormôre verder gaan, want dit is nie toelaatbaar dat ’n profeet buite Jerusalem doodgemaak word nie.+ 34  Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak+ en dié stenig+ wat na haar gestuur is—hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar broeisel kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak,+ maar julle wou nie!+ 35  Kyk! Julle huis+ word vir julle verlate agtergelaat. Ek sê vir julle: Julle sal my hoegenaamd nie sien nie totdat julle sê: ‘Geseënd is hy wat in Jehovah se naam kom!’”+

Voetnote