Lukas 14:1-35

14  En toe hy by een geleentheid op die sabbat in die huis van een van die heersers van die Fariseërs ingaan om daar te eet,+ het hulle hom fyn dopgehou.+  En kyk! daar was ’n sekere man voor hom wat aan watersug gely het.  Daarop het Jesus met dié wat met die Wet vertroud was en met die Fariseërs gepraat en gesê: “Is dit op die sabbat geoorloof om te genees of nie?”+  Maar hulle het stilgebly. Daarop het hy die man geneem, hom gesond gemaak en weggestuur.  En hy het vir hulle gesê: “Wie van julle sal, as sy seun of bul in ’n put val,+ hom nie onmiddellik op die sabbatdag uittrek nie?”+  En hulle kon nie op hierdie dinge antwoord nie.+  Hy het vir die genooides ’n illustrasie vertel toe hy merk hoe hulle vir hulleself die vernaamste plekke kies en het vir hulle gesê:+  “Wanneer jy deur iemand na ’n huweliksfees genooi word, moet jy nie die vernaamste plek inneem nie.+ Miskien is iemand wat vernamer as jy is terselfdertyd deur hom genooi,  en hy wat jou en hom genooi het, sal kom en vir jou sê: ‘Staan die plek aan hierdie man af.’ En dan sal jy met skaamte die geringste plek gaan inneem.+ 10  Maar wanneer jy genooi word, moet jy die geringste plek gaan inneem,+ sodat wanneer die man kom wat jou genooi het, hy vir jou sal sê: ‘Vriend, gaan hoër op.’ Dan sal jy eer voor al jou medegaste hê.+ 11  Want elkeen wat hom verhef, sal verneder word, en hy wat hom verneder, sal verhef word.”+ 12  Daarna het hy ook vir die man wat hom genooi het, begin sê: “Wanneer jy ’n middag- of aandete gee, moet jy nie jou vriende of jou broers of jou familielede of ryk bure roep nie. Miskien nooi hulle jou ook weer die een of ander tyd en dan sal dit vir jou ’n vergoeding word. 13  Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, kreupeles, verlamdes, blindes;+ 14  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou mee te vergoed nie. Want jy sal in die opstanding+ van die regverdiges vergoed word.” 15  Toe een van die medegaste hierdie dinge hoor, het hy vir hom gesê: “Gelukkig is hy wat in die koninkryk van God brood eet.”+ 16  Jesus het vir hom gesê: “’n Sekere man het ’n groot aandmaal gegee, en hy het baie genooi.+ 17  En hy het sy slaaf op die uur van die aandmaal uitgestuur om vir die genooides te sê: ‘Kom,+ want alles is nou gereed.’ 18  Maar hulle het almal eenparig begin vra om verskoon te word.+ Die eerste het vir hom gesê: ‘Ek het ’n saailand gekoop en moet uitgaan om daarna te kyk; ek vra u: Verskoon my.’+ 19  En ’n ander een het gesê: ‘Ek het vyf paar beeste gekoop en gaan om hulle te ondersoek; ek vra u: Verskoon my.’+ 20  Nog ’n ander een het gesê: ‘Ek het so pas ’n vrou getrou+ en daarom kan ek nie kom nie.’ 21  Toe het die slaaf gekom en hierdie dinge vir sy heer vertel. Toe het die huisheer toornig geword en vir sy slaaf gesê: ‘Gaan gou uit na die breë strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hier in.’+ 22  Na ’n ruk het die slaaf gesê: ‘Heer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog steeds plek.’ 23  En die heer het vir die slaaf gesê: ‘Gaan uit na die paaie+ en die omheinde plekke en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.+ 24  Want ek sê vir julle: Nie een van daardie manne wat genooi is, sal my aandmaal proe nie.’”+ 25  En groot menigtes het saam met hom gereis, en hy het omgedraai en vir hulle gesê: 26  “As iemand na my toe kom en nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, en selfs sy eie siel, haat nie,+ kan hy nie my dissipel wees nie.+ 27  Elkeen wat nie sy folterpaal dra en agter my aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.+ 28  Byvoorbeeld, wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken,+ om te sien of hy genoeg het om dit te voltooi nie? 29  Anders lê hy miskien die fondament daarvan, maar is hy nie in staat om dit klaar te maak nie, en almal wat dit sien, sal hom dalk begin spot 30  en sê: ‘Hierdie man het begin bou, maar was nie in staat om dit klaar te maak nie.’ 31  Of watter koning wat opruk om teen ’n ander koning oorlog te voer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy met tienduisend troepe opgewasse is teen die een wat met twintigduisend teen hom kom nie?+ 32  As hy dit dan nie kan doen nie, stuur hy ’n groep ambassadeurs uit terwyl die ander een nog ver weg is en vra vrede.+ 33  Jy kan derhalwe daarvan seker wees dat geeneen van julle wat nie van al sy besittings afskeid neem,+ my dissipel kan wees nie. 34  “Sout is ongetwyfeld goed. Maar as selfs die sout sy krag verloor, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?+ 35  Dit is nie geskik as grond of as bemesting nie. Mense gooi dit buite. Laat hom wat ore het om te luister, luister.”+

Voetnote