Lukas 16:1-31

16  Toe het hy ook vir die dissipels gesê: “’n Sekere man was ryk en het ’n bestuurder gehad,+ en dié is by hom daarvan beskuldig dat hy verkwistend met sy goed werk.+  Toe het hy hom geroep en vir hom gesê: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee rekenskap+ van jou bestuur, want jy kan nie langer die huis bestuur nie.’  Toe het die bestuurder by homself gesê: ‘Wat moet ek doen, aangesien my heer+ die bestuurderskap van my af sal wegneem? Ek is nie sterk genoeg om te spit nie; ek skaam my om te bedel.  A! Ek weet wat ek sal doen sodat mense my in hulle huise sal ontvang+ wanneer ek uit die bestuurderskap ontslaan word.’  En hy het elkeen van sy heer se skuldenaars na hom toe geroep en vir die eerste begin sê: ‘Hoeveel skuld jy my heer?’  Hy het gesê: ‘Honderd bat olyfolie.’ Hy het vir hom gesê: ‘Neem jou geskrewe ooreenkoms terug en gaan sit en skryf gou vyftig.’  Daarna het hy vir ’n ander een gesê: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Hy het gesê: ‘Honderd kor koring.’ Hy het vir hom gesê: ‘Neem jou geskrewe ooreenkoms terug en skryf tagtig.’  En sy heer het die bestuurder, hoewel onregverdig, geprys, omdat hy met praktiese wysheid gehandel het;+ want die kinders van hierdie stelsel van dinge is in ’n praktiese opsig wyser teenoor hulle eie geslag as die kinders van die lig.+  “Ook sê ek vir julle: Maak vir julle vriende+ deur middel van die onregverdige rykdom,+ sodat wanneer dit faal, hulle julle in die ewige woonplekke sal ontvang.+ 10  Hy wat in die geringste getrou is, is ook in baie getrou, en hy wat in die geringste onregverdig is, is ook in baie onregverdig.+ 11  As julle dan nie getrou was in verband met die onregverdige rykdom nie, wie sal aan julle toevertrou wat waar is?+ 12  En as julle nie getrou was in verband met wat ’n ander s’n is nie,+ wie sal vir julle julle eie gee? 13  Geen huiskneg kan ’n slaaf van twee here wees nie; want hy sal óf die een haat en die ander liefhê, óf die een aankleef en die ander verag. Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.”+ 14  En die Fariseërs, wat liefhebbers van geld was, het na al hierdie dinge geluister, en hulle het hom begin uitlag.+ 15  Gevolglik het hy vir hulle gesê: “Julle is dié wat julleself voor die mense regverdig verklaar,+ maar God ken julle harte;+ want wat hoog is onder die mense, is iets walgliks in God se oë.+ 16  “Die Wet en die Profete was tot op Johannes.+ Van toe af word die koninkryk van God as goeie nuus bekend gemaak, en alle soorte mense beur vooruit daarna.+ 17  Ja, dit is makliker vir hemel en aarde om verby te gaan+ as dat een deeltjie+ van ’n letter van die Wet onvervuld bly.+ 18  “Elkeen wat van sy vrou skei en met ’n ander trou, pleeg egbreuk, en hy wat met ’n vrou trou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.+ 19  “Maar ’n sekere man was ryk,+ en hy het hom altyd in purper en linne geklee, en hy het van dag tot dag vrolik en in weelde gelewe.+ 20  Maar ’n sekere bedelaar met die naam Laʹsarus wat vol swere was, is altyd by sy poort neergesit 21  en het begeer om versadig te word met wat van die tafel van die ryk man geval het. Ja, ook het die honde gekom en sy swere gelek. 22  En na verloop van tyd het die bedelaar gesterf+ en is hy deur die engele na die boesemposisie+ van Abraham+ weggedra. “Ook die ryk man het gesterf+ en is begrawe. 23  En in Haʹdes het hy sy oë opgeslaan, terwyl hy in pyne was,+ en hy het Abraham in die verte gesien en Laʹsarus in die boesemposisie by hom. 24  Toe het hy geroep en gesê: ‘Vader Abraham,+ wees my barmhartig en stuur Laʹsarus om die punt van sy vinger in water te doop en my tong af te koel,+ want ek ly pyn in hierdie vlammende vuur.’+ 25  Maar Abraham het gesê: ‘Kind, onthou dat jy in jou lewe jou goeie dinge ten volle ontvang het, maar Laʹsarus dienooreenkomstig die skadelike dinge. Nou word hy egter hier vertroos, maar jy ly pyn.+ 26  En behalwe dit alles is daar ’n groot kloof+ tussen ons en julle gevestig,+ sodat dié wat hiervandaan na julle toe wil oorgaan, nie kan nie, en ook mag mense nie daarvandaan na ons toe oorkom nie.’+ 27  Toe het hy gesê: ‘In daardie geval vra ek u, vader, om hom na die huis van my vader te stuur, 28  want ek het vyf broers, sodat hy hulle ’n deeglike getuienis kan gee, dat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ 29  Maar Abraham het gesê: ‘Hulle het Moses+ en die Profete;+ laat hulle na dié luister.’+ 30  Toe het hy gesê: ‘Néé, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle toe gaan, sal hulle berou hê.’ 31  Maar hy het vir hom gesê: ‘As hulle nie na Moses+ en die Profete luister nie, sal hulle ook nie oortuig word as iemand uit die dode opstaan nie.’”

Voetnote