Lukas 17:1-37

17  Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar oorsake van struikeling kom.+ Maar wee die een deur wie hulle kom!+  Dit sou vir hom voordeliger wees as ’n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word+ as dat hy een van hierdie kleintjies laat struikel.+  Let op julleself. As jou broer ’n sonde begaan, bestraf hom,+ en as hy berou het, vergewe hom.+  Selfs as hy sewe keer per dag teen jou sondig en sewe keer na jou toe terugkom en sê: ‘Ek het berou’, moet jy hom vergewe.”+  En die apostels het vir die Here gesê: “Gee ons meer geloof.”+  Toe het die Here gesê: “As julle geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie swartmoerbeiboom sê: ‘Word ontwortel en in die see geplant!’ en hy sou julle gehoorsaam.+  “Wie van julle wat ’n slaaf het wat ploeg of die kudde oppas, sal, wanneer hy van die land af inkom, vir hom sê: ‘Kom dadelik hier aan tafel’?  Sal hy nie eerder vir hom sê nie: ‘Maak iets vir my aandete gereed, en sit ’n voorskoot aan en bedien my totdat ek klaar geëet en gedrink het, en agterna kan jy eet en drink’?  Hy sal tog nie dankbaar wees teenoor die slaaf omdat hy die dinge gedoen het wat aan hom opgedra is nie, of hoe? 10  So ook moet julle, wanneer julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê: ‘Ons is nikswerd slawe.+ Wat ons gedoen het, is wat ons behoort te gedoen het.’” 11  En terwyl hy na Jerusalem gegaan het, het hy deur Samariʹa en Galileʹa gereis.+ 12  En toe hy in ’n sekere dorpie ingaan, het tien melaatse+ manne hom tegemoetgekom, maar hulle het ver weg bly staan. 13  En hulle het hulle stem verhef en gesê: “Jesus, Onderrigter, wees ons barmhartig!”+ 14  En toe hy hulle sien, het hy vir hulle gesê: “Gaan wys julle vir die priesters.”+ En terwyl hulle weggegaan het, het hulle reiniging plaasgevind.+ 15  Een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond is, teruggedraai en God met ’n harde stem verheerlik.+ 16  En hy het voor Jesus se voete+ op sy gesig geval en hom gedank; en hy was ’n Samaritaan.+ 17  Jesus het geantwoord en gesê: “Al tien is gereinig, nie waar nie? Waar is die ander nege dan? 18  Is daar niemand gevind wat teruggedraai het om aan God heerlikheid te gee behalwe hierdie man van ’n ander nasie nie?” 19  En hy het vir hom gesê: “Staan op en gaan dan; jou geloof het jou gesond gemaak.”+ 20  Maar toe hy deur die Fariseërs gevra word wanneer die koninkryk van God kom,+ het hy hulle geantwoord en gesê: “Die koninkryk van God kom nie met opvallende waarneembaarheid nie, 21  en ook sal mense nie sê: ‘Kyk hier!’ of: ‘Daar!’ nie.+ Want kyk! die koninkryk van God is in julle midde.”+ 22  Toe het hy vir die dissipels gesê: “Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie.+ 23  En mense sal vir julle sê: ‘Kyk daar!’ of: ‘Kyk hier!’+ Moenie uitgaan of hulle agternaloop nie.+ 24  Want net soos die weerlig,+ deur sy geflits, van een deel onder die hemel tot ’n ander deel onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens+ wees. 25  Maar eers moet hy baie lyding ondergaan en deur hierdie geslag verwerp word.+ 26  En net soos dit in die dae van Noag gebeur het,+ so sal dit ook in die dae van die Seun van die mens wees:+ 27  hulle het geëet, hulle het gedrink, manne het getrou, vroue is in die huwelik gegee, tot op daardie dag toe Noag in die ark ingegaan het en die vloed gekom en hulle almal vernietig het.+ 28  Net soos dit ook in die dae van Lot gebeur het:+ hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het gekoop, hulle het verkoop, hulle het geplant, hulle het gebou. 29  Maar op die dag dat Lot uit Sodom uitgekom het, het dit vuur en swael uit die hemel gereën en hulle almal vernietig.+ 30  Net so sal dit wees op daardie dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar sal word.+ 31  “Op daardie dag moet die een wat op die dak is maar wie se losgoed in die huis is, nie afkom om dit te gaan haal nie, en so ook moet die een wat buite op die land is, nie terugkeer na die dinge wat agter is nie. 32  DINK aan die vrou van Lot.+ 33  Elkeen wat sy siel vir homself probeer bewaar, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit in die lewe behou.+ 34  Ek sê vir julle: In daardie nag sal twee manne in een bed wees; die een sal saamgeneem word, maar die ander sal agtergelaat word.+ 35  Daar sal twee vroue wees wat by dieselfde meul maal; die een sal saamgeneem word, maar die ander sal agtergelaat word.”+ 36  —— 37  Toe het hulle geantwoord en vir hom gesê: “Waar, Here?” Hy het vir hulle gesê: “Waar die liggaam is,+ daar sal die arende ook bymekaarkom.”+

Voetnote