Lukas 18:1-43
18 Toe het hy vir hulle ’n illustrasie vertel oor die noodsaaklikheid vir hulle om altyd te bid en nie moed op te gee nie+
2 en gesê: “In ’n sekere stad was daar ’n sekere regter wat geen vrees vir God en geen respek vir mense gehad het nie.
3 Maar daar was ’n weduwee in daardie stad, en sy het aanhoudend na hom toe gegaan+ en gesê: ‘Sorg dat reg aan my geskied ten opsigte van my teenstander in die regsgeding.’
4 Wel, ’n ruk lank wou hy nie, maar agterna het hy vir homself gesê: ‘Hoewel ek nie God vrees of ’n mens respekteer nie,
5 sal ek in elk geval, omdat hierdie weduwee my voortdurend lastig val,+ sorg dat reg aan haar geskied, sodat sy nie aanhoudend sal kom en my slaan+ tot ek gedaan is nie.’”
6 Toe het die Here gesê: “HOOR wat die regter, hoewel onregverdig, gesê het!
7 Sal God dan nie beslis reg+ laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot hom roep nie, al is hy lankmoedig+ teenoor hulle?
8 Ek sê vir julle: Hy sal gou reg aan hulle laat geskied.+ Maar sal die Seun van die mens werklik die geloof op die aarde vind wanneer hy kom?”
9 Maar hy het ook vir party wat op hulleself vertrou het dat hulle regverdig is+ en wat die res as niks beskou het nie,+ hierdie illustrasie vertel:
10 “Twee mense het na die tempel opgegaan om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’n belastinggaarder.
11 Die Fariseër het gaan staan+ en hierdie dinge by homself begin bid:+ ‘O God, ek dank u dat ek nie soos die res van die mense is nie: afpersers, onregverdig, egbrekers, of selfs soos hierdie belastinggaarder.+
12 Ek vas twee keer per week, ek gee die tiende van alles wat ek verkry.’+
13 Maar die belastinggaarder, wat op ’n afstand gestaan het, wou nie eens sy oë na die hemel opslaan nie, maar het op sy bors bly slaan+ en gesê: ‘O God, wees my, ’n sondaar, genadig.’+
14 Ek sê vir julle: Hierdie man het na sy huis afgegaan, regverdiger+ as daardie man; want elkeen wat hom verhef, sal verneder word, maar hy wat hom verneder, sal verhef word.”+
15 En mense het ook hulle kindertjies na hom toe begin bring sodat hy hulle sou aanraak; maar toe die dissipels dit sien, het hulle hulle begin berispe.+
16 Jesus het egter die kindertjies na hom toe geroep en gesê: “Laat die jong kinders na my toe kom, en moet hulle nie probeer keer nie. Want die koninkryk van God behoort aan dié wat soos hulle is.+
17 Voorwaar, ek sê vir julle: Elkeen wat die koninkryk van God nie soos ’n jong kind ontvang nie, sal hoegenaamd nie daarin ingaan nie.”+
18 En ’n sekere heerser het hom gevra en gesê: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?”+
19 Jesus het vir hom gesê: “Waarom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, God.+
20 Jy ken die gebooie:+ ‘Moenie egbreuk pleeg nie,+ Moenie moord pleeg nie,+ Moenie steel nie,+ Moenie valse getuienis aflê nie,+ Eer jou vader en moeder.’”+
21 Toe het hy gesê: “Dit alles het ek van my jeug af nagekom.”+
22 Nadat Jesus dit gehoor het, het hy vir hom gesê: “Een ding kom jy nog kort: Verkoop alles wat jy het en deel dit aan die armes uit, en jy sal ’n skat in die hemele hê; en kom word my volgeling.”+
23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.+
24 Jesus het na hom gekyk en gesê: “Hoe moeilik sal dit tog wees vir dié wat geld het, om in die koninkryk van God in te gaan!+
25 Trouens, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.”+
26 Dié wat dit gehoor het, het gesê: “Wie kan dan gered word?”
27 Hy het gesê: “Die dinge wat onmoontlik is by mense, is moontlik by God.”+
28 Maar Petrus het gesê: “Kyk! Ons het ons eie goed verlaat en u gevolg.”+
29 Hy het vir hulle gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle: Daar is niemand wat huis of vrou of broers of ouers of kinders ter wille van die koninkryk van God verlaat het,+
30 wat nie op die een of ander wyse in hierdie tyd baie keer soveel sal kry nie, en in die komende stelsel van dinge, die ewige lewe.”+
31 Toe het hy die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk! Ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur middel van die profete+ oor die Seun van die mens geskryf is, sal volbring word.+
32 Hy sal byvoorbeeld aan mense van die nasies oorgelewer word en sal die spot mee gedryf word+ en minagtend behandel+ en bespoeg+ word;
33 en nadat hulle hom gegesel het,+ sal hulle hom doodmaak,+ maar op die derde dag sal hy opstaan.”+
34 Hulle het egter nie die betekenis van enige van hierdie dinge verstaan nie; maar hierdie woord was vir hulle verborge, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.+
35 En toe hy naby Jeʹrigo kom, het ’n sekere blinde man langs die pad gesit en bedel.+
36 Omdat hy ’n skare hoor verbygaan het, het hy begin vra wat dit beteken.
37 Hulle het vir hom vertel: “Jesus die Nasarener gaan verby!”+
38 Daarop het hy uitgeroep en gesê: “Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!”+
39 En dié wat voor geloop het, het hom streng begin aansê om stil te bly, maar hy het des te meer uitgeroep: “Seun van Dawid, wees my barmhartig.”+
40 Toe het Jesus gaan staan en beveel dat die man na hom toe gelei moet word.+ Nadat hy naby gekom het, het Jesus hom gevra:
41 “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?”+ Hy het gesê: “Here, laat my weer sien.”+
42 Toe het Jesus vir hom gesê: “Sien weer; jou geloof het jou gesond gemaak.”+
43 En oombliklik kon hy weer sien,+ en hy het hom begin volg, terwyl hy God verheerlik het.+ Ook het al die mense, toe hulle dit sien, lof aan God gebring.