Lukas 20:1-47

20  Op een van die dae, terwyl hy die volk in die tempel geleer en die goeie nuus bekend gemaak het, het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouer manne nader gekom,+  en hulle het hard gepraat en vir hom gesê: “Sê vir ons deur watter gesag jy hierdie dinge doen, of wie jou hierdie gesag gegee het.”+  Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Ek sal julle ook ’n vraag vra, en sê julle vir my:+  Was die doop van Johannes uit die hemel of uit die mense?”+  Toe het hulle onder mekaar gevolgtrekkings gemaak en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel’, sal hy sê: ‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’+  Maar as ons sê: ‘Uit die mense’, sal die hele volk ons stenig,+ want hulle is daarvan oortuig dat Johannes+ ’n profeet was.”+  Toe het hulle geantwoord dat hulle nie weet uit watter bron dit was nie.  En Jesus het vir hulle gesê: “Dan sê ek ook nie vir julle deur watter gesag ek hierdie dinge doen nie.”+  Toe het hy vir die volk hierdie illustrasie begin vertel: “’n Man het ’n wingerd geplant+ en dit aan landbouers verhuur, en hy het vir ’n geruime tyd na die buiteland gereis.+ 10  Maar op die regte tyd het hy ’n slaaf+ na die landbouers+ toe gestuur, sodat hulle vir hom van die vrug van die wingerd sou gee.+ Die landbouers het hom egter met leë hande weggestuur+ nadat hulle hom geslaan het. 11  Maar hy het weer ’n ander slaaf na hulle toe gestuur. Ook dié het hulle geslaan en oneer aangedoen en met leë hande weggestuur.+ 12  Weer eens het hy ’n derde gestuur;+ ook dié het hulle gewond en uitgegooi. 13  Hierop het die eienaar van die wingerd gesê: ‘Wat sal ek doen? Ek sal my seun, die geliefde, stuur.+ Heel moontlik sal hulle hom respekteer.’ 14  Toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: ‘Dit is die erfgenaam; laat ons hom doodmaak, sodat die erfenis ons s’n kan word.’+ 15  Daarop het hulle hom buite die wingerd uitgegooi+ en hom doodgemaak.+ Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?+ 16  Hy sal kom en hierdie landbouers doodmaak en die wingerd vir ander gee.”+ Toe hulle dit hoor, het hulle gesê: “Mag dit nooit gebeur nie!” 17  Maar hy het hulle aangekyk en gesê: “Wat beteken dít dan wat geskrywe staan: ‘Die steen wat die bouers verwerp het,+ dié het die hoofhoeksteen geword’?+ 18  Elkeen wat op daardie steen val, sal verpletter word.+ Wat iemand betref op wie dit val,+ dit sal hom vermorsel.”+ 19  Die skrifgeleerdes en die hoofpriesters het toe probeer om in daardie selfde uur die hande aan hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het begryp dat hy hierdie illustrasie met hulle in gedagte vertel het.+ 20  En nadat hulle hom fyn dopgehou het, het hulle manne uitgestuur wat in die geheim gehuur is om voor te gee dat hulle regverdig is, sodat hulle hom in woorde kon verstrik,+ om hom aan die regering en aan die gesag van die goewerneur oor te lewer.+ 21  En hulle het hom gevra en gesê: “Leermeester, ons weet dat u korrek spreek en leer en geen partydigheid toon nie, maar dat u die weg van God in ooreenstemming met die waarheid leer:+ 22  Is dit ons geoorloof om belasting aan die keiser te betaal of nie?”+ 23  Maar hy het hulle listigheid bespeur en vir hulle gesê:+ 24  “Wys my ’n denaʹrius. Wie se beeld en opskrif het dit?” Hulle het gesê: “Die keiser s’n.”+ 25  Hy het vir hulle gesê: “Betaal dan alte seker aan die keiser terug wat aan die keiser behoort,+ maar aan God wat aan God behoort.”+ 26  Wel, hulle kon hom nie in hierdie woord voor die volk verstrik nie, maar verbaas oor sy antwoord, het hulle niks gesê nie.+ 27  Party van die Sadduseërs, dié wat sê dat daar geen opstanding is nie, het egter nader gekom+ en hom gevra 28  en gesê: “Leermeester, Moses+ het vir ons geskryf: ‘As ’n man se broer, wat ’n vrou het, sterf, maar dié kinderloos gebly het, moet sy broer+ die vrou neem en by haar ’n nageslag vir sy broer verwek.’+ 29  Daar was dan nou sewe broers; en die eerste het ’n vrou geneem en kinderloos gesterf.+ 30  So ook die tweede, 31  en die derde het haar geneem. Net so al sewe: hulle het nie kinders agtergelaat nie, maar afgesterf.+ 32  Laastens het die vrou ook gesterf.+ 33  Watter een van hulle se vrou sal sy gevolglik in die opstanding word? Want al sewe het haar as vrou gehad.”+ 34  Jesus het vir hulle gesê: “Die kinders van hierdie stelsel van dinge trou en word in die huwelik gegee,+ 35  maar dié wat waardig geag is+ om daardie stelsel van dinge+ en die opstanding uit die dode+ te verkry, trou nie en word ook nie in die huwelik gegee nie. 36  Trouens, hulle kan ook nie meer sterf nie,+ want hulle is soos die engele, en hulle is God se kinders deurdat hulle kinders van die opstanding is.+ 37  Maar dat die dooies opgewek word, het ook Moses onthul, in die verslag oor die doringbos,+ wanneer hy Jehovah ‘die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob’ noem.+ 38  Hy is ’n God, nie van die dooies nie, maar van die lewendes, want vir hom lewe hulle almal.”+ 39  Party van die skrifgeleerdes het geantwoord en gesê: “Leermeester, u het goed gespreek.” 40  Want hulle het nie meer die moed gehad om hom ’n enkele vraag te vra nie. 41  Hierop het hy vir hulle gesê: “Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus Dawid se seun is?+ 42  Want Dawid self sê in die boek van die Psalms: ‘Jehovah het vir my Here gesê: “Sit aan my regterhand 43  totdat ek jou vyande as ’n voetbank vir jou voete maak.”’+ 44  Dawid noem hom dus ‘Here’; hoe is hy dan sy seun?” 45  Toe het hy, terwyl die hele volk geluister het, vir die dissipels gesê:+ 46  “Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere wil rondloop en hou van begroetinge op die markpleine en die voorste sitplekke in die sinagoges en die vernaamste plekke by aandmaaltye,+ 47  en wat die huise van die weduwees verslind+ en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.”+

Voetnote