Lukas 21:1-38

21  En toe hy opkyk, het hy die rykes hulle gawes in die skatkiste sien gooi.+  Toe het hy ’n sekere behoeftige weduwee twee muntstukkies van baie min waarde daar sien ingooi,+  en hy het gesê: “Ek sê vir julle die waarheid: Hierdie weduwee het, hoewel sy arm is, meer as hulle almal ingegooi.+  Want hulle almal het uit hulle oorvloed gawes ingegooi, maar hierdie vrou het in haar gebrek al die middele vir lewensonderhoud ingegooi wat sy gehad het.”+  Later, toe sommige oor die tempel praat, hoe dit met goeie klippe en toegewyde dinge versier is,+  het hy gesê: “Wat hierdie dinge betref wat julle sien, die dae sal kom waarin nie ’n klip op ’n klip hier gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.”+  Toe het hulle hom gevra en gesê: “Leermeester, wanneer sal hierdie dinge dan wees, en wat sal die teken wees wanneer hierdie dinge bestem is om te gebeur?”+  Hy het gesê: “Pas op dat julle nie mislei word nie;+ want baie sal onder my naam kom en sê: ‘Dit is ek’, en: ‘Die bestemde tyd het naby gekom.’+ Moenie agter hulle aan gaan nie.  En wanneer julle van oorloë en oproere hoor, moet julle nie verskrik word nie.+ Want hierdie dinge moet eers plaasvind, maar die einde kom nie onmiddellik nie.” 10  Toe het hy verder vir hulle gesê: “Nasie sal teen nasie opstaan+ en koninkryk teen koninkryk;+ 11  en daar sal groot aardbewings wees, en op die een plek na die ander pessiektes en voedseltekorte;+ en daar sal vreesaanjaende gesigte wees, en groot tekens van die hemel af.+ 12  “Maar voor al hierdie dinge sal mense die hande aan julle slaan en julle vervolg+ en julle aan die sinagoges en gevangenisse oorlewer, en julle sal ter wille van my naam voor konings en goewerneurs gesleep word.+ 13  Dit sal vir julle op ’n getuienis uitloop.+ 14  Neem julle dus in julle harte voor om nie vooraf te oefen hoe julle julle gaan verdedig nie,+ 15  want ek sal aan julle ’n mond en wysheid gee, wat al julle teenstanders tesame nie sal kan weerstaan of betwis nie.+ 16  Wat meer is, julle sal selfs deur ouers en broers en familielede en vriende oorgelewer word,+ en hulle sal party van julle doodmaak;+ 17  en julle sal weens my naam vir alle mense voorwerpe van haat wees.+ 18  En tog sal daar hoegenaamd nie ’n haar+ van julle kop vergaan nie. 19  Deur julle volharding sal julle julle siel verwerf.+ 20  “En wanneer julle Jerusalem deur leërkampe omsingel sien,+ dan moet julle weet dat sy verwoesting naby gekom het.+ 21  Laat dié wat in Judeʹa is, dan na die berge begin vlug, en laat dié wat in die stad is, uitgaan, en laat dié wat in die plattelandse plekke is, nie daar ingaan nie;+ 22  want dit is dae waarin die reg toegepas sal word, sodat alles wat geskrywe staan, vervul kan word.+ 23  Wee die swanger vroue en dié wat ’n baba soog in daardie dae!+ Want daar sal groot nood in die land en gramskap oor hierdie volk wees; 24  en hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as gevangenes na al die nasies weggevoer word;+ en Jerusalem sal deur die nasies vertrap word, tot die vasgestelde tye+ van die nasies vervul is. 25  “En daar sal tekens in son+ en maan en sterre wees, en op die aarde angs onder die nasies, wat radeloos is as gevolg van die gedreun van die see+ en sy onstuimigheid,+ 26  terwyl die mense flou word van vrees+ en verwagting aangaande die dinge wat oor die bewoonde aarde kom;+ want die kragte van die hemele sal geskud word.+ 27  En dan sal hulle die Seun van die mens+ met krag en groot heerlikheid in ’n wolk sien kom.+ 28  Maar wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want julle verlossing kom nader.” 29  Daarop het hy vir hulle ’n illustrasie vertel: “Let op die vyeboom en al die ander bome:+ 30  Wanneer hulle reeds in bot staan, weet julle self, deurdat julle dit sien, dat die somer nou naby is.+ 31  So moet julle, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, ook weet dat die koninkryk van God naby is.+ 32  Voorwaar, ek sê vir julle: Hierdie geslag sal hoegenaamd nie verbygaan voordat alles plaasgevind het nie.+ 33  Hemel en aarde sal verbygaan,+ maar my woorde sal hoegenaamd nie verbygaan nie.+ 34  “Maar let op julleself dat julle harte nooit beswaar word met oormatige etery en strawwe+ drinkery en sorge+ van die lewe, en dié dag skielik, in ’n oomblik, oor julle kom+ 35  soos ’n strik+ nie. Want dit sal oor almal kom wat op die oppervlak van die hele aarde woon.+ 36  Bly dus wakker+ en doen te alle tye smeekbedes+ dat julle daarin sal slaag om te ontkom aan al hierdie dinge wat bestem is om te gebeur en om voor die Seun van die mens te staan.”+ 37  En bedags het hy in die tempel geleer,+ maar snags het hy uitgegaan en op die berg oornag wat die Olyfberg+ genoem word. 38  En die hele volk+ het soggens vroeg in die tempel na hom toe gekom om na hom te luister.

Voetnote