Lukas 22:1-71

22  En die fees van die ongesuurde koeke, wat die Pasga genoem word,+ het nader gekom.  Ook het die hoofpriesters en die skrifgeleerdes ’n doeltreffende manier gesoek waarop hulle van hom ontslae kon raak,+ want hulle het die volk gevrees.+  Maar Satan het in Judas, wat Iskaʹriot genoem en onder die twaalf getel is,+ ingevaar;  en hy het weggegaan en met die hoofpriesters en tempelhoofmanne gepraat oor ’n doeltreffende manier om hom aan hulle te verraai.+  Wel, hulle was bly en het ooreengekom om hom silwergeld te gee.+  Toe het hy ingestem, en hy het ’n goeie geleentheid begin soek om hom aan hulle te verraai sonder dat daar ’n skare by is.+  Die dag van die ongesuurde koeke, waarop die pasgaslagoffer geoffer moet word, het toe aangebreek;+  en hy het Petrus en Johannes gestuur en gesê: “Gaan maak die pasga vir ons gereed+ dat ons dit kan eet.”  Hulle het vir hom gesê: “Waar wil u hê moet ons dit gereedmaak?” 10  Hy het vir hulle gesê:+ “Kyk! Wanneer julle in die stad ingaan, sal ’n man wat ’n erdehouer met water dra, julle ontmoet. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan.+ 11  En julle moet vir die eienaar van die huis sê: ‘Die Leermeester sê vir u: “Waar is die gastevertrek waarin ek die pasga saam met my dissipels kan eet?”’+ 12  En daardie man sal julle ’n groot bovertrek wys wat ingerig is.+ Maak dit daar gereed.” 13  Toe het hulle weggegaan en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het, en hulle het die pasga gereedgemaak.+ 14  Toe die uur eindelik kom, het hy aan tafel gegaan, en die apostels saam met hom.+ 15  En hy het vir hulle gesê: “Ek het vurig begeer om hierdie pasga saam met julle te eet voordat ek ly; 16  want ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet totdat dit in die koninkryk van God vervul word nie.”+ 17  En hy het ’n beker aanvaar,+ gedank en gesê: “Neem dit en stuur dit van die een na die ander onder julle rond; 18  want ek sê vir julle: Van nou af sal ek nie weer van die vrug van die wingerdstok drink totdat die koninkryk van God kom nie.”+ 19  Ook het hy ’n brood geneem,+ gedank, dit gebreek en dit vir hulle gegee en gesê: “Dit beteken my liggaam,+ wat vir julle gegee sal word.+ Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”+ 20  Ook die beker+ op dieselfde wyse nadat hulle die aandmaal geëet het, terwyl hy gesê het: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ kragtens my bloed,+ wat vir julle uitgestort sal word.+ 21  “Maar kyk! die hand van my verraaier+ is by my aan tafel.+ 22  Want die Seun van die mens gaan heen volgens wat bepaal is;+ maar wee daardie man deur wie hy verraai word!”+ 23  Toe het hulle onder mekaar die vraag begin bespreek wie van hulle dit tog sou wees wat op die punt gestaan het om dit te doen.+ 24  Daar het egter ook ’n driftige woordewisseling onder hulle ontstaan oor wie van hulle blykbaar die grootste was.+ 25  Maar hy het vir hulle gesê: “Die konings van die nasies speel oor hulle baas, en dié wat oor hulle gesag voer, word Weldoeners genoem.+ 26  Julle moet egter nie so wees nie.+ Maar laat hy wat die grootste onder julle is, soos die jongste word,+ en die een wat as die vernaamste optree, soos die een wat dien.+ 27  Want watter een is groter: die een wat aan tafel is of die een wat bedien? Is dit nie die een wat aan tafel is nie? Maar ek is in julle midde soos die een wat bedien.+ 28  “Julle is egter dié wat in my beproewinge+ altyddeur by my gebly het;+ 29  en ek sluit ’n verbond met julle, net soos my Vader ’n verbond+ met my gesluit het, vir ’n koninkryk,+ 30  sodat julle aan my tafel in my koninkryk+ kan eet+ en drink en op trone kan sit+ om die twaalf stamme van Israel te oordeel. 31  “Simon, Simon, kyk! Satan+ het julle geëis om julle soos koring te sif.+ 32  Maar ek het ’n smeekbede+ vir jou gedoen dat jou geloof jou nie begewe nie; en wanneer jy dan teruggekeer het, moet jy jou broers versterk.”+ 33  Toe het hy vir hom gesê: “Here, ek is gereed om saam met u in die gevangenis sowel as in die dood in te gaan.”+ 34  Maar hy het gesê: “Ek sê vir jou, Petrus: ’n Haan sal vandag nie kraai voordat jy drie keer ontken het dat jy my ken nie.”+ 35  Hy het ook vir hulle gesê: “Toe ek julle sonder beurs en voedselsak en sandale uitgestuur het,+ het julle gebrek aan enigiets gehad?” Hulle het gesê: “Nee!” 36  Toe het hy vir hulle gesê: “Maar laat nou die een wat ’n beurs het, dit opneem, so ook ’n voedselsak; en laat die een wat geen swaard het nie, sy bokleed verkoop en een koop. 37  Want ek sê vir julle dat wat geskrywe staan, in my volbring moet word, naamlik: ‘En hy is saam met wetteloses gereken.’+ Want wat op my betrekking het, word nou volbring.”+ 38  Toe het hulle gesê: “Here, kyk! hier is twee swaarde.” Hy het vir hulle gesê: “Dit is genoeg.” 39  Toe hy uitgaan, het hy soos gewoonlik na die Olyfberg gegaan; en die dissipels het hom ook gevolg.+ 40  Toe hy by die plek aankom, het hy vir hulle gesê: “Hou aan bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”+ 41  En hy het hom van hulle afgesonder, omtrent ’n klipgooi ver, en op sy knieë gegaan en begin bid 42  en gesê: “Vader, as u wil, neem hierdie beker van my af weg. Laat nietemin nie my wil nie,+ maar u wil geskied.”+ 43  Toe het ’n engel uit die hemel aan hom verskyn en hom versterk.+ 44  Maar hy het in sielsangs geraak en voortgegaan om nog ernstiger te bid;+ en sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.+ 45  En hy het van die gebed opgestaan, na die dissipels toe gegaan en hulle sluimerend van droefheid gevind;+ 46  en hy het vir hulle gesê: “Waarom slaap julle? Staan op en hou aan bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”+ 47  Terwyl hy nog gepraat het, kyk! ’n skare, en die man met die naam Judas, een van die twaalf, het voor hulle uit gegaan;+ en hy het nader gekom na Jesus toe om hom te soen.+ 48  Maar Jesus het vir hom gesê: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?”+ 49  Toe dié om hom sien wat gaan gebeur, het hulle gesê: “Here, sal ons met die swaard slaan?”+ 50  Een van hulle hét selfs die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap.+ 51  Maar Jesus het geantwoord en gesê: “LAAT dit hierby bly.” En hy het die oor aangeraak en hom gesond gemaak.+ 52  Jesus het toe vir die hoofpriesters en hoofmanne van die tempel en ouer manne wat hom daar kom haal het, gesê: “Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en knuppels?+ 53  Terwyl ek dag vir dag by julle in die tempel was,+ het julle nie die hande teen my uitgesteek nie.+ Maar dit is julle uur+ en die gesag+ van die duisternis.”+ 54  Toe het hulle hom gearresteer en weggelei+ en in die huis van die hoëpriester ingebring;+ maar Petrus het op ’n afstand gevolg.+ 55  Toe hulle ’n vuur in die middel van die binnehof aangesteek en bymekaar gaan sit het, het Petrus tussen hulle gesit.+ 56  Maar ’n sekere diensmeisie het hom by die helder vuur sien sit en hom bekyk en gesê: “Hierdie man was ook saam met hom.”+ 57  Maar hy het dit ontken+ en gesê: “Ek ken hom nie, vrou.”+ 58  En na ’n rukkie het iemand anders wat hom gesien het, gesê: “Jy is ook een van hulle.” Maar Petrus het gesê: “Man, ek is nie.”+ 59  En nadat omtrent ’n uur verloop het, het ’n ander man nadruklik begin beweer: “Hierdie man was vir seker ook saam met hom; want hy is ’n Galileër!”+ 60  Maar Petrus het gesê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie.” En oombliklik, terwyl hy nog gepraat het, het ’n haan gekraai.+ 61  En die Here het omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou toe hy vir hom gesê het: “Voordat ’n haan vandag kraai, sal jy my drie keer verloën.”+ 62  En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.+ 63  En die manne wat hom bewaak het, het die spot met hom begin dryf+ en hom+ geslaan;+ 64  en nadat hulle hom bedek het, het hulle gevra en gesê: “Profeteer. Wie is dit wat jou geslaan het?”+ 65  En hulle het nog baie ander lasterlike+ dinge teen hom gesê. 66  Toe dit eindelik dag word, het die vergadering van ouer manne van die volk bymekaargekom,+ hoofpriesters sowel as skrifgeleerdes, en hulle het hom in hulle Sanʹhedrinsaal ingesleep en gesê:+ 67  “As jy die Christus is,+ sê vir ons.” Maar hy het vir hulle gesê: “Selfs al sou ek vir julle sê, sal julle dit glad nie glo nie.+ 68  En al sou ek julle vra, sal julle glad nie antwoord nie.+ 69  Maar van nou af sal die Seun van die mens+ aan die kragtige regterhand+ van God+ sit.” 70  Hierop het hulle almal gesê: “Is jy dan die Seun van God?” Hy het vir hulle gesê: “Julle sê self dat ek dit is.”+ 71  Hulle het gesê: “Waarom het ons nog getuienis nodig?+ Want ons het dit self uit sy eie mond gehoor.”+

Voetnote