Lukas 23:1-56

23  En hulle almal, die hele menigte, het opgestaan en hom na Pilatus toe gelei.+  Toe het hulle hom begin beskuldig+ en gesê: “Ons het gevind dat hierdie man ons nasie ondermyn+ en die betaling van belasting aan die keiser verbied+ en sê dat hy self Christus, ’n koning, is.”+  En Pilatus het hom gevra: “Is jy die koning van die Jode?” Hy het hom geantwoord en gesê: “U sê dit self.”+  Toe het Pilatus vir die hoofpriesters en die skare gesê: “Ek vind geen misdaad in hierdie man nie.”+  Maar hulle het begin aandring en gesê: “Hy steek die volk op deur in die hele Judeʹa te leer, ja, van Galileʹa af tot hier.”  Toe Pilatus dit hoor, het hy gevra of die man ’n Galileër is,  en nadat hy vasgestel het dat hy uit die regsgebied van Herodes was,+ het hy hom na Herodes toe gestuur, wat self ook in hierdie dae in Jerusalem was.  Toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy wou hom al geruime tyd gesien het+ omdat hy van hom gehoor het,+ en hy het gehoop om hom die een of ander teken te sien doen.  En hy het hom met baie woorde begin ondervra; maar hy het hom geen antwoord gegee nie.+ 10  Die hoofpriesters en die skrifgeleerdes het egter aanhoudend opgestaan en hom heftig bly beskuldig.+ 11  Toe het Herodes saam met die soldate van sy wag hom met veragting behandel,+ en hy het met hom die spot gedryf+ deur vir hom ’n blink kleed aan te trek en het hom na Pilatus toe teruggestuur. 12  En op daardie selfde dag het Herodes en Pilatus+ vriende geword; want hulle het voorheen in voortdurende vyandskap met mekaar geleef. 13  Pilatus het toe die hoofpriesters en die heersers en die volk bymekaargeroep 14  en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man na my toe gebring as iemand wat die volk tot opstand aanhits, en kyk! ek het hom voor julle in verhoor geneem, maar het in hierdie man geen grond gevind+ vir die aanklagte wat julle teen hom inbring nie. 15  Trouens, Herodes het ook nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur; en kyk! hy het niks gedoen wat die dood verdien nie.+ 16  Ek sal hom dus kasty+ en vrylaat.” 17  —— 18  Maar hulle almal, die hele menigte, het uitgeroep en gesê: “Neem hom weg,+ maar laat Barabʹbas vir ons vry!”+ 19  (Dié is weens ’n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het en weens moord in die gevangenis gegooi.) 20  Weer het Pilatus hulle toegeroep, want hy wou Jesus vrylaat.+ 21  Toe het hulle begin skreeu en gesê: “Hang hom aan die paal! Hang hom aan die paal!”+ 22  Vir die derde keer het hy vir hulle gesê: “Wat het hierdie man dan gedoen wat sleg is? Ek het niks in hom gevind wat die dood verdien nie; ek sal hom dus kasty en vrylaat.”+ 23  Hierop het hulle met harde stemme sterk begin aandring en geëis dat hy aan die paal gehang moet word; en hulle stemme het die oorhand begin kry.+ 24  Toe het Pilatus uitspraak gelewer dat daar aan hulle eis voldoen moes word:+ 25  hy het die man vrygelaat+ wat weens opstand en moord in die gevangenis gegooi is en wat hulle geëis het, maar hy het Jesus aan hulle wil oorgelewer.+ 26  En terwyl hulle hom weggelei het, het hulle Simon, ’n sekere boorling van Sireʹne, wat van die platteland af gekom het, gegryp en die folterpaal op hom gesit om dit agter Jesus aan te dra.+ 27  Maar ’n groot menigte van die volk en van vroue wat hulleself aanhoudend in droefheid geslaan en oor hom geweeklaag het, het hom gevolg. 28  Jesus het omgedraai na die vroue en gesê: “Dogters van Jerusalem, hou op om oor my te huil. Maar huil oor julleself en oor julle kinders;+ 29  want kyk! daar kom dae waarin mense sal sê: ‘Gelukkig is die onvrugbare vroue en die moederskote wat nie geboorte gegee het nie en die borste wat nie gesoog het nie!’+ 30  Dan sal hulle vir die berge begin sê: ‘Val op ons!’ en vir die heuwels: ‘Bedek ons!’+ 31  Want as hulle hierdie dinge doen wanneer die boom vogtig is, wat sal gebeur wanneer hy verdor is?”+ 32  Maar twee ander manne, kwaaddoeners, is ook weggelei om saam met hom tereggestel te word.+ 33  En toe hulle by die plek kom wat Skedel genoem word,+ het hulle hom en die kwaaddoeners daar aan pale gehang, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.+ 34  [[Maar Jesus het gesê: “Vader, vergewe hulle,+ want hulle weet nie wat hulle doen nie.”]] Daarbenewens het hulle die lot gewerp om sy klere te verdeel.+ 35  En die volk het gestaan en toekyk.+ Maar die heersers het hom uitgelag en gesê: “Ander het hy gered; laat hy homself red+ as hy die Christus van God, die Uitverkorene, is.”+ 36  Selfs die soldate het met hom die spot gedryf+ en nader gekom en vir hom suur wyn aangebied+ 37  en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.” 38  Daar was ook ’n opskrif bo hom: “Dit is die koning van die Jode.”+ 39  Maar een van die gehangde kwaaddoeners het hom begin smaad+ en gesê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons.” 40  Die ander een het hom bestrawwend geantwoord en gesê: “Vrees jy God glad nie, noudat jy in dieselfde oordeel is?+ 41  En ons inderdaad tereg, want ons ontvang ten volle wat ons verdien vir dinge wat ons gedoen het; maar hierdie man het niks slegs gedoen nie.”+ 42  En hy het verder gesê: “Jesus, dink aan my wanneer u in u koninkryk kom.”+ 43  En hy het vir hom gesê: “Voorwaar, ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met my+ in die Paradys+ wees.” 44  Wel, dit was toe omtrent die sesde uur, en tog het daar ’n duisternis oor die hele aarde gekom, tot die negende uur toe,+ 45  want die sonlig het verdwyn; toe het die voorhangsel+ van die heiligdom middeldeur geskeur.+ 46  En Jesus het met ’n harde stem geroep en gesê: “Vader, in u hande vertrou ek my gees toe.”+ Toe hy dit gesê het, het hy die laaste asem uitgeblaas.+ 47  Omdat die leëroffisier gesien het wat gebeur het, het hy God begin verheerlik en gesê: “Waarlik, hierdie man was regverdig.”+ 48  En toe die hele skare wat vir hierdie skouspel daar bymekaar was, die dinge sien wat gebeur het, het hulle begin terugkeer, terwyl hulle hulleself op die bors geslaan het. 49  En almal wat hom geken het, het op ’n afstand gestaan.+ Ook vroue, wat hom saam van Galileʹa af gevolg het, het hierdie dinge gestaan en aanskou.+ 50  En kyk! ’n man met die naam Josef, wat ’n lid van die Raad was, ’n goeie en regverdige man+ 51  hierdie man het nie ten gunste van hulle plan en optrede gestem nie+—hy was van Arimateʹa, ’n stad van die Judeërs, en het op die koninkryk van God gewag;+ 52  hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra.+ 53  En hy het dit afgehaal+ en dit in fyn linne toegedraai, en hy het hom in ’n graf neergelê+ wat in die rots uitgekap was, waarin geen mens nog gelê het nie.+ 54  En dit was die Voorbereidingsdag,+ en die aandlig van die sabbat+ het nader gekom. 55  Maar die vroue, wat saam met hom uit Galileʹa gekom het, het gevolg en die gedenkgraf+ bekyk en hoe sy liggaam neergelê is;+ 56  en hulle het teruggegaan om speserye en welriekende olies+ voor te berei. Maar hulle het natuurlik volgens die gebod op die sabbat gerus.+

Voetnote