Lukas 24:1-53

24  Op die eerste dag van die week het hulle egter baie vroeg na die graf gegaan en die speserye geneem wat hulle voorberei het.+  Maar hulle het die klip van die gedenkgraf af weggerol gevind,+  en toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gevind nie.+  Terwyl hulle hieroor verbysterd was, kyk! toe het twee manne in glinsterende klere by hulle gestaan.+  Toe die vroue bang word en hulle gesigte na die grond gekeer hou, het die manne vir hulle gesê: “Waarom soek julle die Lewende onder die dooies?  [[Hy is nie hier nie, maar is opgewek.]]+ Onthou hoe hy met julle gepraat het toe hy nog in Galileʹa was+  en gesê het dat die Seun van die mens in die hande van sondige mense oorgelewer en aan die paal gehang moet word en tog op die derde dag sal opstaan.”+  Toe het hulle sy woorde onthou,+  en hulle het teruggekeer van die gedenkgraf af en al hierdie dinge vir die elf en vir al die ander vertel.+ 10  Hulle was die Magdaleense Maria en Johanna+ en Maria, die moeder van Jakobus. Ook die res van die vroue+ wat saam met hulle was, het hierdie dinge vir die apostels vertel. 11  Hierdie woorde het egter vir hulle na onsin gelyk, en hulle het die vroue nie geglo nie.+ 12  [[Maar Petrus het opgestaan en na die gedenkgraf gehardloop, en toe hy vooroor buk, het hy net die verbande gesien. Toe het hy weggegaan, en hy het hom verwonder oor wat gebeur het.]] 13  Maar kyk! op daardie selfde dag was twee van hulle op reis na ’n dorpie met die naam Emʹmaus, wat omtrent elf kilometer van Jerusalem af was, 14  en hulle het met mekaar gepraat oor al hierdie dinge+ wat gebeur het. 15  En terwyl hulle gepraat en gedagtes gewissel het, het Jesus self nader gekom+ en saam met hulle begin loop; 16  maar hulle oë is verhinder om hom te herken.+ 17  Hy het vir hulle gesê: “Watter sake is dit wat julle so druk met mekaar loop en bespreek?” En hulle het met droewige gesigte gaan staan. 18  Die een met die naam Kleʹopas het geantwoord en vir hom gesê: “Woon u as ’n vreemdeling alleen in Jerusalem en weet u daarom nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?” 19  En hy het vir hulle gesê: “Watter dinge?” Hulle het vir hom gesê: “Die dinge aangaande Jesus die Nasarener,+ wat ’n profeet geword het+ wat voor God en die hele volk kragtig was in werk en woord; 20  en hoe ons hoofpriesters en heersers hom tot die doodsvonnis oorgelewer en hom aan die paal gehang het.+ 21  Maar ons het gehoop dat hierdie man die een was wat bestem is om Israel te verlos;+ ja, en benewens al hierdie dinge is dit al die derde dag sedert hierdie dinge gebeur het. 22  Bowendien het sekere vroue+ uit ons midde ons ook verbaas, want hulle is vroeg na die gedenkgraf, 23  maar het nie sy liggaam gevind nie, en hulle het kom sê dat hulle ook ’n bonatuurlike gesig gesien het van engele wat gesê het dat hy lewe. 24  En party van dié wat by ons was, het na die gedenkgraf gegaan;+ en hulle het dit so gevind, net soos die vroue gesê het, maar hulle het hom nie gesien nie.” 25  Toe het hy vir hulle gesê: “O onverstandiges, wat traag van hart is om alles te glo wat die profete gespreek het!+ 26  Moes die Christus nie hierdie dinge ly+ en in sy heerlikheid ingaan nie?”+ 27  En hy het by Moses+ en al die Profete+ begin en vir hulle dinge in die hele Skrif uitgelê wat op hom betrekking het. 28  Uiteindelik het hulle naby die dorpie gekom waarheen hulle op reis was, en hy het gemaak of hy verder wou reis. 29  Maar hulle het druk op hom uitgeoefen en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het reeds gedaal.” Daarop het hy ingegaan om by hulle te bly. 30  En terwyl hy gedurende die maaltyd saam met hulle aan tafel was, het hy die brood geneem, dit geseën, gebreek en vir hulle begin gee.+ 31  Daarop is hulle oë ten volle geopen en het hulle hom herken; en hy het voor hulle verdwyn.+ 32  En hulle het vir mekaar gesê: “Het ons hart nie gebrand toe hy op die pad met ons gepraat het, toe hy die Skrif ten volle vir ons geopen het nie?” 33  En in daardie selfde uur het hulle opgestaan en na Jerusalem teruggekeer, en hulle het die elf en dié wat saam met hulle was, bymekaar gevind, 34  wat gesê het: “Die Here is werklik opgewek en het aan Simon verskyn!”+ 35  Toe het hulle vertel wat op die pad gebeur het en hoe hy deur die breking van die brood aan hulle bekend geword het.+ 36  Terwyl hulle oor hierdie dinge gepraat het, het hy self in hulle midde gestaan [[en vir hulle gesê: “Mag julle vrede hê.”]] 37  Maar omdat hulle verskrik was en bang geword het,+ het hulle gedink dat hulle ’n gees sien. 38  Toe het hy vir hulle gesê: “Waarom is julle verontrus, en waarom kom daar twyfel in julle harte op? 39  Kyk na my hande en my voete, en sien dat dit ek self is; voel+ aan my en kyk, want ’n gees het nie vlees en bene+ soos julle sien dat ek het nie.” 40  [[En terwyl hy dit gesê het, het hy vir hulle sy hande en sy voete gewys.]] 41  Maar toe hulle uit louter vreugde nog nie glo nie+ en hulle verwonder, het hy vir hulle gesê: “Het julle iets daar om te eet?”+ 42  En hulle het hom ’n stuk geroosterde vis+ gegee; 43  en hy het dit geneem en dit voor hulle oë geëet.+ 44  En hy het vir hulle gesê: “Dít is my woorde wat ek tot julle gespreek het terwyl ek nog by julle was,+ dat al die dinge wat in die wet van Moses en in die Profete+ en Psalms+ oor my geskrywe staan, vervul moet word.” 45  Toe het hy hulle verstand ten volle geopen om die betekenis van die Skrif te begryp,+ 46  en hy het vir hulle gesê: “So staan daar geskrywe dat die Christus sou ly en op die derde dag uit die dode sou opstaan,+ 47  en in sy naam sou berou tot vergifnis van sondes+ in al die nasies verkondig word+—en van Jerusalem af+ 48  moet julle getuies+ van hierdie dinge wees. 49  En kyk! ek stuur dit oor julle uit wat deur my Vader beloof word. Julle moet egter in die stad bly totdat julle met krag van bo beklee word.”+ 50  Maar hy het hulle uitgelei tot by Betaʹnië, en hy het sy hande opgehef en hulle geseën.+ 51  Terwyl hy hulle geseën het, is hy van hulle geskei en omhoog gevoer na die hemel.+ 52  En hulle het aan hom hulde bewys en met groot vreugde na Jerusalem teruggekeer.+ 53  En hulle was voortdurend in die tempel en het God geloof.+

Voetnote