Lukas 3:1-38

3  In die vyftiende regeringsjaar van keiser Tibeʹrius, toe Pontius Pilatus goewerneur van Judeʹa was, en Herodes+ distriksheerser van Galileʹa, maar sy broer Filippus distriksheerser van die land Itureʹa en Tragoniʹtis, en Lisaʹnias distriksheerser van Abileʹne,  in die dae van hoofpriester Annas en van Kaʹjafas,+ het God se verklaring in die wildernis+ tot Johannes,+ die seun van Sagariʹa, gekom.  En hy het in die hele omgewing van die Jordaan gekom en doop as ’n simbool van berou tot vergifnis van sondes+ verkondig,  net soos daar geskrywe staan in die boek van die woorde van die profeet Jesaja: “Luister! Iemand roep in die wildernis uit: ‘BEREI die weg van Jehovah, maak sy paaie reguit.+  Elke kloof moet opgevul word, en elke berg en heuwel moet gelykgemaak word, en die draaie moet reguit weë word en die ruwe plekke gelyk weë;+  en alle vlees sal God se middel tot redding sien.’”+  Daarom het hy vir die skare wat uitgekom het om deur hom gedoop te word, begin sê: “Addergebroedsel,+ wie het julle te kenne gegee dat julle vir die komende gramskap kan vlug?+  Bring dan vrugte voort wat by berou pas.+ En moenie by julleself begin sê: ‘Ons het Abraham as vader’ nie. Want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.  Ja, die byl lê reeds gereed teen die wortel van die bome; elke boom dan wat nie goeie vrugte voortbring nie, gaan afgekap en in die vuur gegooi word.”+ 10  En die skare het hom gevra: “Wat moet ons dan doen?”+ 11  Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Laat die man wat twee onderkledingstukke het, dit deel met die man wat nie het nie, en laat hy wat iets het om te eet, dieselfde doen.”+ 12  Maar selfs belastinggaarders het gekom om gedoop te word, en hulle het vir hom gesê: “Leermeester, wat moet ons doen?”+ 13  Hy het vir hulle gesê: “Moet niks meer as die belastingtarief eis nie.”+ 14  Ook het dié wat krygsdiens gedoen het, hom gevra: “En wat moet óns doen?” En hy het vir hulle gesê: “Moet niemand intimideer of vals beskuldig nie,+ maar wees vergenoeg met wat julle vir julle onderhoud ontvang.”+ 15  En terwyl die volk in afwagting verkeer het en almal in hulle harte oor Johannes geredeneer het: “Is hy miskien die Christus?”+ 16  het Johannes die antwoord gegee deur vir almal te sê: “Ek doop julle wel met water; maar die een wat sterker is as ek, kom, en ek is nie werd om die riem van sy sandale los te maak nie.+ Hy sal julle met heilige gees en vuur doop.+ 17  Sy wanskop is in sy hand om sy dorsvloer heeltemal skoon te maak en om die koring in sy voorraadskuur te versamel,+ maar die kaf+ sal hy met onblusbare vuur verbrand.”+ 18  Hy het dan ook baie ander vermanings gegee en aangehou om goeie nuus aan die volk bekend te maak. 19  Maar Herodes, die distriksheerser, wat deur hom tereggewys is oor Heroʹdias, die vrou van sy broer, en oor al die goddelose dade wat Herodes gedoen het,+ 20  het ook dít by al daardie dade gevoeg: hy het Johannes in die gevangenis opgesluit.+ 21  En toe al die mense gedoop is, is ook Jesus+ gedoop, en terwyl hy gebid het, is die hemel+ geopen 22  en het die heilige gees in liggaamlike gedaante soos ’n duif op hom neergedaal, en ’n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, die geliefde; ek het jou goedgekeur.”+ 23  En Jesus was omtrent dertig+ jaar oud toe hy met sy werk begin het,+ en hy was, soos daar gemeen is, die seun+van Josef,+die seun van Heli, 24  die seun van Mattat,die seun van Levi,die seun van Melgi,die seun van Jannai,die seun van Josef, 25  die seun van Mattatiʹas,die seun van Amos,die seun van Nahum,die seun van Esli,die seun van Naggai, 26  die seun van Maät,die seun van Mattatiʹas,die seun van Seʹmeïn,die seun van Joseg,die seun van Joda, 27  die seun van Joʹanan,die seun van Resa,die seun van Serubbaʹbel,+die seun van Sealʹtiël,+die seun van Neri, 28  die seun van Melgi,die seun van Addi,die seun van Kosam,die seun van Elmaʹdam,die seun van Er, 29  die seun van Jesus,die seun van Eliëser,die seun van Jorim,die seun van Mattat,die seun van Levi, 30  die seun van Siʹmeon,die seun van Judas,die seun van Josef,die seun van Jonam,die seun van Elʹjakim, 31  die seun van Meleʹa,die seun van Menna,die seun van Matʹtata,die seun van Natan,+die seun van Dawid,+ 32  die seun van Isai,+die seun van Obed,+die seun van Boas,+die seun van Salmon,+die seun van Nagson,+ 33  die seun van Amminaʹdab,+die seun van Arni,+die seun van Hesron,+die seun van Peres,+die seun van Juda,+ 34  die seun van Jakob,+die seun van Isak,+die seun van Abraham,+die seun van Tera,+die seun van Nahor,+ 35  die seun van Serug,+die seun van Rehu,+die seun van Peleg,+die seun van Eber,+die seun van Selag,+ 36  die seun van Kainan,die seun van Arpagʹsad,+die seun van Sem,+die seun van Noag,+die seun van Lameg,+ 37  die seun van Metuʹsalag,+die seun van Henog,+die seun van Jared,+die seun van Mahalaʹleël,+die seun van Kainan,+ 38  die seun van Enos,+die seun van Set,+die seun van Adam,+die seun van God.

Voetnote