Lukas 4:1-44

4  En Jesus het vol heilige gees van die Jordaan af weggegaan, en hy is deur die gees in die wildernis rondgelei,+  veertig dae+ lank, terwyl hy deur die Duiwel versoek is.+ En hy het in daardie dae niks geëet nie, sodat hy honger was toe hulle tot ’n einde gekom het.  Toe het die Duiwel vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, sê vir hierdie klip om ’n brood te word.”  Maar Jesus het hom geantwoord: “Daar staan geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie.’”+  Toe het hy hom omhoog gebring en hom in ’n oomblik se tyd al die koninkryke van die bewoonde aarde gewys;  en die Duiwel het vir hom gesê: “Ek sal jou al hierdie gesag+ en hulle heerlikheid gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.+  As jy dan ’n daad+ van aanbidding voor my verrig, sal dit alles joune wees.”  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Daar staan geskrywe: ‘Jehovah jou God+ moet jy aanbid, en aan hom alleen moet jy heilige diens verrig.’”+  En hy het hom in Jerusalem ingelei en hom bo-op die muur+ van die tempel laat staan en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, spring hier af;+ 10  want daar staan geskrywe: ‘Hy sal sy engele aangaande jou opdrag gee om jou te bewaar’,+ 11  en: ‘Hulle sal jou op hulle hande dra, sodat jy nooit jou voet teen ’n klip sal stamp nie.’”+ 12  Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Daar is gesê: ‘Jy mag Jehovah jou God nie op die proef stel nie.’”+ 13  Toe die Duiwel dan alle versoeking tot ’n einde gebring het, het hy tot ’n ander geskikte tyd van hom gewyk.+ 14  En Jesus het in die krag van die gees na Galileʹa teruggekeer.+ En goeie berigte aangaande hom het deur die hele omliggende gebied versprei.+ 15  Ook het hy in hulle sinagoges begin leer en is hy deur almal hooggeag.+ 16  En hy het in Naʹsaret+ gekom, waar hy grootgemaak is; en volgens sy gewoonte op die sabbatdag het hy in die sinagoge ingegaan,+ en hy het opgestaan om te lees. 17  Toe is die boekrol van die profeet Jesaja vir hom aangegee, en hy het die boekrol oopgemaak en die plek gevind waar geskrywe staan: 18  “Jehovah se gees+ is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus aan die armes bekend te maak, hy het my uitgestuur om ’n vrylating aan die gevangenes te verkondig en ’n herstel van gesig aan die blindes, om die verbryseldes in vryheid weg te stuur,+ 19  om Jehovah se aanneemlike jaar te verkondig.”+ 20  Hierna het hy die boekrol opgerol, dit aan die dienaar teruggegee en gaan sit; en die oë van almal in die sinagoge was stip op hom gevestig. 21  Toe het hy vir hulle begin sê: “Vandag is hierdie Skrifgedeelte wat julle so pas gehoor het, vervul.”+ 22  En hulle het almal begin om ’n gunstige getuienis aangaande hom te gee en om hulle te verwonder oor die innemende woorde+ wat uit sy mond kom, en hulle het gesê: “Is hy dan nie ’n seun van Josef nie?”+ 23  Hierop het hy vir hulle gesê: “Julle sal ongetwyfeld hierdie illustrasie op my toepas: ‘Geneesheer,+ genees jouself; doen ook hier in jou tuisgebied+ die dinge+ wat ons gehoor het in Kaperʹnaum gebeur het.’”+ 24  Maar hy het gesê: “Voorwaar, ek sê vir julle dat geen profeet in sy tuisgebied aanvaar word nie. 25  Ek sê byvoorbeeld vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die dae van Eliʹa, toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ’n groot hongersnood oor die hele land gekom het;+ 26  tog is Eliʹa nie na een van daardie vroue toe gestuur nie, maar net na ’n weduwee in Sarfat+ in die land Sidon. 27  Ook was daar baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Eliʹsa; tog is nie een van hulle gereinig nie, net Naäman, die man van Sirië.”+ 28  En almal wat hierdie dinge in die sinagoge gehoor het, was met toorn vervul;+ 29  en hulle het opgestaan en hom haastig tot buite die stad gedryf, en hulle het hom tot op die oorhangende rand van die berg gelei waarop hulle stad gebou was, om hom kop eerste af te gooi.+ 30  Maar hy het tussen hulle deur geloop en verder gegaan.+ 31  En hy het afgegaan na Kaperʹnaum,+ ’n stad van Galileʹa. En hy het hulle op die sabbat geleer; 32  en hulle was verstom oor die manier waarop hy geleer het,+ want hy het met gesag gepraat.+ 33  En in die sinagoge was daar ’n man met ’n gees,+ ’n onrein demoon, en hy het met ’n harde stem geskreeu: 34  “Ha! Wat het ons met jou te doen,+ Jesus, Nasarener?+ Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet+ presies wie jy is: die Heilige van God.”+ 35  Maar Jesus het hom bestraf en gesê: “Bly stil, en kom uit hom uit.” Nadat die demoon die man tussen hulle neergegooi het, het hy uit hom uitgekom sonder om hom seer te maak.+ 36  Hierop is almal met verbasing vervul, en hulle het met mekaar begin praat en gesê: “Wat vir ’n woord is dit dié, want met gesag en mag beveel hy die onrein geeste, en hulle kom uit?”+ 37  En die nuus aangaande hom het na elke uithoek van die omliggende gebied bly uitgaan.+ 38  Nadat hy uit die sinagoge opgestaan het, het hy in Simon se huis ingegaan. En Simon se skoonmoeder is deur ’n hoë koors gekwel, en hulle het om haar ontwil ’n versoek tot hom gerig.+ 39  Toe het hy oor haar gaan staan en die koors bestraf,+ en dit het haar verlaat. Oombliklik het sy opgestaan en hulle begin bedien.+ 40  Maar toe die son ondergaan, het almal wat siekes gehad het wat aan allerhande kwale gely het, hulle na hom toe gebring. Deur elkeen van hulle die hande op te lê, het hy hulle genees.+ 41  Demone het ook uit baie uitgekom,+ terwyl hulle geskreeu en gesê het: “Jy is die Seun+ van God.” Maar hy het hulle bestraf en hulle nie toegelaat om te praat nie,+ omdat hulle geweet het+ dat hy die Christus is.+ 42  Toe dit egter dag word, het hy uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek.+ Maar die skare het na hom begin soek en gekom tot waar hy was, en hulle het hom probeer teëhou, dat hy nie van hulle sou weggaan nie. 43  Maar hy het vir hulle gesê: “Ook aan ander stede moet ek die goeie nuus van die koninkryk van God bekend maak, want hiervoor is ek uitgestuur.”+ 44  Toe het hy voortgegaan om in die sinagoges van Judeʹa te preek.+

Voetnote