Lukas 5:1-39

5  By een geleentheid het hy langs die meer van Genneʹsaret+ gestaan terwyl die skare dig teen hom aangedring en na die woord van God geluister het.  En hy het twee bote aan die oewer van die meer sien lê, maar die vissers het reeds uit hulle geklim en was besig om hulle nette af te was.+  Hy het in een van die bote geklim, dié van Simon, en hom gevra om ’n entjie van die land af weg te vaar. Toe het hy gaan sit en die skare van die boot af+ begin leer.  Toe hy ophou praat, het hy vir Simon gesê: “Vaar uit na waar dit diep is en laat sak julle nette+ vir ’n vangs.”  Maar Simon het geantwoord en gesê: “Onderrigter, ons het die hele nag geswoeg en niks gevang nie,+ maar as u so sê, sal ek die nette laat sak.”  Wel, toe hulle dit doen, het hulle ’n groot menigte visse omsluit. Trouens, hulle nette het uitmekaar begin skeur.  Toe het hulle vir hulle maats in die ander boot gewink om hulle te kom help;+ en hulle het gekom, en hulle het al twee bote vol gemaak, sodat dié begin sink het.  Toe Simon Petrus+ dit sien, het hy aan die knieë van Jesus neergeval en gesê: “Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man.”+  Want verbasing oor die visvangs wat hulle opgetrek het, het hom en almal saam met hom oorweldig, 10  en so ook vir Jakobus sowel as Johannes, Sebedeʹus+ se seuns, wat metgeselle van Simon was. Maar Jesus het vir Simon gesê: “Hou op om bang te wees. Van nou af sal jy mense lewend vang.”+ 11  Toe het hulle die bote teruggebring land toe en alles laat staan en hom gevolg.+ 12  Terwyl hy by ’n latere geleentheid in een van die stede was, kyk! ’n man vol melaatsheid! Toe hy Jesus sien, het hy op sy gesig geval en hom gesmeek en gesê: “Here, as u net wil, kan u my rein maak.”+ 13  En hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil. Word gereinig.” En onmiddellik het die melaatsheid van hom verdwyn.+ 14  En hy het die man beveel om vir niemand te vertel nie:+ “Maar gaan wys jou vir die priester+ en bring ’n offer+ in verband met jou reiniging, net soos Moses voorgeskryf het, as ’n getuienis vir hulle.”+ 15  Maar die woord oor hom het al hoe meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en van hulle siektes genees te word.+ 16  Hy het egter in afsondering gebly in die woestyne en aangehou bid.+ 17  In die loop van een van die dae was hy besig om te leer, en Fariseërs en leermeesters van die wet wat uit elke dorpie van Galileʹa en Judeʹa en Jerusalem gekom het, het daar gesit; en Jehovah se krag was daar sodat hy gesond kon maak.+ 18  En kyk! manne het ’n man wat verlam was, op ’n bed gedra, en hulle het ’n manier gesoek om hom in te bring en hom voor hom neer te sit.+ 19  Toe hulle weens die skare nie ’n manier kon vind om hom in te bring nie, het hulle na die dak opgeklim en hom met die bedjie deur die teëls laat afsak tussen diegene in wat voor Jesus was.+ 20  En toe hy hulle geloof sien, het hy gesê: “Man, jou sondes is jou vergewe.”+ 21  Daarop het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin redeneer en gesê: “Wie is hierdie man wat lasteringe spreek?+ Wie kan sondes vergewe, behalwe God alleen?”+ 22  Maar Jesus het hulle redenasies onderskei en het hulle geantwoord en gesê: “Wat redeneer julle in julle harte?+ 23  Wat is makliker—om te sê: ‘Jou sondes is jou vergewe’, of om te sê: ‘Staan op en loop’?+ 24  Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens gesag het op die aarde om sondes te vergewe—” het hy vir die verlamde man gesê: “Ek sê vir jou: Staan op en tel jou bedjie op en gaan huis toe.”+ 25  En hy het oombliklik voor hulle opgestaan, opgetel waarop hy voorheen gelê het en na sy huis gegaan terwyl hy God verheerlik het.+ 26  Toe het ekstase+ almal sonder uitsondering aangegryp, en hulle het God begin verheerlik, en hulle is met vrees vervul en het gesê: “Ons het vandag vreemde dinge gesien!”+ 27  En ná hierdie dinge het hy uitgegaan en ’n belastinggaarder met die naam Levi by die belastingkantoor sien sit, en hy het vir hom gesê: “Word my volgeling.”+ 28  En hy het alles net so gelaat+ en opgestaan en hom gevolg. 29  En Levi het ’n groot onthaal vir hom in sy huis gegee; en daar was ’n groot menigte belastinggaarders en ander wat saam met hulle gedurende die maaltyd aan tafel was.+ 30  Hierop het die Fariseërs en hulle skrifgeleerdes by sy dissipels begin murmureer en gesê: “Waarom eet en drink julle saam met belastinggaarders en sondaars?”+ 31  Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Dié wat gesond is, het nie ’n geneesheer nodig nie,+ maar dié wat siek is, het wel.+ 32  Ek het nie gekom om regverdiges tot berou te roep nie, maar sondaars.”+ 33  Hulle het vir hom gesê: “Die dissipels van Johannes vas dikwels en doen smekinge, en so ook dié van die Fariseërs, maar joune eet en drink.”+ 34  Jesus het vir hulle gesê: “Julle kan tog nie die vriende van die bruidegom laat vas terwyl die bruidegom by hulle is nie, of hoe?+ 35  Tog sal daar dae kom wanneer die bruidegom+ inderdaad van hulle weggeneem sal word;+ dan sal hulle in daardie dae vas.”+ 36  Hy het verder vir hulle ’n illustrasie gegee: “Niemand sny ’n stuk uit ’n nuwe bokleed en werk dit op ’n ou bokleed vas nie; maar as hy dit doen, dan skeur die nuwe stuk weg en pas die stuk van die nuwe kleed ook nie by die oue nie.+ 37  Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars,+ en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees.+ 38  Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word. 39  Niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie; want hy sê: ‘Die oue+ is lekker.’”

Voetnote