Lukas 6:1-49

6  En op ’n sabbat het hy deur graanlande geloop, en sy dissipels het die are gepluk+ en dit met hulle hande uitgevrywe+ en geëet.  Hierop het party van die Fariseërs gesê: “Waarom doen julle wat op die sabbat+ nie geoorloof is nie?”+  Maar Jesus het hulle geantwoord en gesê: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid+ gedoen het toe hy en die manne wat by hom was, honger geword het nie?+  Hoe hy in die huis van God ingegaan en die aanbiedingsbrode+ ontvang en geëet het en vir die manne wat by hom was, daarvan gegee het, wat vir niemand geoorloof is om te eet nie, maar net vir die priesters?”+  En hy het verder vir hulle gesê: “Die Seun van die mens is Here van die sabbat.”+  In die loop van ’n ander sabbat+ het hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. En daar was ’n man teenwoordig wie se regterhand verdor was.+  Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het hom toe fyn dopgehou+ om te sien of hy op die sabbat sou genees, sodat hulle iets kon vind waarvan hulle hom kon beskuldig.+  Hy het egter hulle redenasies geken,+ en tog het hy vir die man met die verdorde hand gesê: “Staan op en staan in die middel.” En hy het opgestaan en daar gaan staan.+  Toe het Jesus vir hulle gesê: “Ek vra julle: Is dit op die sabbat geoorloof om goed te doen+ of om kwaad te doen, om ’n siel te red of te vernietig?”+ 10  En nadat hy almal rondom hom aangekyk het, het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand is herstel.+ 11  Maar hulle is met woede vervul, en hulle het onder mekaar begin bespreek wat hulle Jesus kon aandoen.+ 12  In die loop van hierdie dae het hy uitgegaan na die berg om te bid,+ en hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring.+ 13  Maar toe dit dag word, het hy sy dissipels na hom toe geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat hy ook “apostels” genoem het:+ 14  Simon, wat hy ook Petrus genoem het,+ en sy broer Andreʹas, en Jakobus en Johannes,+ en Filippus+ en Bartolomeʹus, 15  en Matteʹus en Tomas,+ en Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Simon, wat “die ywerige” genoem word,+ 16  en Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskaʹriot, wat ’n verraaier geword het.+ 17  En hy het saam met hulle afgekom en ’n plek op ’n gelykte ingeneem, en daar was ’n groot skare van sy dissipels en ’n groot menigte mense+ uit die hele Judeʹa en Jerusalem en die kusgebied van Tirus en Sidon, wat gekom het om hom te hoor en van hulle siektes genees te word.+ 18  Selfs dié wat las van onrein geeste gehad het, is genees. 19  En die hele skare het aan hom probeer raak,+ want krag+ het van hom uitgegaan en hulle almal gesond gemaak. 20  En hy het sy oë na sy dissipels opgeslaan en begin sê:+ “Gelukkig is julle, armes,+ want aan julle behoort die koninkryk van God. 21  “Gelukkig is julle wat nou honger is,+ want julle sal versadig word.+ “Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag.+ 22  “Gelukkig is julle wanneer die mense julle haat,+ en wanneer hulle julle verstoot en julle smaad en julle naam as goddeloos uitwerp+ ter wille van die Seun van die mens. 23  Wees bly op daardie dag en spring op, want kyk! julle beloning is groot in die hemel, want presies dieselfde dinge het hulle voorvaders aan die profete gedoen.+ 24  “Maar wee julle, rykes,+ want julle ontvang reeds julle volle vertroosting.+ 25  “Wee julle wat nou vol is, want julle sal honger ly.+ “Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en huil.+ 26  “Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want net so het hulle voorvaders aan die valse profete gedoen.+ 27  “Maar ek sê vir julle wat luister: Hou aan om julle vyande lief te hê,+ om goed te doen+ aan dié wat julle haat, 28  om dié te seën wat julle vervloek, om te bid vir dié wat julle beledig.+ 29  Vir hom wat jou op die een wang slaan,+ moet jy ook die ander een aanbied; en vir hom wat jou bokleed wegneem,+ moet jy selfs nie die onderkleed weier nie. 30  Gee aan elkeen wat jou iets vra,+ en van die een wat jou goed wegneem, moet jy dit nie terugvra nie. 31  “En net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.+ 32  “En as julle dié liefhet wat julle liefhet, watter verdienste het julle dan? Want selfs die sondaars het dié lief wat hulle liefhet.+ 33  En as julle goed doen aan dié wat aan julle goed doen, watter verdienste het julle dan? Selfs die sondaars doen dieselfde.+ 34  Ook as julle sonder rente leen+ aan dié van wie julle hoop om te ontvang, watter verdienste het julle dan? Selfs sondaars leen sonder rente aan sondaars sodat hulle net soveel kan terugkry.+ 35  Hou daarenteen aan om julle vyande lief te hê en om goed te doen en om sonder rente te leen,+ sonder om te hoop om iets terug te kry; en julle beloning sal groot wees, en julle sal kinders van die Allerhoogste wees,+ want hy is goedhartig+ teenoor die ondankbares en goddeloses. 36  Hou aan om barmhartig te word, net soos julle Vader barmhartig is.+ 37  “Wat meer is, hou op om te oordeel, en julle sal hoegenaamd nie geoordeel word nie;+ en hou op om te veroordeel, en julle sal hoegenaamd nie veroordeel word nie. Hou aan om vry te laat, en julle sal vrygelaat word.+ 38  Gee altyddeur, en mense sal vir julle gee.+ Hulle sal ’n goeie maat, ingestamp, geskud en oorlopend, in julle skoot stort. Want met die maat waarmee julle uitmeet, sal hulle weer vir julle uitmeet.”+ 39  Toe het hy ook vir hulle ’n illustrasie vertel: “’n Blinde kan tog nie ’n blinde lei nie, of hoe? Al twee sal in ’n gat val, nie waar nie?+ 40  ’n Leerling is nie bo sy leermeester nie, maar elkeen wat volmaak onderrig is, sal soos sy leermeester wees.+ 41  Waarom kyk jy dan na die strooihalm wat in jou broer se oog is, maar sien nie die balk raak wat in jou eie oog is nie?+ 42  Hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Broer, laat my toe om die strooihalm wat in jou oog is, uit te haal’, terwyl jy self nie kyk na die balk wat in jou oog is nie?+ Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit,+ en dan sal jy duidelik sien hoe om die strooihalm wat in jou broer se oog is, uit te haal.+ 43  “Want daar is nie ’n goeie boom wat slegte vrugte voortbring nie; ook is daar nie ’n slegte boom wat goeie vrugte voortbring nie.+ 44  Want elke boom word aan sy eie vrugte geken.+ Mense pluk byvoorbeeld nie vye van dorings nie, en hulle sny ook nie druiwe van ’n doringbos af nie.+ 45  ’n Goeie mens bring uit die goeie skat+ van sy hart te voorskyn wat goed is, maar ’n goddelose mens bring uit sy goddelose skat te voorskyn wat goddeloos is; want uit die oorvloed van die hart praat sy mond.+ 46  “Waarom noem julle my dan ‘Here! Here!’ maar doen nie wat ek sê nie?+ 47  Elkeen wat na my toe kom en my woorde hoor en dit doen—ek sal vir julle toon soos wie hy is:+ 48  Hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat gegrawe en diep afgegaan en ’n fondament op die rots gelê het. En toe daar ’n vloed+ kom, het die rivier teen dié huis geslaan, maar was nie sterk genoeg om dit te laat wankel nie, omdat dit goed gebou was.+ 49  Daarenteen is hy wat hoor en nie doen nie+ soos ’n man wat ’n huis sonder ’n fondament op die grond gebou het. Die rivier het daarteen geslaan en dit het onmiddellik ineengestort, en die verwoesting+ van dié huis het groot geword.”+

Voetnote