Lukas 9:1-62

9  Toe het hy die twaalf bymekaargeroep en hulle mag en gesag gegee oor al die demone en om siektes te genees.+  En hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en om gesond te maak,  en hy het vir hulle gesê: “Moet niks vir die reis saamdra nie, nie staf of voedselsak of brood of silwergeld nie; moet ook nie twee onderkledingstukke hê nie.+  Maar oral waar julle in ’n huis ingaan, bly daar en vertrek daarvandaan.+  En oral waar mense julle nie ontvang nie, skud die stof van julle voete af wanneer julle uit daardie stad uitgaan,+ as ’n getuienis teen hulle.”+  Toe het hulle vertrek en deur die gebied van dorpie tot dorpie gegaan en oral die goeie nuus bekend gemaak en genesings verrig.+  En Herodes, die distriksheerser, het gehoor van al die dinge wat gebeur, en hy was heel dronkgeslaan omdat party gesê het dat Johannes uit die dode opgewek is,+  maar ander dat Eliʹa verskyn het, maar nog ander dat een van die eertydse profete opgestaan het.  Herodes het gesê: “Johannes het ek onthoof.+ Wie is dit dan van wie ek sulke dinge hoor?” En hy het probeer+ om hom te sien te kry. 10  En toe die apostels terugkeer, het hulle vir hom vertel wat hulle gedoen het.+ Daarop het hy hulle saamgeneem en weggegaan na ’n stad wat Betsaiʹda genoem word om alleen te wees.+ 11  Maar die skare het dit te wete gekom en hom gevolg. En hy het hulle vriendelik ontvang en met hulle oor die koninkryk van God begin praat,+ en hy het dié wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.+ 12  Toe het die dag begin daal. En die twaalf het nader gekom en vir hom gesê: “Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies en buitedistrikte in die omtrek kan ingaan en huisvesting kan kry en voedsel kan vind, want ons is hier op ’n verlate plek.”+ 13  Maar hy het vir hulle gesê: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”+ Hulle het gesê: “Ons het niks meer as vyf brode en twee visse+ nie, tensy ons miskien self voedsel vir al hierdie mense gaan koop.”+ 14  Daar was in werklikheid omtrent vyfduisend manne.+ Maar hy het vir sy dissipels gesê: “Laat hulle gaan sit soos by maaltye, in groepe van omtrent vyftig elk.”+ 15  En hulle het dit gedoen en hulle almal laat sit. 16  Toe het hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk, dit geseën en gebreek en vir die dissipels begin gee om aan die skare voor te sit.+ 17  Toe het hulle almal geëet en versadig geword, en wat hulle oorgehad het, is opgetel, twaalf mandjies brokstukke.+ 18  Terwyl hy later besig was om alleen te bid, het die dissipels by hom saamgekom, en hy het hulle gevra en gesê: “Wie sê die skare is ek?”+ 19  Hulle het geantwoord en gesê: “Johannes die Doper; maar ander: Eliʹa, en nog ander dat een van die eertydse profete opgestaan het.”+ 20  Toe het hy vir hulle gesê: “Maar julle, wie sê julle is ek?” Petrus het geantwoord en gesê:+ “Die Christus+ van God.” 21  Toe het hy hulle met streng woorde opdrag gegee om dit vir niemand te vertel nie,+ 22  maar gesê: “Die Seun van die mens moet baie lyding ondergaan en verwerp word deur die ouer manne en hoofpriesters en skrifgeleerdes en doodgemaak word+ en op die derde dag opgewek word.”+ 23  Toe het hy verder vir almal gesê: “As iemand agter my aan wil kom, laat hy homself verloën+ en dag vir dag sy folterpaal opneem en my voortdurend volg.+ 24  Want elkeen wat sy siel wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy siel ter wille van my verloor, hy sal dit red.+ 25  Watter nut het dit tog vir ’n mens as hy die hele wêreld wen, maar homself verloor of skade ly?+ 26  Want elkeen wat hom vir my en vir my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens hom skaam wanneer hy in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele kom.+ 27  Maar ek sê vir julle die waarheid: Party van dié wat hier staan, sal glad nie die dood smaak voordat hulle eers die koninkryk van God gesien het nie.”+ 28  Trouens, omtrent agt dae ná hierdie woorde het hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en teen die berg opgeklim om te bid.+ 29  En terwyl hy gebid het, het die voorkoms+ van sy gesig anders geword, en sy klere het glinsterend wit geword.+ 30  En kyk! twee manne was in gesprek met hom; dit was Moses en Eliʹa.+ 31  Hulle het met heerlikheid verskyn en begin praat oor sy vertrek wat hy bestem was om in Jerusalem te vervul.+ 32  En Petrus en dié wat saam met hom was, is deur die slaap oorval; maar toe hulle heeltemal wakker word, het hulle sy heerlikheid gesien,+ en die twee manne wat by hom staan. 33  En terwyl dié van hom geskei word, het Petrus, sonder dat hy besef het wat hy sê,+ vir Jesus gesê: “Onderrigter, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie tente oprig: een vir u en een vir Moses en een vir Eliʹa.” 34  Maar terwyl hy hierdie dinge gesê het, het ’n wolk gevorm en hulle begin oorskadu. Toe hulle in die wolk ingaan, het hulle bevrees geword.+ 35  En ’n stem+ het uit die wolk gekom en gesê: “Dit is my Seun, die een wat uitgekies is.+ Luister na hom.”+ 36  En terwyl die stem weerklink het, was Jesus alleen.+ Maar hulle het stilgebly en in daardie dae vir niemand enigiets vertel van wat hulle gesien het nie.+ 37  Die volgende dag, toe hulle van die berg afgeklim het, het ’n groot skare hom tegemoetgekom.+ 38  En kyk! ’n man het uit die skare geroep en gesê: “Leermeester, ek smeek u om tog na my seun te kyk, want hy is my enigste,+ 39  en kyk! ’n gees+ pak hom beet, en skielik skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim, en nadat hy hom beseer het, verlaat hy hom nouliks. 40  En ek het u dissipels gesmeek om hom uit te dryf, maar hulle kon nie.”+ 41  Jesus het geantwoord en gesê: “O ongelowige en verdraaide geslag,+ hoe lank moet ek by julle bly en julle verdra? Bring jou seun hiernatoe.”+ 42  Maar selfs terwyl hy nader gekom het, het die demoon hom op die grond neergegooi en hom hewige stuiptrekkings laat kry. Jesus het egter die onrein gees bestraf en die seun gesond gemaak en hom aan sy vader teruggegee.+ 43  Wel, hulle was almal verstom oor die majestueuse krag+ van God. En terwyl hulle almal verwonderd was oor al die dinge wat hy gedoen het, het hy vir sy dissipels gesê: 44  “Neem hierdie woorde in julle ore op, want die Seun van die mens is bestem om in die hande van die mense oorgelewer te word.”+ 45  Maar hulle het steeds nie hierdie woord verstaan nie. Trouens, dit is vir hulle verberg sodat hulle dit nie sou begryp nie, en hulle was bang om hom oor hierdie woord uit te vra.+ 46  Toe het ’n redenasie onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste sou wees.+ 47  Jesus, wat die redenering van hulle hart geken het, het ’n jong kind geneem, hom langs hom geplaas+ 48  en vir hulle gesê: “Elkeen wat hierdie jong kind op grond van my naam ontvang, ontvang my ook, en elkeen wat my ontvang, ontvang ook hom wat my uitgestuur het.+ Want wie hom as ’n mindere onder julle almal gedra,+ dié is groot.”+ 49  Johannes het geantwoord en gesê: “Onderrigter, ons het ’n sekere man gesien wat demone uitdryf+ deur u naam te gebruik en ons het hom probeer keer,+ omdat hy u nie saam met ons volg nie.”+ 50  Maar Jesus het vir hom gesê: “Julle moet hom nie probeer keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle.”+ 51  Terwyl die dae dan nou nader gekom het dat hy opgeneem sou word,+ het hy sy aangesig vasbeslote daarop gerig om na Jerusalem te gaan. 52  Toe het hy boodskappers voor hom uit gestuur. En hulle het vertrek en in ’n dorpie van die Samaritane+ ingegaan om voorbereidings vir hom te tref; 53  maar hulle het hom nie ontvang nie, omdat sy aangesig daarop gerig was om na Jerusalem te gaan.+ 54  Toe die dissipels Jakobus en Johannes+ dit sien, het hulle gesê: “Here, wil u hê ons moet sê dat vuur+ uit die hemel neerdaal en hulle verdelg?” 55  Maar hy het omgedraai en hulle bestraf. 56  Toe het hulle na ’n ander dorpie gegaan. 57  En terwyl hulle op die pad gereis het, het iemand vir hom gesê: “Ek sal u volg waarheen u ook al gaan.”+ 58  En Jesus het vir hom gesê: “Jakkalse het gate en voëls van die hemel het slaapplekke, maar die Seun van die mens het geen plek om sy kop neer te lê nie.”+ 59  Toe het hy vir ’n ander een gesê: “Word my volgeling.” Die man het gesê: “Laat my toe om eers weg te gaan en my vader te begrawe.”+ 60  Maar hy het vir hom gesê: “Laat die dooies+ hulle dooies begrawe, maar gaan jy weg en maak die koninkryk van God alom bekend.”+ 61  En nog ’n ander een het gesê: “Ek sal u volg, Here; maar laat my eers toe om afskeid te neem+ van dié in my huis.” 62  Jesus het vir hom gesê: “Geen mens wat sy hand aan ’n ploeg geslaan het+ en na die dinge kyk wat agter is,+ is geskik vir die koninkryk van God nie.”

Voetnote