Maleagi 1:1-14

1  ’n Uitspraak: Die woord van Jehovah+ oor Israel deur middel van Maleaʹgi:  “Ek het julle liefgehad”,+ het Jehovah gesê. En julle het gesê: “In watter opsig het u ons liefgehad?”+ “Was Esau nie die broer van Jakob nie?”+ is die woord van Jehovah. “Maar ek het Jakob liefgehad,+  en Esau+ het ek gehaat; en ek het uiteindelik sy berge ’n verlate woesteny gemaak+ en sy erfdeel vir die jakkalse van die wildernis gegee.”+  “Omdat Edom bly sê: ‘Ons is verpletter, maar ons sal terugkeer en die verwoeste plekke opbou’, het Jehovah van die leërs só gesê: ‘Húlle sal bou; maar ék sal afbreek.+ En mense sal hulle beslis “die gebied van goddeloosheid” noem en “die volk wat tot onbepaalde tyd deur Jehovah veroordeel is”.+  En julle oë sal dit sien, en julle sal sê: “Mag Jehovah groot gemaak word oor die gebied van Israel.”’”+  “‘’n Seun eer ’n vader,+ en ’n kneg sy grootse heer.+ As ek dan ’n vader is,+ waar is my eer?+ En as ek ’n Grootse Heer is, waar is die vrees+ vir my?’ het Jehovah van die leërs vir julle gesê, o priesters wat my naam verag.+ “‘En julle het gesê: “In watter opsig het ons u naam verag?”’  “‘Deur op my altaar verontreinigde brood aan te bied.’+ “‘En julle het gesê: “In watter opsig het ons u verontreinig?”’ “‘Deurdat julle sê: “Die tafel+ van Jehovah is iets veragteliks.”+  En wanneer julle ’n blinde dier aanbied om geoffer te word: “Dit is niks slegs nie.” En wanneer julle ’n kreupel of ’n siek dier aanbied: “Dit is niks slegs nie.”’”+ “Bring dit asseblief na jou goewerneur toe. Sal hy behae in jou hê of sal hy jou vriendelik ontvang?” het Jehovah van die leërs gesê.  “Versag dan nou asseblief die aangesig+ van God, sodat hy aan ons guns kan betoon.+ Deur julle hand het dit gebeur. Sal hy enigeen van julle vriendelik ontvang?” het Jehovah van die leërs gesê. 10  “Wie is daar ook onder julle wat die deure sal sluit?+ En julle sal nie my altaar aansteek nie—nie verniet nie.+ Ek het geen behae in julle nie”, het Jehovah van die leërs gesê, “en in die offergawe uit julle hand het ek geen welgevalle nie.”+ 11  “Want van die opgang van die son af, ja, tot sy ondergang sal my naam groot wees onder die nasies,+ en op elke plek sal offerrook+ gebring word, sal ’n gawe vir my naam aangebied word, ja, ’n rein gawe;+ want my naam sal groot wees onder die nasies”,+ het Jehovah van die leërs gesê. 12  “Maar julle ontheilig+ my deurdat julle sê: ‘Die tafel van Jehovah is iets onreins, en die vrugte, die voedsel daarvan, is iets veragteliks.’+ 13  En julle het gesê: ‘Kyk! Wat ’n vermoeienis!’+ en julle het julle neus daarvoor opgetrek”, het Jehovah van die leërs gesê. “En julle het iets gebring wat weggeruk is, en die kreupele en die sieke;+ ja, julle het dit as ’n gawe gebring. Kan ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem?”+ het Jehovah gesê. 14  “En vervloek is hy wat listig optree wanneer daar ’n manlike dier in sy kudde is en hy ’n gelofte doen en ’n gebreklike dier aan Jehovah offer.+ Want ek is ’n groot Koning”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “en my naam sal vreesinboesemend onder die nasies wees.”+

Voetnote