Maleagi 2:1-17

2  “En hierdie gebod is nou vir julle, o priesters.+  As julle nie luister nie,+ en as julle dit nie ter harte neem+ om aan my naam eer te gee nie”,+ het Jehovah van die leërs gesê, “dan sal ek beslis die vloek oor julle stuur,+ en ek sal julle seëninge vervloek.+ Ja, ek het selfs die seën vervloek, omdat julle dit nie ter harte neem nie.”  “Kyk! Weens julle bestraf ek die gesaaide saad,+ en ek sal mis op julle gesig strooi, die mis van julle feeste; en iemand sal julle daarheen wegdra.  En julle sal moet weet dat ek vir julle hierdie gebod gestuur het,+ sodat my verbond+ met Levi kan voortbestaan”,+ het Jehovah van die leërs gesê.  “My verbond was met hom, een van lewe en van vrede,+ en ek het dié voortdurend aan hom gegee, met vrees. En hy het my bly vrees;+ ja, weens my naam was hy met verskrikking vervul.+  Die wet van waarheid was in sy mond,+ en geen onregverdigheid is op sy lippe gevind nie. In vrede en in regskapenheid het hy met my gewandel,+ en baie mense het hy van oortreding teruggebring.+  Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond moet mense die wet soek;+ want hy is die boodskapper van Jehovah van die leërs.+  “Maar julle—julle het van die weg afgewyk.+ Julle het baie in die wet laat struikel.+ Julle het die verbond van Levi te gronde gerig”,+ het Jehovah van die leërs gesê.  “En wat my betref, ek sal julle beslis ook veragtelik en gering by die hele volk maak,+ na die mate waarin julle my weë nie gehou het nie, maar partydigheid ten opsigte van die wet getoon het.”+ 10  “Het ons nie almal een vader nie?+ Het een God ons nie geskep nie?+ Waarom handel ons dan verraderlik met mekaar,+ deur die verbond van ons voorvaders te ontheilig?+ 11  Juda het verraderlik gehandel, en iets verfoeiliks is in Israel en in Jerusalem gepleeg;+ want Juda het die heiligheid van Jehovah, wat Hy liefgehad het, ontheilig,+ en hy het die dogter van ’n vreemde god as bruid in besit geneem.+ 12  Jehovah sal elkeen wat dit doen, die een wat wakker is en die een wat antwoord, uit die tente van Jakob uitroei,+ asook die een wat ’n offergawe vir Jehovah van die leërs aanbied.”+ 13  “En dit is die tweede ding wat julle doen, waardeur die altaar van Jehovah met trane bedek word, met gehuil en gesug, sodat daar nie meer aan die offergawe aandag geskenk of enigiets uit julle hand met welgevalle aangeneem word nie.+ 14  En julle het gesê: ‘Waarom?’+ Omdat Jehovah getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug,+ met wie jy verraderlik gehandel het, hoewel sy jou metgesel en die vrou van jou verbond is.+ 15  En daar was een wat dit nie gedoen het nie, aangesien hy gehad het wat oorgebly het van die gees. En wat het hy gesoek? Die saad van God.+ En julle moet op julleself let met betrekking tot julle gees,+ en met die vrou van jou jeug mag geeneen van julle verraderlik handel nie.+ 16  Want hy het egskeiding gehaat”,+ het Jehovah, die God van Israel, gesê, “en die een wat sy kleed met geweld bedek het”,+ het Jehovah van die leërs gesê. “En julle moet op julleself let met betrekking tot julle gees, en julle mag nie verraderlik handel nie.+ 17  “Julle het Jehovah vermoei met julle woorde,+ en julle het gesê: ‘In watter opsig het ons hom vermoei?’ Deurdat julle sê: ‘Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van Jehovah, en in sulke mense het hy ’n behae’;+ of: ‘Waar is die God van geregtigheid?’”+

Voetnote